Ons praat met

Vroue wat gee

Die merkwaardige Dinah Adonis van Pretoria, ‘n oud-verpleegster van die Oos-Kaap, het Dinsdag in Johannesburg die Most Dynamisante-vrouetoekenning gewen. Die toekenning word geborg deur die skoonheidshuis Clarins in samewerking met SARIE, Fairlady en True Love. Haar Women for Change-organisasie, wat sy in 2003 in Nellmapius, Pretoria, begin het, word geïnspireer deur Dinah se geloof dat elke kind iemand nodig het, ‘n kampvegter verdien. Sy en haar groepie vrywilligers sorg vir ‘n sopkombuis, ‘n kostuin en ‘n nasorgsentrum vir die kinders.

Oor haar broodnodige geldprys het sy gesê: “Ek hét die vrywilligers, ek het nog net die geld nodig gehad – en ‘n plek wat ons eie sal wees, want die kerk raak te klein vir al my planne. Ek het my lewe aan dié mense gewy en hulle is in my bloed. Ek kan nie ‘n week laat verbygaan sonder om hulle te help nie.”

*Lees Dinah se volledige onderhoud in vandeesmaand se SARIE. Leer ken ook die finaliste, Sue Davies van Oos-Londen en Prisca Tshabalala van Soweto.