Ons praat met

Vicky wat waag

Terwyl ons wag vir koffie en koek beloer Vicky ‘n herdruk van C.J. Langenhoven se Brolloks en Bittergal, wat sy by die boekwinkel langsaan gekry het. Sy is immers in die besigheid van stories vertel en sy hóú van stories.

In ‘n paar swart jeans, snyersbaadjie en breë swart leerbelt en met haar krullerige lang hare om haar fyn gesig lyk sy professioneel maar vroulik. Drie kinders kom staan skamerig by haar met notaboekies en vra of sy die meisie van 7de Laan is en of sy nie haar handtekening wil gee nie. Sy erken dis soms moeilik om bekend te wees: “Ek voel ongemaklik, byna verleë. Ek weet dis ‘n goeie platform om dinge te doen, maar dit vang my soms onkant.”

Sy leef dikwels in haar kop en is eerder ‘n waarnemer as heeltyd ‘n deelnemer. Maar sy’t ‘n lewe met vele fasette waarin sy haar talente ontgin.

7de Laan

Vars uit dramaskool het Vicky baie idealistiese persepsies oor die bedryf gehad.
“Jy dink jy gaan hoofsaaklik teaterrolle vertolk. Mettertyd besef jy jy moet geld maak.’n Akteur moet veelsydig wees om te oorleef. Sepies het my stamina geleer. Jy werk teen ‘n spoed, soos ‘n masjien.”

In 2004 het haar “army-jaar” aangebreek met die sepie Backstage waarin sy Miss A (Miss Alexander,’n drama-onderwyseres) gespeel het. Dié is op die ou end tronk toe omdat sy haar eks en haar vaste vriend koelbloedig met een koeël vermoor het!

Hierna was Vicky die vurige biseksuele wynboukundige Klaradyn Kok in die M-Net-reeks Known Gods, en in 2006 is sy 7de Laan toe.

 

“Ek sit vas met mense wat teen ander diskriminineer – of dit nou hoogheiliges is wat dink hul kerk of geloof is beter as ander s’n, of rassisme, klassisme of geslagsdiskriminasie.” – Vicky

 

“Dit was aanvanklik frustrerend, want my karakter,Tessa, se storielyn was die eerste jaar maar eina. Mettertyd kon ek my toe inleef in ernstige kwessies soos dood en onvervulde liefde.Tessa het in Bart haar groot liefde gevind, maar toe sterf hy aan lewerversaking. Ek en Neil Sandilands (Bart) het besluit om álles in dié storielyn in te ploeg.”

Vier maande ná Bart se dood is Vicky ook uit die sepie.

“Dit was moeilik om ‘n gereelde inkomste te laat gaan, maar ek was gereed vir nuwe dinge. Ek was nog altyd bietjie van ‘n rebel. Deur te waag, groei jy geestelik.”

Vroeër vanjaar was sy ook in drie episodes van Egoli as ‘n gay lugwaardin.

“‘n Sterk rol met ‘n belowende storielyn, wat ongelukkig nie uitgebrei kan word nie omdat Egoli klaarmaak.” Die gay karakter het haar nie gepla nie.
“Ek sit vas met mense wat teen ander diskriminineer – of dit nou hoogheiliges is wat dink hul kerk of geloof is beter as ander s’n, of rassisme, klassisme of geslagsdiskriminasie.”

Van Die laaste wals tot Pasella

In Die laaste wals op kykNET (2008) het gewone paartjies teen mekaar gedans en eindelik is ‘n wenpaar gekies. Vicky was die aanbieder.

Dit was ‘n goeie vastrapplek vir my aanbiederswerk op Pasella. Pasella is aktueel en bevredig my nuuskierigheid. 

 

“Jy praat direk in die kamera (daar is ses kameras op jou) en jy moet op jou voete dink. Dinge verander vinnig. Jy moet kan improviseer. As jy ‘n rol speel, kruip jy weg agter jou karakter. As jy aanbieder is, is jy byna soos ‘n karakter van jouself,” vertel sy.

“Dit was ‘n goeie vastrapplek vir my aanbiederswerk op Pasella. Pasella is aktueel en bevredig my nuuskierigheid. Op universiteit het ek dit oorweeg om, nes my ouers, Heloïse en Douglas, joernalis te word.

“Oral waar ek kom met die program is dit soos om lae van mense se lewe af te skil. Ek beleef dinge wat ek andersins nooit sou gesien het nie.”

Liefdadigheid

Vicky wil help om die stigma om MIV/vigs af te breek.

“Ek skryf opvoedkundige teaterstukke vir die African Centre for HIV and Aids Management by die departement bedryfsielkunde aan die Universiteit Stellenbosch, waar my broer, Burt, ‘n lektor is. Dit word

Oor Steve …

“Maar dan is daar Steve se minnaresse. Pleinweg: It takes two to tango. Dit irriteer my as vroue die slagoffer speel as dinge nie uitwerk soos hulle gehoop het nie.”

 

dan met lewende musiek by werksessies vir plaaswerkers in die Boland aangebied. Die akteurs is ook plaaswerkers.

“Een van my stukke, Lucky, the Hero, het baie mense bereik. Die nuwe een, Lucky Fish, is gerig op gemeenskappe aan die Weskus. Die kuns is om ernstige kwessies op ‘n komiese manier weer te gee.

“Mense moet weet jy loop altyd die risiko om MIV te kry as jy nie voorsorg tref nie, maak nie saak wié jy is nie. En onthou, kondome is nie honderd persent veilig nie, so die wet van gemiddeldes gaan jou die een of ander tyd inhaal as jy rondslaap!”

Sy voel ook sterk oor die Steve Hofmeyr-debakel.

“Daar is meer as een skuldige party. Steve en ander sterre moet besef hulle het ‘n verantwoordelikheid teenoor die publiek. Dit help nie jy vertel vir almal jy’s ‘n toegewyde familieman en dan verneuk jy jou vrou nie.

“Kyk na iemand soos die pianis Rocco de Villiers. Hy het nog nooit voorgegee hy is nié gay nie en sy fans aanvaar hom so. Jou openbare en private beeld kan nie soveel van mekaar verskil nie.

“Maar dan is daar Steve se minnaresse. Pleinweg: It takes two to tango. Dit irriteer my as vroue die slagoffer speel as dinge nie uitwerk soos hulle gehoop het nie.”

Interessante projekte

The Experimental Witch is ‘n rolprentwedstryd waarin die skrywer Paulo Coelho (een van Vicky se Facebook-vriende) filmmakers wêreldwyd die geleentheid gegee het om gedeeltes van sy boek The Witch of Portobello te verfilm. Op die ou end het hy al

die wen-inskrywings saamgevoeg om die storie van sy boek in ‘n mosaïekrolprent te vertel. Daar’s 13 vertellers in die boek en Vicky speel een van dié hoofkarakters.

Die rolprent word in Oktober in Rome vertoon en Vicky is dáár. Sy wil ook ‘n kort kunsrolprent saam met twee vennote maak en haar draaiboek van André P. Brink se

roman Orgie is in wording.

“Ons soek nog borge. Ek sal die hoofrol speel teenoor Jan Ellis.”

Vicky en Jan het in 2002 ‘n jaar lank uitgegaan. Hy woon nou in Australië.