FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Ons praat met

VIDEO: Oscar Pistorius se sus, Aimée, gesels

Hy leef teen die pas wat sy glimmende lemme in die pylvak afstorm – blitsvinnig! Kyk jy na Oscar Pistorius se Twitter-inskrywings, lyk dit asof hy nie ’n oomblik stilsit nie. Sedert September was hy in die Seychelle, New York, Las Vegas, Londen, Parys . . .

Hy was nog altyd een van ons grootste celebrities, maar ná sy deelname verlede jaar aan die Olimpiese en die Paralimpiese Spele het sy bekendheid eenvoudig ontplof. Met rede, want hy is die eerste naelloper met geamputeerde bene wat aan die Olimpiese Spele deelgeneem het. Ná altesame elf wedlope by die Olimpiese en Paralimpiese Spele en drie medaljes (twee goud en een silwer by die Paralimpiese Spele) wil die hele wêreld ’n stukkie van ons “Blade Runner” hê. Hy is die ster op van Amerika se gewildste geselsprogramme: The Tonight Show with Jay Leno, Larry King Now, Piers Morgan Tonight . . .

In 26 jaar het Oscar byna ’n leeftyd se prestasies ingepas. Verlede jaar is hy by die SA Sporttoekenningsaand as Gestremde Sportman van die Jaar aangewys; hy was weer op die tydskrif Time se lys van die 100 invloedrykste mense in die wêreld; die tydskrif People (Amerika) het hom as
een van die sexyste mense aangewys; hy was 47ste op die internasionale Men’s Health se lys van fiksste mans van alle tye en een van E! Online se tien mees inspirerende mense.

Hy is ook benoem vir Sports Illustrated (internasionaal) se mees inspirerende presteerder van 2012. En in Februarie laas jaar het hy ’n gesogte Laureus-sporttoekenning gewen vir Wêreldsportpersoon met ’n Gestremdheid. Hy het ook op tydskrifvoorblaaie soos dié van The New York Times Magazine verskyn en plaaslik op GQ. Suid-Afrika se manlike weergawe van CharlizeTheron?

Hy glimlag skaam. “Jy gaan my nou laat bloos.”

Vir ons voorblad vandag saam met sy suster, Aimée, het hy net twee uur beskikbaar. Een vir die fotosessie en een vir die onderhoud. Sy het nooit gedink Oscar sou so ’n groot ster word nie, vertel die 23-jarige Aimée, wat in Investec se kliëntediensafdeling werk, vroeër in ons onderhoud. “Ek het gedink hy sal seker ’n argitek word. Hy stel baie belang in argitektuur.”

Aimée is een van sy beste vriendinne, sê Oscar. “Sy gee goeie raad. Sy is baie volwasse vir haar ouderdom. Sy is eintlik soos my ouer suster,” lag hy. (Hulle het ook ’n ouer broer, Carl.)

Tydens die fotosessie is dit duidelik dié twee het ’n sterk band. Hulle lag en maak grappies, trek mekaar se been. “Aimée is so mooi, sy is besig om my heeltemal te oorskadu,” terg Oscar. Weg is Oscar die super-atleet. Vandag is hier net ’n broer en suster wat kleintyd in Johannesburg saam fiets gery het.

In jou Februarie 2013-uitgawe van SARIE:
Oscar en sy suster Aimée gesels eksklusief met SARIE oor hul verhouding + ons wys pragfoto’s van die fotosessie. Kom kuier ook agter die skerms!

Aimée Pistorius gesels in November 2012 met SARIE.com oor haar broer, Oscar:

Die Oscar-advertensie deur M-Net

  • Rockmad

    Wat ‘n mooi man met ‘n ewe pragtige sussie.

  • Elizabeth

    Hy is ‘n HUNK en sy is PRAGTIG! Jinne man, sy kan mos ‘n model wees met so ‘n gesig! Kan nie wag om dorp toe te gaan en my Sarie te koop en alles te lees nie!

  • nolean

    Aimee klink baie slim hahaha…Oscar is seker afbeen oor sy liefdeslewe nou wys hy sy mooi sis sodat hy in kollig kan bly…