spanje
Ons praat met

Viva Suid-Afrika!

Suid-Afrika het Sondag om 23:00 ongetwyfeld die skouspelagtigste sportoomblik in sy geskiedenis beleef toe Spanje die Wêreldbeker-sokkertoernooi hier op die reënboognasie se bodem met 1-0 in bykomende tyd verower het, berig Nuus24.

Die kaptein van Spanje, Iker Casillas, het die trofee daarna welverdiend met trots in Soccer City omhoog gehou. Die wedstryd is eers in die laaste minute in bykomende tyd beslis toe Andres Iniesta, nommer ses, ’n doel ingekry het.

Daar was vroeër die aand ’n emosionele oomblik toe oudpres. Nelson Mandela net ná die afsluitingsplegtigheid sy verskyning op die sokkerveld gemaak het.

Daar was ’n oorverdowende applous en geblaas op vuvuzelas wat sekerlik tot in elke uithoek van Gauteng gehoor kon word, en daarna ’n gewyde oomblik van stilte toe die 91-jarige ikon vereer is.

Mandela het ’n lae profiel gehandhaaf tydens die maand lange toernooi, en nie die opening op 11 Junie bygewoon nie omdat sy agterkleindogter kort voor die eerste wedstryd oorlede is.

Meer as 700 miljoen mense het wêreldwyd die Madiba-towerkrag en naelbyt-sokkerskouspel op televisie beleef.

* Lees die volle berig hier

ONS KYK TERUG

* Die ongelooflike gees langs die Lekkerlooproetes

* Bekendes stroom na SA en kies húl gunstelinge

* Die finale trekking op 4 Desember verlede jaar en die groot paartie

* ‘n Jaar vóór die afskop

  • Lenie du Toit

    Asemrowend