Rozanne McKenzie met haar swanger magie
FOTO: verskaf

Rozanne McKenzie met haar swanger magie FOTO: verskaf

Ons praat met

Rozanne McKenzie gesels oor swangerskap en cravings

TV- en radiopersoonlikheid, en aanbieder van kykNET se Dagbreek, Rozanne McKenzie verwelkom binnekort haar eersteling saam met haar man, Chris Bishop. Sy praat oor die afgelope 32 weke van swangerskap.

Hoe verskil swangerskap van wat jy verwag het?

Almal sê die eerste drie maande is baie moeilik, maar ek was so gelukkig om glad nie oggendnaarheid te kry nie en ek het byna niks van die ander simptome gehad nie. Ek het vir ’n rukkie gedink ek’s nie swanger nie!

Ek is ook verras dat ek so vinnig verlief geraak het op die mensie wat in my maag groei.

Kry jy pregnancy brain en cravings?

Ek kry beslis preggy brein (wanneer swanger vroue vergeetagtig raak), wat nie wonderlik is as jy op regstreekse televisie en radio werk nie! My oë  sal soms oor ’n woord skip op die autocue op Dagbreek, maar die slegste ding wat met my gebeur het, was dat ek ’n dag laat vir ’n oudisie opgedaag het. Die tyd en alles was reg in my dagboek geskryf, maar ek was op die verkeerde dag daar. Wat ’n verleentheid!

Ek het nog glad nie cravings gehad nie. Ek wag nog vir hulle om te kom, maar sover eet ek wat ek altyd geëet het. Eintlik eet ek nou meer groente as gewoonlik.

Wat is vir jou die beste deel van jou swangerskap?

Die beste deel van swangerskap is dat daar ’n nuwe mens binne-in my lyf groei. Iemand wat sy eie persoonlikheid gaan hê en wat 50% ek en 50% Chris is. Dit maak my baie opgewonde.

Rozanne en haar man, Chris Bishop FOTO: Twitter

Rozanne en haar man, Chris Bishop
FOTO: Twitter

Rozanne en Chris wys hul wittebroodfoto’s

En die moeilikste?

Op die oomblik is die sooibrand nogal rof. Dit hou my snags wakker. Ek’s nou byna in my 33ste week, so ek raak moeg hier en daar en onlangs het ek ook agtergekom dat ek baie stadiger beweeg as gewoonlik. Ek’s altyd aan die gang, so ek moet nou daaraan begin dink om rustiger te wees.

Wat gaan julle hom noem?

Ons het ’n paar opsies, maar ons sal eers kyk hoe sy persoonlikheid is wanneer ons hom ontmoet voordat ons op ’n naam besluit.

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Hoe lyk jul babakamer?

Ons het ’n babakamer en dit is in dié stadium nog ’n work-in-progress. Die tema is oulike oerwoud-karakters. Een muur gaan ’n oerwoud-muurskildering met diertjies hê en die ander mure gaan wit en blou wees.

Hoe bly jy gesond?

Ek oefen nog vier keer per week. Een keer werk ek met my afrigter, Grant Myburgh, en Saterdae doen ek ’n joga-klas spesifiek vir swanger vroue. Die ander twee keer oefen ek op my eie by die gim. Die oefening wat ek doen, is baie minder intensief as wat ek gedoen het vóór ek swanger was. Ek doen glad nie meer CrossFit of boks nie en dis belangrik dat my polsslag nie bo 140 gaan nie, so ek hou dit fyn dop.

Die oefening gedurende my swangerskap is net sodat ek en die baba gesond bly. Ek eet ook baie gesond en maak seker ek eet baie groente en vrugte en neem daagliks my Preg-Omega-aanvullings.

Só maak Rozanne reg vir die somer

Lees volgende week op SARIE.com wat Rozanne sê oor ouerskap en haar reaksie toe sy die goeie nuus gekry het!