Ons praat met

VIDEO: Hanna (Kiki) gesels oor Getroud met rugby (4de seisoen)

Hanna Grobler, wat die rol van die gewilde Kiki vertolk, gesels met sarie.com oor haar voorbereiding vir die rol. Sy’s onlangs aangewys as die ambassadeur van Adventure Bootcamp (SA) en sy vertel van Kiki se besondere storielyne in die nuwe reeks.

Die storie tot dusver
Kiki (Hanna Grobler) en Fafa (Altus Theart) is nog vervreemd van mekaar en Regardt (Izak Davel), wie se storielyn in die rolprent Getroud met rugby – die onvertelde storie begin, is terug uit die Kaap en deel van die Stryders-span. Schalk (Johan Scholtz) sukkel nog om sy vrou se dood te verwerk en sy dogter Mieke (Leandie du Randt) bewys dat sy kan kers vashou by die pom-pom-meisies. Hulle beplan om die Stryders se inspirasie te wees.

Soos die Stryders baie hard werk om weer bo in die liga te wees, is daar natuurlik weer ʼn gekonkel agter die skerms. Anke (Sandra Vaughn) word spanbestuurder wanneer Jimmy verdwyn, ons vind uit Brendan (Marlon Roelfze) het ʼn donker geheim en Botha (André Odendaal) en Cornia (Michele Botha) is steeds agter hulle “marshmellows” aan en het nou ook ʼn baba om mee te “wheel-en-deal”. Wie weet wat hierdie karavaanpark-familie deur die loop van 13 episodes gaan aanvang …

Getroud met rugby-akteurs

[box:full:red:both]

Nuwe gesigte in seisoen 4?

Franci Swanepoel speel Anke se suster, Leatitia. Sy daag op met ‘n persoonlike vendetta.

Ashley Saunders van Hartland-faam speel Raka. Hy is die nuwe Stryder-bul met ‘n lekker humeur aan hom. 

Nadia Beukes (Hartland en Tree aan) speel die Stryders se nuwe sielkundige, Iva.

Aangesien die Stryders weer die beste wil wees, stel hul ook ʼn nuwe bemarkingsbestuurder aan, Adam. Robbie Wessels speel die rol van Adam.

[/box]

  • bianca

    ek is baie bly oor die nuwe seisoen van getroud met rugby wat gaan begin!!! word die episodes net op dinsdae uitgesaai of kan mens herhaaling kyk op ander dag ook en kan hul nie die program ook op ander dstv stasies uitsaai nie wat van die mense wat net die compact kan bekostig en wat nie kyknet het nie hoe gaan ons die episodes kan kyk, dus wat my baie sad maak want ek mis nooit n episode nie nou hoe maak mens dan nou.

  • Emanuel

    Jonas, du vermengst hier aber zwei Dinge, die gentenrt werden sollen: Redaktion und Community.Dass der Umgang miteinader bei GamersGlobal netter ist, glaube ich sehr gerne. Das GSPB ist stellenweise wirklich ein wfctender Mob von Trollen.Das andere sind aber redaktionelle Inhalte. Und hier gefe4llt mir das Gesche4ftsmodell von Herrn Langer gar nicht, denn er verdient Geld mit der Arbeit anderer und das in doppelter Hinsicht. Seine User kopieren irgendwo anders Inhalte, und stellen sie kostenlos bei GG ein. Weder der ursprfcngliche Verfasser, noch der User werden irgendwie daffcr entlohnt.Die PC-Welt stand letztens in der Kritik, weil Schreiber nur 10€/News bekommen. Bei GameStar motzen die Leute, weil Praktikanten nur 400€ bekommen. Bei GG hingegen wird keiner bezahlt, aber das finden viele dann in Ordnung?!