riaan2
Ons praat met

Van Noot vir Noot tot Boo! – Riaan van Rensburg gesels

Hy speel deesdae tromme vir sy ou vriend Chris Chameleon se rock band Boo! Nie dat mens hom agter Boo! se soms vreemde kostuums sal herken nie, maar mens sal wel sy energie en passie raaksien.

Daar is nie een Noot vir Noot-aanhanger wat nié van Riaan van Rensburg se energieke trom- en perkussiespel hou nie. Die geesdrif waarmee hy die musiek aanpak, is aansteeklik. Naas sy eie sololoopbaan speel hy ook in die boere-orkes die Boesmanlammers.

“My sololoopbaan sukkel maar bietjie, maar as als goed verloop, sal Anna se Vastrap volgende jaar op my debuut-CD Dans Met My volg.”

Die Blou Show waarvan Riaan en Jakkie Louw onlangs ‘n paar vertonings gedoen het, gaan in 2011 ook toer. Die konsep van die show is dat alle toeskouers blou moet aantrek. Al die liedjies het die woord blou of blue in en die grappe tussen die liedjies is ook gefokus op die woord blou.

Riaan is ook betrokke as tromspeler en by die produksie van verskeie jong kunstenaars soos die reggae-kunstenaar Veraz.

Die sopraan Rina Hugo en Johan van Rensburg, van Noot vir Noot se Musiekfabriek-faam, se seuntjie het as kleuter al die tromme begin looi en in 1980 op 4 sy debuut op Wielie-Walie gemaak.

“Ek wil daai video nog op You Tube sit!” lag hy waar hy nou “in die bos” wegbreek van alles.

Oor sy skuif na Boo! is hy baie opgewonde.

“Ek was nog altyd ‘n rocker in my hart, maar ek het met ‘n verskeidenheid musiek grootgeword. Ek en my sussie, Anri, is bevoorreg om sulke talentvolle ouers te hê. Hulle steun my aansluiting by Boo! ten volle. Maar ek sal steeds by Noot vir Noot betrokke wees.”

Boo! was na 2004 stil, maar Chris Chameleon het onlangs besluit om die band te laat herleef. Die tromspeler het intussen na Duitsland getrek en Chris het Riaan gevra of hy by hulle wil aansluit.

“Ek wou nie die vorige tromspeler, Princess Leonie, se styl net so navolg nie. Ek het waarvan ek hou uit sy spel geneem en my eie styl bygevoeg. Chris het my vryheid gegee.”

Dit lyk dus of Riaan nie gou gaan stilsit nie. Hy het immers nog nooit nie.

  • http://fhjpbgiyvqpp.com/ ugeiesno

    TMwjyl qfllwepoedtf, [url=http://lfajefhppvsk.com/]lfajefhppvsk[/url], [link=http://aijnhefiahro.com/]aijnhefiahro[/link], http://nvbmjekxkqln.com/