FOTO: Custophoto.com

FOTO: Custophoto.com

Ons praat met

VIDEO: Steve Hofmeyr op 50 oor omstredenheid, grys hare en highlights

Dêm rof, maar opwindend, is hoe Steve Hofmeyr die 50 jaar beskryf. Hiermee sal vriend en vyand saamstem, want dis een ding van Steve: hy sorg vir opwinding. Hy wéét hoe om te stir. Hoe om emosies te raak en by tye te laat oorkook. Met sy musiek, sy woorde, sy soms aanvegbare menings. In ’n eksklusiewe SARIE-onderhoud het Elmari Rautenbach Steve uitgevra oor sy keuses, ook oor ouer word en spyt. En hoekom sy kompas, ondanks ’n nou gelukkige persoonlike lewe, steeds noord wys – na dêm rof . . .

Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr het vanjaar sy groot 50ste verjaarsdag gevier en in ons November-uitgawe praat hy eksklusief oor ouderdom, Die Stem, sy oorlede pa en sy vrou, Janine, wat “surrogaat-ma” vir sy 5 kinders is.

November 2014 andrea streso nov

Lees dié uitgawe op jou rekenaar, tablet of slimfoon. Kry dit hier: http://bit.ly/1yaGseT

50 is nie spogtyd nie. Te laat daarvoor. 50 is dankiesê-tyd

- Steve in die voorwoord van sy boek Steve Hofmeyr 50

In dié agter-die-skerms-video gesels Steve oor grys hare en highlights, omstredenheid én sy hoogtepunte …

Koop die November-uitgawe en vind uit hoe om in te skryf

Steve wen november 2014

Nóg in ons November uitgawe

  • Steve se eksklusiewe indiepte-gesprek (Moenie dít misloop nie!)
  • Nataniël & sy broer kóók saam – en joernalis Lydia van der Merwe het dié humoristiese duo se gesprek neergepen.
  • Jy’s bedruk, het ’n magie, is seksflou. Kan testosteroon jou oplossing wees?
  • Pragtige Andrea Streso van 7de Laan: “Nou voel ek uiteindelik goed genoeg”
  • Ons kuier in adv. Thuli Madonsela se kantoor – jy sal nie glo hoe vroeg sy in die oggend op is nie!
  • Moderedakteur Amaria Carstens wys ons hoe om denim vir enige geleentheid te dra, skoonheidsredakteur Charis Labuschagne help ons om ons vel in die son te beskerm, kosredakteur Herman Lensing maak kos met bessies en die dekorspan wys jou hoe om ’n klein vertrek ruim te maak!
  • Kry jou NOVEMBER-uitgawe HIER.

 

  • Teleurgesteld

    Ag nee regtig. Dis jammer Sarie verleen publisiteit aan Steve, sal ongelukkig maar hierdie uitgawe moet misloop. Sarie se lesers bestaan sekerlik nie net uit wit mense nie – hoe moet die swart en bruin lesers voel om hierdie maand se tydskrif te koop as ‘n man daarop pryk wat links en regs die Stem sing om mense op te sweep en wat die volgende in ‘n onderhoud met ‘n koerant kwytraak: “Die verskil tussen my en ’n liberale denker is: ’n Liberale ou dink die
    bevoordeling in daardie dae was ten koste van ander. Ek dink dit was
    welverdiend.” Arg!! Nee regtig, en dan se julle “moenie dit misloop nie!”. Baie teleurgesteld.

    • Denise

      Foeitog, hoop jy voel beter.

    • Hallie Louw

      Weet jy terleurgesteld…julle soek net iets om oor te moan…lees dit…luister daarna..of woon dit nie by nie….gaan aan met jou lewe en jy sal niks oorkom nie…jy sweep jouself op…daar gebeur baie dinge..baie dinge teen witmense word gedoen en gese…ek steur my rerig nie daaraan nie…kyk daaroor…voel verhewe oor alles en gaan met my alledaagse lewe aan…sulke dinge kan jou net ontstel as JY dit toelaat of as jy aandag of mediadekking soek…daar is baie advertensies wat ek nie kyk nie want NET swartmense speel..of figure daarin…ek blaai om en kyk net eenvoudig na die volgende ad…sekerlik sal NIEMAND my mis nie en ek gee regtig nie om nie…ek mis hulle ook nie!!!

      • Teleurgesteld

        Baie dankie vir Tannie se terugvoer – ek is seker Tannie voel ook nou baie beter oor jouself nadat Tannie so neerhalende opmerking teenoor my gemaak het. Steve se opmerkings ontstel my, want ek wil in ‘n land lewe waar almal respek het vir mekaar – God het tog almal gemaak. Sarie sal sekerlik vir jou kan vertel dat dit nie net wit mense is wat die tydskrif koop nie. Ek het ‘n swart kollega, wat Xhosa-sprekend is maar ook bietjie Afrikaans verstaan, wat die tydskrif gereeld koop – en nou moet sy sien iemand – Steve – wat beweer dat haar eie mense die argitekte van apartheid was, op die voorblad pryk. Ek voel baie sleg vir haar part.

        Ook, as jy regtig nie jouself aan hierdie soort goed steur nie, dan verstaan ek nie mooi hoekom MY kommentaar JOU so irriteer dat jy voel jy moet kommentaar lewer nie.

        • Hallie Louw

          Ek is jammer dat jy nog steeds nie kan verstaan wat ek se nie…ek het nie neerhalend teenoor enigiemand gepraat nie…dit irriteer my regtig dat mense die kleinste dingetjie …of net wag vir iets wat hulle nie pas nie…en dan n bohaai daaroor maak…nie JY spesifiek nie…maar die bree publiek..wit EN swart en bruin…ek lees nie n tydskrif waarmee ek nie gemaklik voel nie…ek kyk ook nie n TV program waarmee ek nie gemaklik voel nie nie.
          maar verwag sekerlik die redaksie moet alles waarvan ek nie hou of wat my laar slegvoel uitlaat of vermy of NOOIT daaroor berig doen nie…ek lees dit eenvoudig nie… finsh en klaar…daar is baie ander artikels wat ek wel lees en waarmee ek voel ek kan assosieer en waarmee ek gemaklik voel.
          Daar is seker duisende mense wat nie noodwendig met alles saamstem wat persone soos Steve, Malema, Zuma, ens ens ens se en doen nie…maar daar is ook derduisende wat wel daarmee saamstem..gun hulle hulle opinie en verhef jouself bo negatiewe kritiek en net jou eie voorkeure. Moedig jou vriendin aan om die ander pragtige artikels in die tydskrif te lees en die waarmee sy nie kan assosieer nie, verby te blaai en te ignoreer!!..sterkte!!

    • Mel

      Ek myself was nog nie eintlik n Steve aanhanger nie, maar een ding kan ek hom toegee. Hy staan op vir sy volk. Teleurgesteld, kan ek jou vra of jy elke keer as swart of bruin mense die aaklige lied, “one bullet one farmer” of selfs onse mnr president die meer verpestelike, “bring my machine gun”, sing , op spring en apel aanteken? Indien nie, hoekom nie? Is dan dan net reg om so iets te doen as jy nie wit is nie? Dink bietjie daaraan. Steve ek sing saam met jou ons volkslied. Daarin is geen haatspraak of rasisme nie. Dis n gebed wat geskryf is deur n briljante digter in die tyd van die stryd van die afrikaner teen die engelse oorheersing.

  • Meri

    Baie, baie dankie Sarie vir die artikel oor ons eie Steve
    op wie ons Suid Afrikaaners baie trots is.
    Asook ons eie ystervrou Thuli Madonsela.

  • Anonymousme14

    Ai Steve, jy voel soos volksbesit, selfs vir my wat al 18 jaar in Kanada bly. Het jou selfs ‘n paar jaar gelede sien optree hier in Kanada, en donkiejare gelede in Kaapstad in “Joseph and his amazing technicolor dream coat”… Maar jy hoef nie elke gedagte wat in jou kop kom op skrif te sit nie.. mense kan dit verkeerd interpreteer en jou poging om jouself te verduidelik maak dinge dikwels niksvermoedend erger..
    Maar aan jou liefde vir die land, en dat jy ook maar net wil leef en laat leef , maar moeg is vir al die geweld en misdaad twyfel ek glad nie
    Sterkte Steve, ek wag nog vir nuus oor ‘n baba vir jou en Janine.. :D