Ons praat met

Vallei van Sluiers se Jana Fischer gesels

Jy’t haar al waarskynlik op die verhoog of in 7de Laan en Villa Rosa gesien, sy was selfs vir ‘n rukkie ‘n lugwaardin (in die regte lewe). Maar hierdie jong aktrise is mal oor SA, en dis hiér waar sy wil bly 

Jy’t grootgeword in Nelspruit, waar bly jy nou?
Gebore in Ammersfoort, grootgeword in Nelspruit en bly nou in Johannesburg.

Jy’t drama aan die Pretoriase Technikon geswot. Het jy rolmodelle na wie jy opkyk in die plaaslike bedryf?

Ja, wat toneelspel betref, het ek baie. Ons het baie goeie aktrises in Suid-Afrika. Die eerste aktrise was Chantelle Stander wat Kimberly gespeel het in Egoli, die oortuigende feeksrol het my baie beïndruk. Deur die jare het dit verander. Maar die akrises wat my nou inspireer, is dié met wie ek al saamgewerk het, soos Michelle Burgers en Erica Wessels. Hulle speel met hul oë, jy sien die karakter tot diep binne, hulle speel toneel van binne af. Na hulle kyk ek op.

Ná jou rolle in 7de Laan, Villa Rosa en Vallei van Sluiers, is TV-werk iets wat jy eerder sou wou doen (dalk meer as teater)?
Nee, nooit, en ek hou nie daarvan om die twee te vergelyk nie. Teater het ek eerste gedoen en dit was nog altyd my passie. By die Technikon het ek teater-opleiding gekry. TV-werk is baie nuut vir my, maar ek geniet dit net so baie. Ek hoop ek sal ‘n lewe kan maak uit albei

Jana se gunstelinge

Boek: Die Bybel

Fliek: Enige Meryl Streep-fliek

Kos: Mediterreens, en als wat soet is.

Drankie: Champagne, gelukkig vir my budget het Suid-Afrika baie goeie vonkelwyne

Musiek/liedjie: Musiek – rock. Liedjie – verander elke week.

Wêreldstad: Kaapstad

Dink jy daar’s ruimte vir nog nuwe Afrikaanse reekse en flieks soos Vallei van Sluiers en Jakhalsdans?
Ja, ek dink die Afrikaanse mense is uitgehonger vir Afrikaanse TV. Die terugvoer wat ek kry van Vallei van Sluiers is ‘n bewys daarvan. Ek weet van mense wat nie regtig TV kyk nie (kan jy glo daar is sulke mense?) wat totaal en al ge-hook is deur Vallei. En hulle het genoem dat hulle glad nie sepies kyk nie, maar dat hulle die Afrikaanse reeks sal mis vir niks en dat die uur op die lug, net een keer ‘n week, net te min is. Ek dink ons wil identifiseer met ons eie mense. Ons TV-werk is opreg. Oorsese werk is goed en die tegnologie is baie gevorderd, dus is ons oë ‘n bietjie bederf. Maar ‘n storie van jou eie mense in jou eie taal – dis lekker.

Jy was vir ‘n jaar en ‘n half, na jou studies in 2006, ‘n lugwaardin in Doebai. Wat het hierdie tyd jou geleer?

Dat die gras nie groener is aan die ander kant nie. Elke land het sy dinge wat jou afsit. Ek was van eerstewêreldse lande tot van die armste lande in die wereld. In Parys, die spogstad, het ek dinge

Wat jy nie van Jana Fischer geweet het nie

  1. Ek het nog nooit McDonalds geëet nie
  2. Ek kon kies tussen ‘n Matriek-vakansie by die see of ‘n kitaar.…. toe kies ek die kitaar…nie dat ek goed kan speel nie
  3. My regte haarkleur is nie so donker nie…..

gesien wat my hart gebreek het. Dinge wat so ‘n ryk, gevorderde regering kan voorkom. Ek voel net ons kla te gou, ek het dit self gedoen net voor ek Dubai toe is. Maar ek het daar besef, na elke Johannesburg- of Kaapstadvlug, dat ons Suid-Afrikaners ‘n fantastiese nasie is. Ons mense, oor die algemeen, is goedgemanierd en baie vriendelik. Ons het almal tyd vir ‘n geselsie en grappie (ek praat van elke ras in SA). Die wêreld kan by ons kom leer. Wat ek sê, is net dat ons land is nie perfek nie en daar is baie dinge wat sal moet verander (en dankie vir die mense wat elke dag die stryd aanpak), maar ons mense hier, maak dit die moeite werd om hier te bly. Ek het begin fokus op al die positiewe dinge in SA en my lys is baie lank. En dit het my opinie oor SA verander.

In Vallei van Sluiers speel jy ‘n eks-model. Doen jy self ook modelwerk?
Nee, het nog nooit. Baie het my al gevra om dit te probeer en ek sal, as iemand my nader. Ek het myself nog altyd net gesien as aktrise.

Wat’s in die pyplyn vir Jana binne die volgende jaar of wat?
Ek het nou onlangs weer begin by Villa Rosa. Dit is lekker om terug te wees. Op die oomblik het ek ‘n baie uitdagende storielyn, wat ek baie geniet. Dit sal volgende jaar eers op die kassie wees.

Het jy Hollywood-drome?
Nee, ek is maar eerder ‘n groot vissie in ‘n klein see…. en soos ek genoem het, ek is mal oor my land. Eerlik…. as die kans op my pad kom, sal ek dit verseker aangryp.

  • Vlinder

    Ek kyk ook Vallei en is absoluut versot daarop!!!! So lekker om weer nuwe Afrikaanse dramas op TV te sien. Ons kan beslis doen met meer sulke programme wat nie ons Afrikaners se name bollie maak nie soos van die ander programme op TV nie.

  • Leonie

    Hallo Jana, man dit is lekker om ‘n Laevelder te sien wat so opgang maak in SA. Baie trots op jou. Leonie

  • Hanlie Fischer

    Ma is baie trots op jou, my kind!

  • Arne Delport

    Uitstekende aktrise! Ek hoop ons sien haar nog in baie reekse in die toekoms!

  • Dalene du Plessis

    So lekker hier uit Dubai om te lees dat Jana se drome uiteindelik waar word. Weet ons gaan nog baie van haar hoor en lees.

  • Louisa Lubbe

    Goeie "verfrissende" artikel. Dit is great om ‘n nuwe jong gesig te sien wat so opgewonde is oor ons land. Geniet haar vreeslik in vallei van sluiers. Hoop ons gaan sommer nog baie meer van haar en vallei sien.

  • Ronel Liversage

    Vallei van die Sluiers is fantasties. Dis tyd dat daar nuwe reekse op ons tv kom. En die beste van als van hierdie reeks is, dat dinge nie uitgetrek word nie, dit gebeur vinnig en hulle beweeg aan. Hoop regtig dat daar ‘n tweede reeks geskied gaan word. Monique speel haar rol fabulously en ek hou van haar houding!!

  • Mientjie

    Sjoe, wat n gesofistikeerde stoere boere nooi. Dis wonderlik dat die jong bekendes n vaderlandstrots kan uitstuur na hul aanhangers. Mag hierdie nooi n blink toekoms in ons land he!

  • Stella Marais

    Ek is een van DAARDIE wie nie TV kyk nie, maar Vallei van Sluiers……. dit is net anders. Dit is ‘n aangrypende storielyn, dit laat my uitsien na Dinsdagaande, ek beplan my aand om die tydgleuf. Ek hou daarvan dat dit afspeel op die plase, in die boorde, dit is nie net die storie wat my bind nie, dit is ook die uitstekende akteurs, die mooi omgewing en hoe professioneel alles gedoen is. Mooi so, Elizabeth, jy maak my ‘n trotse Suid Afrikaner, en Jana, jy kruip in my hart want ek weet jy is talentvol, gefokus, toegewyd, nederig en net so mooi van binne soos buite! You go Girl!

  • Nicolene Bird

    Jana speel haar rol met passie so ook al die ander akteurs. Vallei van Sluiers is nog die beste reeks wat ek gesien het en kan nie wag vir die opvolg daarvan nie. Al wat ek van Jana kan se als wat sy aanpak doen sy met ‘n passie en uit haar hart uit. Sy is pragtig.

  • Trysie Roux

    Jana het nog altyd uitgestaan met alles wat sy gedoen het en wat sy aanpak voer sy deur. Dit is wonderlik om haar op die kassie te sien en te weet dit is wat sy wil doen. Ons Nelspruiters is trots op haar en glo sy gaan nog een van die top aktrises in die land word. Vallei van Sluiers word in ons huis opgeneem as ons nie daar kan wees nie maar mis sal ons dit defnitief nie.

  • Marge Brierley

    Jana, jy is n ster en ons is almal baie trots op jou. Die reeks is absoluut grypend en ons hele familie wag vir Dinsdag aande. Julle almal speel so realisties! Hoop dit hou net aan en aan.

  • Joan Pretorius

    Jana ons is BAIE TROTS op jou. Ons geniet Vallei van Sluies vreeslik. Jy speel jou rol fantansies. Defnitief oppad om ons tweede Charlene Theron te word. Sterkte met die toekoms en ons hoop om sommer nog baie van jou te siene te kry.

  • Martin Else

    ek is ook ‘n nie-tv kyker, bloot omdat daar soveel beter is om te doen! Maar het begin om Vallei te kyk (en gelukkig het my vrou die eerste 3 episodes op hardeskyf gebere, so ek kon vinnig opvang!) Ek hou regtig baie van die storie, die akteurs en sommer als – seker moet ons Elizabeth Archer bedank vie dit? Maar, terug na Jana, wat ‘n pragtige jonge dame! Wat my nogal opval/impress is die stunning ooreenkoms tussen haar ek Michelle Burgers! Kon sowaar regtig ma en dogter gewees het (apologie aan Michelle, miskien eerder susters – lol)
    Go girl, en ja, doen daai eerste stappie op die cat walk, jy sal inpas! As amateur fotograaf sal ek jou nie kan beskostig nie, maar sou jou verseker graaf voor ‘n lens wou sien!

  • Pieter Delport

    Hierdie is ‘n wonderlike reeks met uitstekende karakters! Jana is absoluut great!

  • Tess

    Kyk Vallei van die sluiers van uit Dubai.(Kudu klub) Is baie oulik en laat my altyd besef wat se mooi land ons het.Hou Afrikaans hoog…..

  • Lana Rousseau

    Mis nie graag ‘n episode nie, dit is ‘n interresante storie lyn geskiet in een van die mooiste dele van ons land. Die karakters word uitstekend vertolk deur elkeen van die akteurs en aktrisses, bekendes en minder bekendes almal eens. Hoop om in die toekoms sommer baie meer van Jana te sien. Ek glo daar is vir haar ‘n baie suksesvolle loopbaan voor.

  • Jeanette Taljaard

    Hi Jana’tjie, ons is so baie trots op jou en ek glo ons gaan nog baie van jou op die kassie sien. . . . . . Ek kan gewoontlik nie wag dat 20:00 op ‘n Dinsdag moet aanbreek nie. Jy maak ons Nelspruiters darem baie, baie trots. Jy is ‘n pro!!!!!!!!

  • William Kriel

    Vallei van die sluier is fantasties. Daar is net een JANA! I am English speaking and yet I slaviushly follow Die Vallei…. What is the title of the theme music of the 03.07.10 showing?

    Met Liefde
    William Kriel

  • Elizabeth

    …En watter pragtige oë het die meisiekind nie!

  • Erna Swart

    Wanneer kom daar nog ‘n reeks????

    Mal oor Vallei