sr1009ekenmyplek01
Ons praat met

Jo-Ann Strauss se hartsplek: Verlore in Florence

As die son geelbrons oor die Arno-rivier in Florence sak, is Jo-Ann Strauss in haar element.

Met haar bokkie van die afgelope vyf jaar aan haar sy (drie jaar ouer as sy en ’n mediese dokter,méér sê sy nie) drentel sy luilekker oor die Ponte Vecchio-brug, sit aan by een van die talle straatkafees en bestel haar gunsteling-seekos-risotto en ’n glas wyn.

“Die wyn hier proe so ‘volbloed’. Alles hier is gul. Die Italianers is so gasvry. Hulle nooi jou altyd uit om te kuier.”

Jo-Ann glo in Florence seëvier die kuns van slow living.

“Die atmosfeer is baie soos op Stellenbosch. Vol tradisie en geskiedenis. Daar is groen wynlande in die omgewing, middagetes wat soms tot laat in die middag aanhou… Niks van let’s grab a sandwich and run nie. En hulle is mal oor hul familie. Dis niks snaaks vir kinders om sommer tot hul dertigs of veertigs, wanneer hulle eendag trou, nog by hul ouers te woon nie. Hulle bestee al hul geld op vars kos, lekker wyn, goeie parfuum en stylvolle klere.”

Met haar soel, Mediterreense voorkoms beduie sy met groot handgebare oor dié hartstad.

“Ek kan verstaan hoekom operas in Italiaans geskryf is. Dié taal maak jou opgewonde, liries. Dit val sag,
harmonieus op die oor. Ek dink ek is so ’n bietjie Mediterreens!”

“Dis asof ek tuiskomdaar. Ek het die stad al vyf keer besoek. Die eerste keer was ek by ’n oesfees as seremoniemeester by ’n vriend se villa in San Casciano net buite Florence.”

“Die lui somerdae het ’n anderste bekoring as die nat winters. Dis heerlik om mense vanuit koffieplekke

“Dis asof ek tuiskomdaar.

Ek het die stad al vyf keer besoek”

 

dop te hou en ’n caffè latte (koffie gemaak met baie melk) te drink. Ek maak stories van elke mens in my kop op.”

Sy spreek die woorde uit met ’n Italiaanse aksent, hoewel sy nie Italiaans praat nie. Sy kan wel haarself ’n bietjie help en dit hier en daar lees omdat sy as regstudent Latyn op universiteit bestudeer het.

Sy praat, terloops,Afrikaans, Engels en Xhosa vlot. En sy moes onlangs Duits ook aanleer!

“Met die afgelope Wêreldbekersokkertoernooi het ek vir ZDF, die grootste DuitseTV-kanaal, elke dag regstreekse uitsendings in Duits gedoen en programme vooraf opgeneem oor Suid-Afrika. Sowat 20 miljoen mense het daagliks daarna gekyk. My Duits is nie perfek nie,maar my aksent is glo bekoorlik …”

Dié stylvollemede-aanbieder van Top Billing geniet dit ook om inkopies by die groot Italiaanse mode-ontwerpers in Florence te doen: Gucci (wie se parfuum sy ook graag gebruik), Dolce&Gabbana, Versace, Prada en Roberto Cavalli.

Maar hoewel haar nommer 32-lyfie (wat ook te sien is in die Lux-lyfseepadvertensie) in enige uitrusting kan inglip, gun sy haarself die luukse van lekker eet in Florence. “As ek ’n paar kilogram aansit, is dit oukei.”

Sy sal nooit R120 vir ‘n roomys betaal nie… Maar langs die Duomo-katedraal in Florence hét sy.

Die La Borsa Caf “‘n Wonderlike gelati met heel pistasieneute, versier met bros wafelrolletjies. ‘n Kunswerk in die son se sagte lig. Alles was so perfek, ek wou huil. My bokkie sê toe: ‘Nou is jy ‘n regte beauty queen met dié trane.'”
 

“‘n Wonderlike gelati met heel pistasieneute, versier met bros wafelrolletjies. ‘n Kunswerk in die son se sagte lig. Alles was so perfek, ek wou huil. My bokkie sê toe: ‘Nou is jy ‘n regte beauty queen met dié trane.'” 

Dis tien jaar gelede dat sy die Mej.Suid-Afrika-kroon gedra het en sy wil nie te lank wag om met ‘n gesin te begin nie.

“Dis wat ook wonderlik is van Florence. Orals is kinders. Ek het ‘n pragtige kort video van ‘n oupa en ouma
en hul kleinkinders by ‘n restaurant – almal was so gemoedelik.”

Florence bly haar verras. ‘n Sielvolle oomblik wat haar altyd sal bybly,was een laatmiddag langs die Arno.

Die son wat lomerig geel weerkaats op geboue, en toe – ‘n bewer wat uit die water spring en ‘n vissie vang.

“Dit bly maar ‘n stad waarin ek wil verlore raak …”

  • http://otlqcdxjfcqf.com/ avjequwxn

    KJy3yA neaojsfjbdak, [url=http://ujmwxokoujje.com/]ujmwxokoujje[/url], [link=http://wgzrfaduxzpt.com/]wgzrfaduxzpt[/link], http://xgvwuwxsypyi.com/