Ons praat met

Twist-ontwerper Joe Mimran

Hy is een van die skeppers van Woolworths se Twist-handelsmerk wat spesiaal in New York vir Suid-Afrikaanse vroue ontwerp word. Michélle van Breda het met die bekendstelling van die winterreeks met hom gesels.
 
V: Waarvan gaan ons dié winter baie sien?
A: Rompe, truie en valle (ruffles). Valle gaan oral wees.
 
V: Is dit moeilik om vir SA vroue vanuit New York te ontwerp?
A: Nee, mode is werklik globaal. Of dit New York of SA is, vroue word deur dieselfde dinge beïnvloed. Mode versprei so vinnig soos ‘n veldbrand.
 
V: Daar moet tog iets unieks aan SA vroue se modes wees
A: Absoluut! Jul liefde vir lang rompe, kleur en ietsie sexy!
 
V: Wat is jou gunsteling-kleur?
A: Swart en wit. Ek het meer as 100 wit hemde in my klerekas.
 
V: Is daar iets soos ‘n verkeerde kleur?
A: Nooit. Almal sê geel verkoop nie, maar as die tyd reg is, sal geel verkoop. Dit gaan oor tydsberekening, nie oor skakering nie
 
* Joe Mimran en Twist se mede-ontwerper, Paul Sinclaire, was ook die name agter die gewilde etiket Club of Monaco, wat in 2000 aan die Ralph Lauren Polo Corporation verkoop is. 

** Twist se winterreeks sal vanaf 18 Maart by Woolworths beskikbaar wees.