img_4672
Ons praat met

SARIE-voorbladgesig-finalis vang trouman met kompetisie

“Ek moet sê dis nogal soos my eie fairytale, want as dit nie vir die kompetisie was nie sou ons mekaar nooit ontmoet het nie,” gesels Lizelle byna ‘n jaar nadat sy as een van die top-10-finaliste in SARIE se voorbladgesigwedstryd aangewys het.

“Toe ek wou inskryf, het huisvriende my verwys na ’n fotograaf, Marethe Grobler, wat my inskrywingsfoto’s geneem het. Hendre en Marethe is al jare lank vriende (omdat hy ook in die fotografie-bedryf is) en hy het die foto op haar Facebook-blad gesien …”
 
“Hy het ‘n baie mooi kompliment by my foto geskryf. Ja, en so het ons toe begin gesels en die res is history, soos hulle sê!”

Lizelle Muller - inskrywingsfoto Lizelle Muller - foto vir SARIE
Lizelle se inskrywingsfoto Lizelle se SARIE-fotosessie

Só het dit my lewensuitkyk verander
Die kompetisie was vir my ’n persoonlike uitdaging en ek was heel verbaas toe ek as een van die tien finaliste aangewys is. As jy jouself net ’n bietjie uitdaag en dinge aanvat wat buite jou gemaksone is, kan jy nogal verras word met die uitkoms. En dit kan ’n heel nuwe, opwindende wêreld vir jou oopmaak. Ek het baie van myself geleer en my selfvertroue het vir seker ’n hupstootjie gekry. Ek het ook die komplimente van familie, vriende en wildvreemdelinge so waardeer.

Om nie te praat van die stunning hunk wat ek in die proses ontmoet het nie. Ek’t my lewens- en sielsmaat ontmoet, en daar’s sprake van ‘n troue binne die volgende jaar of twee!

Waarmee hou ek myself besig?
Ek werk as kleuterskool-onderwyseres en het onlangs met ‘n nuwe opvoedkundige werksessie vir ma’s en hul kleuters begin, en geniet dit baie. Ek doen ook vanjaar ’n kursus in basiese sielkunde. Ek is baie geseënd in my werk en dit wat oor my pad gekom het.

Raad vir vanjaar se deelnemers

Wees jouself, glo in jouself, moenie toelaat dat iets jou inperk nie. Geniet elke oomblik van wat nog kan kom en nog gaan wees.

  • Karin

    Oulik! Baie geluk!