hannes_van_wyk
Ons praat met

Vyf goed wat elke ma moet weet – Bravo! se Hannes van Wyk gee raad

Hannes van Wyk, aanbieder van Bravo! op kykNET, bied deesdae ook spesiale werksessies aan waar hy vir ma’s vertel presies hoe kosbaar húlle is.

Die inspirasie vir dié program was Hannes se eie ma en die spesiale verhouding wat hy met haar het. Sy woon in ’n ouetehuis op Aliwal-Noord.

Hannes is vol lof vir sy ouers – wat hom, sy broer en suster almal deur universiteit gekry het.

 

Hannes deel 5 mooi goed wat jy vandag vir jou ma móét sê:

  1. Hoe lief jy haar het
  2. Dat jy jou ma, en al die opofferings wat sy vir jou gemaak het, waardeer
  3. Sy is nooit te oud om vir jou raad te gee nie
  4. Jou ma kan net soveel vir haar kinders doen; jy kan nie altyd met jou probleme na jou ouers toe hardloop nie
  5. Wys dat jy trots is op haar en onthou om dankie te sê vir alles wat sy vir jou gedoen het