• Johanna

    Ek is jammer dat ek dit nou moet sê, maar ek dink regtig die enigste rede hoekom Amor nou ewe skielik weer op die voorblaaie pronk is omdat Joost iets oorgekom het. Wanneer laas was daar iets van haar in die tydskrifte, toe sy vir die wereld gewys het hoe haar lyf lyk en dat sy nuwe liefde soek….en toe is dit doodstil en nou ewe skielik weer….ag nee wat Amor, hou op vir Joost gebruik om publisiteit te kry, as jy dan so onseker en ongelukkig en ontsteld was oor alles, hoekom glimlag jy dan so breed op die Sarie voorblad.

  • mariaan

    Mmm sy sien ons gee om vir joost. Nou is sy spyt want joost se aanhangers staan agter hom…En sy kry nou nie haar sin nie.. Sy voel seker nou te nagekom….. Sy is nes n bloedsuier kani wsag laat joost moet dood gaan nie want sy soek sy geld…

  • antoinette

    Amor kry maar ner wat haar toekom en niks meer of minder nie, sy was destyds verantwoordelik vir Joost se ekskeiding al ontken sy dit

  • Yolandi

    Aan almal wat so kan klippe gooi na Amor toe, wat sou julle in haar situasie gedoen het? Amor jy het die reg om vrae to vra! Sterkte en moet jou nie veel aan die publiek steur nie. Die publiek is erger as die paparazzi!

  • Catherine Valsen

    Ek kan nie glo dat Sarie ook geval het vir die Amor sulking nie. My hoop was dat Sarie ‘n trappie hoer as die Huisgenoot en Rapport is… Ek is so, so teleurgesteld en gaan nie Sarie die maand koop nie. En ek het gebrand om die finaliste te sien vir die voorblad kompetisie… Wil regtig nie een woord verder sien of hoor van Amor en Joost se patetiese strewe na publisiteit nie, ek wil dit nie eers toevallig raakblaai in ‘n tydskrif nie. Wat kan sy nou nog se? Sy het ‘n bek-en-klouseer inspuiting nodig om haar voet uit haar mond te hou.

  • Saartjie

    Amor baie jammer dat siekte jou skielik weer ‘n onderhoud of 2 laat kry. Die wiel draai en jou ware kleure kom nou in eindelik na vore. Jy sal moet wakker skrik want wanneer laas was jy by ‘n dr hulle hou jou maande aan ‘n lyntjie voor hulle regtig kan sê wat is fout. Jessibel.

  • Terry

    Ek kan nie glo dat julle iemand so met klippe gooi nie! Al stem mens nie saam nie, is dit nou nodig om so verskriklik teen die vrou uit te vaar, haar so te probeer verneder, haar by te kom? Sies. Julle noem haar ‘n bloedsuier, skimp dat sy "los" is, veroordeel, maak seer. Sjoe, julle het julle gelees wat julle hier kwytgeraak het? Het net een van julle werklike insae in hul lewe? Het julle al die ware feite? Maak nie saak wat nie – en of jy van haar hou of nie, het julle nie eers genoeg selfrespek om eerder dan julle mening vir julself te hou nie? Ek skud my kop in ongeloof. Julle moet julle skaam.

    Amor, ek ken jou nie en ek weet nie veel van jou en Joost se dinge nie. As mede vrou wens ek jou sterkte toe. Ek kan nie oordeel nie – ek weet nie wat regtig in jou lewe aangaan nie. Sterkte.

  • Edith

    Hoe vervelig om WEER van Amor te lees! Ons het so veel meer interessante mense om oor te skryf as hul ou ewige stories van kry my jammer …. ek kry so swaar ! Bly stil… geen kommetaar.. dan sal jy ook nie spyt wees nie ! Maar jy GENIET die publisiteit Jy lyk werklik nie ongelukkig om op die voorblad van Sarie te wees nie. Swak keuse van Sarie!

  • Karin

    @Catherine Valsen Hi

    Amor is beslis nie my gunsteling mens of voorbladkeuse vir Sarie nie. Maar dit bly ‘n uitstekende tydskrif, om nie jou Sarie daaroor te koop nie is belaglik. Kyk maar verby die voorblad en die paar bladsye oor Amor en geniet die res. Dit is, soos gewoonlik, uitstekend!

  • Jaspet

    Julle het nie mooi presies verstaan wat julle gedink nie, gaan KOOP SARIE en LEES DIT, alles is daar antwoord wat jy wonder of iets wil weet. Amor het elke woorde uit sy hart praat hoe sy gevoel en mense beserf nie eers nie. Alles wat jy ander media lees oor Amor en Joost, partykeer is nie waarheid nie en dit wat nog nie Amor so gese nie. Sy is net moeg want sy het al gehoor en sy het ook paar op Huisgenoot en Facebook gelees, dis hoekom het sy weer op Sarie vertel oor haar lewe en loopbaan. Koop dit en lees dit asseblief. Geen negatief comment nie…. :)

  • Catherine Valsen

    Dit is die probleem Jasper, Ons stel nie belang nie. Not interested, gee nie om nie. Gebruik sy nou Sarie se credibility om haar vorige uitsprake null en void te maak? Huisgenoot behoort haar te sue of iets. Ek kan my oe nie glo nie en nog minder dat ek tyd aan die gesprek afstaan. Ek gaan jou mis Sarie!

  • Ester

    Ek stem daar is baie ander mooier vroue van ons land om op die voorblad te sit, nou moeg vir Amore wat aandag soek!!

  • Hilda Visser

    Ek is elke maand baie opgewonde om die nuwe Sarie te koop. Die maand was ek uiters teleurgesteld om AMOR op die voorblad te sien. Ag nee regtig, ek kan gil – hoekom lees ons van haar?? Daar is soveel mooi en interressante vroue in ons land! Ek gaan nie eers die moeite doen om die boek te koop nie.

  • Marie

    Miskien moet Amor eers die balk uit haar eie oog haal voor sy weer vir Joost kasty. Sy wil al hoe meer voorkom of sy geldmal is. Ek glo vas ‘n saak het 2 kante, dus wonder ek hoekom hy rondgeloop het. Amor kom as ‘n kouer hartelose mens voor en ek wil regtig nie meer oor haar weet nie.

  • Lezelle

    Ek stem saam. Ek het regtig nie meer lus om te lees van Amor en Joost nie. Ek is regtig teleurgesteld om haar op die voorblad van Sarie te sien…

  • Mags

    Wat sou Amor se reaksie gewees het as die rolle omgeruil was en sy die een was wat die nuus by die dr moes hoor dat SY die siekte het.

  • Cillie

    Mense, onthou sensasie is baie keer groter as die waarheid. Amor sowel as Joost het baie trauma beleef wat so privaat is dat selfs al het hulle iets daarvan probeer blootlê, julle en ek nog steeds geen idee kan hê van die seerkry nie. Amor, mense maak foute – in sonde ontvang en gebore! God se vergifnis is soveel groter as foute in ons lewe. Joost gaan deur hel gaan voor hy dood is – dis wat motor-neuron doen! Gee nou vir hom die blomme terwyl hy lewe, staan saam met jou kinders by hom. Staan terug van die voorgrond af en bly eerder uit die media uit. Jy sien immers wat mense van die media maak. Sterkte.

  • m in pta

    Moet erken sy lyk stunning , goeie gene.

  • Elsabe

    Koop ‘n tydskrif oor die tydskrif en wat jy alles kry daarin en nie vir die voorblad gesig van ‘n persoon wat jy like of nie like nie. Ignoreer Amor en haar leefwyse as sy jou irriteer.

  • suzanne

    Was altyd mal oor Amor maar deesdae oorskadu Joost my gedagtes. Amor spandeer te veel tyd en geld aan haar uiterlik, veral die botoks, dalk moet sy liewer aandag gee aan die innerlike. Dit is tog al wat tel. Sterkte Joost.

  • Elize Pringle

    Amor is tops

  • Maggie

    Dankie Sarie dat julle dit vir my maklik maak om die maand verby julle tydskrif op die rak te loop. As besige beroepsvrou en enkelma het ek min tyd. Die maand het ek darem een tydskrif minder om tyd te maak om te lees, want ek weier volstrek om ooit weer ‘n enkele tydskrif met hierdie vrou op die voorblad te koop. Ek het ook nie die vorige uitgawe met Amor op gekoop nie. Oor haar laat ek my liefs nie uit nie, maar genoeg is regtig lankal genoeg. Ek dink dis tyd dat ek my tyd en geld op kwaliteit fokus. As iemand wat in die mediabedryf werk weet ek dat sirkulasiesyfers onder alle titels erg onder druk is en dat kompetisie straf is. Verlang terug na die Sarie waarmee ek al ‘n lang pad stap, sonder al die sensasie.

  • Gerda2

    Is sy so belangrik? Is sy so mooi? Waarom plaas Sarie nie liewer foto’s van die pragtige jong aktrises soos dié in Vallei van Sluiers op die voorblad nie? Ons wil tog graag nuwe gesigte sien en hulle leer ken!

    Nogtans dink ek mense hoef nie soveel nydigheid teenoor Amor te toon nie. Sy is maar net ‘n mens met probleme en foute, nes elkeen van ons. Ignoreer maar net berigte oor haar as dit jou beter sal laat voel.

  • wilna

    Ek is moeg vir die Joost en Amor sage. As ek meer van hulle wil weet koop ek die Huisgenoot. En die voorblad ….?!

  • Elvina

    Sjoe, maar ons gooi maklik klippe en veroordeel mense op hoorsê en wat ons in tydskrifte en koerante lees. Ek voel vir Joost en Amor albei… net hulle weet wat in hulle lewe aangaan en wat die "dynamics" is. Oordeel kan ons nie. SARIE, jy bly ‘n wonderlike tydskrif. Of dit nou Anna-Mart of "Paula" of Amor op die voorblad is, jy bly ‘n wenner. Ek het nog steeds die keuse om ‘n artikel te lees of nie. Ek het ook ‘n keuse om te oordeel of nie…ek het dalk meer probleme as Joost en Amor…

  • Michelle

    Ek is so jammer dat ek ander interessante artikels in hierdie Sarie gaan mis – maar vir Amor sien ek nie kans nie.

  • Sonet Guy

    Moet sê ek ook al klein bietjie versadig vir Amor! Sarie so stylvol en altyd lekker om te lees…moet asb nie verander nie….1 Huisgenoot en "tranetrek-stories" is regtig genoeg! Daar is (regtig!) hordes ander wat julle op die voorblad kan sit!
    Nietemin – altyd lekker lees genot!

  • CJ

    Ek voel jammer vir Amor met die klomp Afrikaners van Suid Afrika wat so lekker oordeel en veroordeel. Julle is mos almal skoon blaaie, vreet alles op oor die oorseese klomp akteurs en aktrises en kan net nie genoeg kry nie van hulle sages nie ne. Maar julle huigelaars sit hier en veroordeel en gooi klippe. Moet se julle is ‘n spul witgepleisterde grafte en praat almal met gesplete tonge en noem julleself Christene. Julle vergeet wat God gese het, as een van julle sonder SONDES is tel ‘n klip op en gooi daarmee…lyk my hier is baie wat dink hulle is volmaak en sonder sonde. Die wat so oordeel en veroodeel is die mense met Groot Geraamtes in julle kas.

    Amor alle sterkte vir jou, mag God jou dra deur die moeilike tyd.

  • CJ

    AMOR jy is absoluut Beeldskoon. Die vrouens wat so sit en sannik oor jou is die ou dikgat, geplooide ou jaloerse goed.
    Sarie sit asseblief meer male vir Amor op julle voorblad. Wat ‘n mooie mens is sy nie. Ek het spesiaal vir Sarie gekoop toe ek Amor op die voorblad sien. Wat van foto’s van haar saam met haar twee engeltjies.

    Amor bly maar ‘n wenner en die ou klomp ou jaloerse goed bly maar nou eenmal ou jaloerse ou GALPILLE!

  • Silvi

    Jammer om te se: maar dit lyk nie soos n vrou wat bang en onseker is nie!!! Nee wat…sy het veroorsaak dat ek regtig nie meer van haar hou nie. Sy gebruik Joost om as die wit engel gesien te word- ag siestog Amor is ju ook sielkundig geknak deur jou man…kom ons doen n storie daaroor…miskien voel jy beter as ons weer n paar artikels skryf en foto’s neem…en in dieselfde asem Joost se naam net verder misbruik. Jy is besig om pateties te raak! Ruk jou reg en wees daar as ma vir jou kinders!!!!!!

  • Spikkel

    Ag nee wat, ek koop nooit weer die Sarie nie! Hierdie vrou word nou om elke hoek en draai in ons kele afgedruk. Sy is ‘n regte aandagvraat.

  • WENDY

    asb ,,,,asb ,,,,sarie amore se foto is sooooooooooooooooooooo gephoto shop sy lyk nie so in die regte wereld nie en n groot asb en ons vra groot asb genoeg van amore en haar tos stories asb ,,,ons het soveel bekende mense om van te lees,gee vir ons lekker lees stylvol asb ,,,huisgenoot skryf genoeg van die amore saga luister asb na julle kopers want as ons nie die tydskrif gaan koop nie wat dan have a good day ,,,luister n slag na die publiek ,,,,MICHELLE VAN BREDA ,,,,,,,,,,,,,,,

  • lady T

    Ons gaan Sarie mis die maand…

  • Andy

    Wie is bly om Amor op die voorblad te sien? Net Amore-self!!
    Ek’s moeg vir hierdie aandagsoekende, media-verslaafde vrou wat enige iets sal doen net om in die publieke oog te verskyn.
    As ek sy was, het ek ver, ver, ver weggekruip vir die wereld of gehoop die aarde sluk my in. Duidelik het sy baie ‘guts’!

  • Ina

    Ek koop elke maand die Sarie. Maar ek het getwyfel of ek die maand se eksemplaar moes koop. Ek was nuuskierig om die finaliste vir die voorblad te sien, maar wou uit beginsel nie ‘n tydskrif koop wat geld uit sensasie wil maak nie. Tot my spyt het ek wel uit nuuskierigheid die maand se uitgawe gekoop. Ek wil dit maar net op rekord stel dat nie julle voorblad is wat my oortuig het nie, maar wel die feit dat die finaliste aangewys is. Ek voel bietjie jammer vir Amor, want sy kan haarself eintlik nie help nie. ‘Same old same old, niks nuuts of anders as al die gesanik van vroeer nie…’ Maar ek moet se ek is werklik vreeslik teleurgesteld in ‘n topgehalte tydskrif soos Sarie se oordeelsvermoee om haar as jul trekpleister te gebruik. Julle onderskat die intelligensie van julle lesers. Ons verdien effe beter.

  • Dee

    Ek stem saam met die grootste persentasie van die mense wat hier kommentaar lewer en so het ek, soos baie van my vriendinne net verby Sarie gestap hierdie maand. Sarie, luister na die meerderheid van julle lesers en los tog nou die aandagsoekende vrou uit. My spons is nou SOOO versadig vir hierdie Amor en haar stories, dis bekotsingswaardig!!! Om te sien dat my eens gunsteling tydskrif nou haar jammergattige stories gebruik om verkope te ‘boost’. Laat ek die balon bars: Dit het nie gewerk nie.

  • Elsabè

    Aan almal wat diegene wat moeg is vir Amor, so uitkryt, wil ek net sê, sy soek daarvoor. As sy haar soos ‘n dame gedra en uit die pers bly, sal sy met respek behandel word. En ek is beslis nie vet, onversorg en jaloers nie.
    Sy is ‘n aandagvraat, verslaaf aan publisiteit en normale mense is MOEG vir haar gesanik. ONS WIL NIE MEER VAN HAAR SIEN OF LEES NIE. Terloops – ek koop ook geen publikasie waarin daar oor haar berig word nie.
    Sy lyk nie na iemand wat ongelukkig is nie. Waarom wil sy weet wat met Joost en sy geldsake aangaan? Hulle is besig om te skei. Hy is lief vir sy kinders en sal mos vir hulle sorg in sy nalatenskap indien sy siekte terminaal is. Sy is egter nog ‘n jong vrou met ‘n lewe en loopbaan voor haar – sy kan mos vir haarself sorg. Ek dink haar groot bekommernis is dat sy geen geld sal kry nie.

  • Helena

    Ek is ‘n nuwe Sarie leser en het amper nie hierdie maand se uitgawe gekoop nie, want ek is al sooooo moeg om van Amor te lees. Sy en Joost het selfs ons Sondag koerant se voorblad gehaal – en niks wat hulle doen is vir my interessant nie. Ons almal het maar ons jakkalsies in die huwelik maar dit bly in die privaatheid van ons eie huise. Wie is hulle dat ons nou altyd hulle stories moet lees? Nie Joost of Amor is vir my "bekendes" nie.

  • Katryn

    @CJ, Saartjie en Terry. Die klippe argument is nou al so holrug gery soos die holruggeryde donkie. Niemand stel meer daarin belang om te hoor oor die klippe wat gegooi word nie. Ook is die nie regtig mooi om mense aan te val terwyl jy besig is om vir mense te se om ander nie aan te val nie (met klippe te gooi nie). Jy weerspreek jouself in jou kommentaar. Gaan dink mooi oor wat jy wil se en dan probeer jy weer, sonder om klippe te gooi en die Christendom uit te kryt vir grafte. Christenskap is nie deur enigeen hier genoem nie. Niemand se Amore mag nie vrae vrae nie, meeste mense verskies dat sy dit of vir haar man of prokureur vra en ons hier uithou. Dit is waaroor dit gaan, sy is haar eie papparazi. Ek oordeel haar nie as mens nie. Ek oordeel haar optrede rakende die smaaklikheid (of smaakloosheid) ten opsigte van ‘n privaat aangeleentheid wat tussen twee mense afgehandel moet word. Wat moet die arme ouers en kinders van die partye hiervan dink – hulle kry sekerlik die swaarste!

  • Sue

    Ek is net so moeg om van Amor en Joost se twak te hoor! Sy is ‘n regte aandagsoeker wat net op haarself ingestel is! Sarie wil julle nou met Huisgenoot begin meeding?? Ruk julself reg, assebleif!

  • Sune

    Ek stem saam met Ina: ek het Sarie hierdie maand gekoop bloot omdat ek nuuskierig is oor die voorblad-finaliste… en ek dink die meeste lesers het! Moet dus nie dat jul verkoopsyfers hierdie maand jul flous nie: jul voorbladkompetisie is die groot trekpleister. Lesers/die publiek is siek en sat vir Amor.

  • Chrismari

    Ek het ook nie die maand Sarie gekoop nie, het maar RR gekoop. So nou mis ek Nataniel se rubriek, maar dis OK. Ek weier om enige boek/ tydskrif te koop met Amor se gesig op.

  • lelanie

    Sarie, ek is bly julle dink ou amor is so oulik, maar eerlik waar meeste van ons dink nie so nie, sy is net n aansitterige aandagsoeker, gee eerder anneline kriel, margeret gardiner of iemand met klas!

    Ons is moeg vie die tranerige storietjies van haar en joost

  • Jacqueline

    Moes kies tussen Saie en Idee’s – wel hierdie maand was dit nie n probleem nie..Gelukkig vir beeld kon ek die 35 finaliste gesien het!

  • Una

    Ek was n getroue Sarie koper. Maar vandat julle so baie vervelige hoofartikels van Amor plaas, koop ek dit nie meer nie. Sy en haar familie is NIE nuuswaardig nie!!!! Sy dink so, maar dit is haar opinie. Gaap!!!!!!
    Gelukkig vir my is daar baie ander tydskrifte wat sielskos in het en artikels plaas van mense wat REGTIG inspireer en waarna mens kan opkyk.

  • Anti-Amor

    Ek sien elke maand so uit na die nuwe Sarie, maar die nuutste een met Amor se gevretjie op…nee dankie! Ek koop geen tydskrif met Amor of Joost se gesig op. Hulle walg my!!

  • Hester

    Amor kan ‘n paar lesse by Natasha Sutherland gaan neem. Sy is ook deur moeilike tye, maar het nie so aandag by die media gaan soek nie. En Natasha is nie net stylvol nie sy is beeldskoon ook. Amor probeer jou probleme neerskryf, lees dit dan self en dan sal jy agterkom hoe belaglik jy jouself maak.

  • LORRAINE

    JOOST HET GESONDIG. AMOR IS OOK NIE N ENGELTJIE NIE. HULLE MOET NOU AAN DIE KINDERS DINK. DIT IS HULLE WAT NOU SEERKRY. KINDERS IS LIEF VIR ALBEI OUERS MAAK NIE SAAK WAT GEBEUR NIE. DINK ALBEI MOET NOG GROOT WORD. STEM SAAM DAT ONS LESERS NOU GENOEG STORIES GEHOOR HET VAN DIE TWEE.

  • Lorraine

    MAAK NIE SAAK WAT IN N MENS SE LEWE GEBEUR HET NIE. OF HOE VERKEERD JY IS NIE. OF WAT JY GESONDIG HET NIE. JOU KINDERS BLY JOU KINDERS. DINK JOOST IS BEIE LIEF VIR SY KINDERS EN HULLE VIR HOM. VOEL OOK JAMMER VIR AMOR. SY WAS BAIE LIEF VIR JOOST. DINK DIT IS TYD DAT HULLE NOU AAN HUL KINDERS IDINK. DIT IS HULLE WAT NOU SEERKRY.

  • Allie

    Asseblief, net nie weer Amor nie!!! Mens sou sweer sy is die enigste een wat al ooit deur moeilike tye is. Sy ervaar nou maar net presies wat Joost se vorige vrou ondervind het toe Joost haar met Amor verneuk het. Wie sal ooit Joost en Amor se "heuglike" eilandvakansie vergeet terwyl hy besig was om te skei?? Nee wat Amor, vat jou pak soos ‘n man in PRIVAATHEID. Amor is in elk geval so kunsmatig en aangeplak, dat ek weier om enige tydskrifte met haar gesig of voosgeryde storietjies te koop. Sy dink voorwaar sy is die by se knieknoppe, maar gaan kyk mooi in die spieel. Tyd dat Sarie begin kennis neem asb. Skryf eerder oor interessante mense van wie mens iets kan leer.

  • Jandré Coetzee-Blom

    Ek is ‘n 18 jarige seun en dit VERSTOM my hoe "immature" 99% van die dames is. Sien julle wat julle skryf? Sy’s nie mooi nie en sulke twak? Van wanneer gaan dit oor haar uiterlike?

    Ja, sy mag dalk vir Joost gesteel het en al daai drama, we’ll sy het swaar daarvoor betaal! Ek is nie ‘n Amor ‘fan’ nie, maar my magtag, ek kan net nie toesien hoe uitgegroeide vrouens so kan aangaan, en die arme vrou meer afdruk as wat sy nie al klaar is nie! Weet jy werklik waar wat alles in haar lewe aangaan om te kan veroordeel?

    Dis ‘n kind van die Here daai, en ‘n mens behandel nie sy kinders soos rubbish nie! Gin haar wat haar toekom, en die nonsens van jy wil nie die SARIE koop nie want sy’s voorop is twak, as jy van SARIE hou getrou is aan die tydskrif sal jy dit koop al is daar ‘n foto van Amor.

    Julle is kinderagtig, en dis ‘n jammerte dat ‘n 18 jarige student dit vir julle moet sê! Lees die artikel, en dan sal julle sien, dis nie ‘n artikel wat vraatsig is vir publisiteit nie!

    Grow up man, julle dag sal kom, wiel draai, stadig maar seker!!

    Amor ek het nuwe respek gekry vir jo, en jy lyk ongelooflik stunning in die nuwe SARIE, kan trots se dis nog een van my beste uitgawes tot dus ver!!

  • Lorraine

    Jandré baie mooi gestel vir ‘n 18 jarige student. Jy toon emosionele intelligensie wat van die ander dames glad nie toon nie. Die mensdom het altyd so baie te sê oor ander se doen en late, maar kan ek jou vra mevrou: hoe sou jy optree as jy vir ‘n oomblik in Joost of Amor se skoene was of mevrou is jy nie bly dat jy nog nooit in dieselfde situasie was waar ‘n man jou hart so verskeur het nie? Die dames wat sulke lelike bewerings rond gooi, sjoe julle is seer sekerlik volmaak en dra spierwit vlerke. Amor, jy is ‘n pragtige mens. Baie sterkte vir jou. Mag Jesus jou lei en help met jou emosionele pyn. Baie sterkte vir Joost ook en mag Jesus jou dra deur jou siekte.

  • Susan

    Ag Amor ons is regtig moeg vir jou op tydskrifte en op die radio jy is nie so onskuldig nie ek dink Joost kan sy agterend skop oor Marlene jy was die oorsaak van hul huwelik mens bou nie geluk op ‘n ander een se ongeluk nie

  • Marion

    Ai Amor, probeer asseblief om jou sake privaat te hou i.p.v. dit uit te saai!

  • Colette Botha

    Sarie met die Amor-voorblad en artikel;sy is spyt sy het gepraat, ek is spyt ek het die Julie-uitgawe gekoop!Waar’s die inspirasie?!

  • Colette Botha

    Sarie met die Amor-voorblad en artikel;sy is spyt sy het gepraat, ek is spyt ek het die Julie-uitgawe gekoop!Waar’s die inspirasie?!

  • Colette Botha

    Sarie met die Amor-voorblad en artikel;sy is spyt sy het gepraat, ek is spyt ek het die Julie-uitgawe gekoop!Waar’s die inspirasie?!

  • JC

    ELKE PERSOON KRY WAT HY VERDIEN

  • JC

    ELKE PERSOON KRY WAT HY VERDIEN