Ons praat met

Voorbladgesig, Anri van der Linde, antwoord lesers se vrae en wys familiefoto’s

1. Corné Henning, Terenure, Ekurhuleni

Wat was lekker en sleg van model wees?

Daar was heerlike tye saam met SARIE as jong model. Die span het altyd so mooi na my gekyk. Dit was ook heerlik om foto’s vir brosjures vir Sun International op Mauritius te gaan skiet. Ons het in al die beste hotelle gebly en soos konings gelewe!

Daar was wel in my modeljare een nagmerrie-fotosessie toe ek ingestem het om onderklere te vertoon. Dis iets wat ek nooit wou doen nie, maar hulle het my oorreed. Ek was so spyt op pad daarheen, maar ek kon nie kop uittrek nie. Die span was wonderlik en die foto’s baie smaakvol en mooi, maar dit was vir my ‘n aaklige en moeilike dag.

2. Carla Reinke, Kempton Park

Wat dink jy as jy so lank voor die kamera poseer?

Ek het vroeg geleer jy moet baie geduld hê by fotosessies. Die meeste van die tyd werk ‘n mens saam met professionele mense, maar ek het al vies geword as ek regstaan om afgeneem te word, in ongemaklike klere en skoene, en die fotograaf begin ‘n lang storie vertel. Ek voel dit is onbedagsaam. Maar dit het min gebeur. As model is dit jou werk om “opgemaak” te word soos wat dit pas by die produk of storie wat geskiet moet word, so jy sê nie regtig as jy persoonlik nie van iets hou nie. Jy maak seker dat jy vinnig van jouself begin hou soos jy dan lyk, sodat jy met selfvertroue voor die kamera kan staan!

3. Lydia la Grange, Pretoria

Waarop is jy trots en waaroor is jy spyt?

Ek is trots dat ek nie weggevoer is deur die glitz and glamour van die modelwêreld nie. Daar was oorsee gereeld allerhande partytjies vir die modelle, maar ek het nie gegaan nie omdat ek te bang en skaam was. Só het ek myself moontlik beskerm teen moeilike situasies. Tog is ek spyt ek het nie toe my ervarings soos reis meer waardeer nie. Ek moes ook beter met my geld gewerk het en dit nie so kwistig uitgegee het nie!

Ek het foute gemaak, maar ek wil nie regtig sê ek is spyt daaroor nie, want so leer jy ook wie en wat jy regtig is en waar jy inpas in die lewe.

Theresa Koekemoer, Port Elizabeth

Wat doen jy as jy nie model is nie?

Ek het ‘n maatskappy wat grafiese ontwerp doen: Dream Out Loud. Toe ek modelwerk gedoen het, het ek in die produksieproses ná die fotosessies begin belangstel en besluit om grafiese ontwerp te studeer. Ek wou by tydskrifte as uitlegkunstenaar gaan werk, maar ek het my ma se CD-omslag ontwerp en haar musiekmaatskappy het van my werk gehou. Hulle het vir my ander kunstenaars se omslae begin gee en só het ek my onderneming begin.

FOTO: Anri saam met ma, sangeres Rina Hugo

Ma Rina Hugo en Anri

  • vmxcessb

    L1Kwjo dqzlspamqdul, [url=http://nhzxcsjkefic.com/]nhzxcsjkefic[/url], [link=http://fozvpqjfcbdg.com/]fozvpqjfcbdg[/link], http://fjiybnwpabzl.com/