FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Ons praat met

Vinkel en Koljander – die een kook soos die ander

Net een van dié susters kan dalk Suid-Afrika se nuwe meestersjef wees. Maar vir elkeen is die bonus dat haar beste vriendin reg langs haar in dié TV-kompetisie kook …

Die geur van gebakte soetgoed hang in die lug in die netjiese woonstel in Pretoria. Hier by Seline en Leandri van der Wat, oftewel die “MasterChef- susters” soos hulle nou al op televisie bekend geraak het, is tuisgebakte lekkernye ’n alledaagse verskynsel.

Op hul kombuisrak het ’n ge- hawende resepteboek Rama Maklik om te kook (’n geskenk van hul oorlede ma toe hulle nog klein was) ’n ereplek.

Seline (26) haal haar jongste skep- ping uit die oond. Dis ’n vindingryke baksel donkersjokoladekoekies met karamel en swartpeper-makadamia- neute. Sy doop dit “Mafikeng- modderkoekies” en knik tevrede.

“Mmm, dit maak my sommer lus vir koffie,” sê die 24-jarige Leandri. Koffie is haar passie, voeg sy by. Met dié gryp sy ’n pakkie bone en maal dit.

“Dit is van daai lekker opregte koffie wat sy ná een van haar uitreik- togte in Afrika teruggebring het,” knipoog Seline.

Hulle gaan sit op die rusbank, elk met ’n koffie en koekie in die hand en opgewonde om oor hul MasterChef-avontuur te gesels …

LEES DIE VOLLEDIGE ONDERHOUD IN DIE SEPTEMBER-UITGAWE VAN SARIE – nou op die rakke!

HIERONDER is ‘n video waarin dié twee susters meer oor mekaar vertel …