Ons praat met

Vars sensualiteit

Op die hakke van Gucci se Flora EDT, wat verlede jaar bekend gestel is, volg die effens warmer Flora by Gucci Eau de Parfum (R675 vir 30 ml).

Gucci se kreatiewe direkteur, Frida Giannini, sê sy het die varsheid van Flora EDT as vertrekpunt gebruik, maar meer sensualiteit bygevoeg: “Dit is ryk en dramaties – vir ’n ander oomblik in die Flora-vrou se lewe.” Perfek vir winter!