sarah botes
Ons praat met

Voorbladgesig-finalis: Sarah Botes

Gister het ons die 10 Voorbladgesig-finaliste verras toe hulle deel van ons #SARIEkrismis-fotosessie was! Vanaand maak ons die wenners van die wedstryd bekend. Het jy jou gunsteling?

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste  FOTO Willie Koen

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste
FOTO Willie Koen

Leer ken Sarah Botes beter

(23) INTERN BY SELFOONMAATSKAPPY, VANDERBIJLPARK

Hoekom wil jy so graag op SARIE se voorblad wees?

Om te wys jou drome kán waar word!

Jy’s gestrand op ’n eiland en moet kies: lipstiffie, vogroom of maskara?

Vir seker maskara. Dit laat jou oë groter lyk.

Het jy ’n gunsteling- Afrikaanse woord?

Ek gebruik “lekker” baie. En “ag-nee”. Ek en my vriendinne sokkiejol ook op Afrikaans – veral op Jay se liedjie “Superhero”. Ek’s mal oor die deel “Kan ek jou Superman, Batman, Ironman, Spiderman wees”!

Hoe voel jy oor SA se toekoms?

Ek is positief. Beslis. Een van my lewenswaardes is hoop.

Wat maak jou kwaad?

As my susters (ek het twee) my klere steel en ek dit in hul kaste moet gaan soek!

Wie bewonder jy?

Vroue wat bewys hulle kan enigiets doen, ten spyte van hul omstandighede.

Wat is jou geheim om so gesond te lyk?

Ek eet proteïene vir krag, sny suiker uit waar ek kan, drink baie water en groentee en draf gereeld saam met my pa, Michael.

Sou jy ’n liefdadigheid wou ondersteun?

Ek help reeds by The Grace Factory, wat hulle oor weggooibabas ontferm.

As jy die dag af voel, hoe maak jy om beter te voel?

Ek moet eers ’n bietjie op my eie herlaai om beter te voel.

sarah botes

Ons ander Voorbladgesigte:

Nicola Smit

Nadia de Jongh

Elmaré Schutte

Ulandie Slabbert

Alma Neethling

Bianca Hendrikse

Valensia Waibale

Tamsyn Jack

Nicole Lamberts

VBG16_header_1458284893

SARIE Voorbladgesig 2016 in samewerking Max Factor, Clicks

MaxFactor_New_Logo_Blk