gita
Ons praat met

Wat ‘7de Laan’ vir Gita (Jo da Silva) beteken

“Dis my huis. Ek het baie vriende op stel gemaak en ek is mal oor die werkomgewing waar daar wedersydse respek is. Dis my negentiende jaar in die bedryf en ek was nog nooit gelukkiger nie. Baie van die ander akteurs wil die rol van Gita speel – ek dink dis omdat dit so ’n uitdagende karakter is. Sy’s nie net boos nie – sy’s volrond en daar is redes vir haar besluite.

Om die feeks te speel is net eenvoudig meer pret! Ek kan nie wag om my volgende teks te lees om te sien wat Gita gaan aanvang nie.

Ek’s mal oor die uitdaging om in Afrikaans te werk. Ek moet harder as ooit werk omdat my moedertaal Engels is, maar dis pret. 7de Laan is groter as enige individu. Dis ’n ensemble van professionele mense wat gehaltewerk lewer en hou van lag. Die poetse by 7de Laan is legendaries en eindeloos.”

  • Heila van Jaarsveld

    Hou baie van Gita. Baie goeie aktrise

  • Lizette

    Ek like gita kwaai, sy `n vrou wat fight wat sy wil he, hoop net ons sien eendag hoekom sy so erg is om haar sin te kry, dalk biekie oor haar verlede te wete kom, oe oe en `n troue met timmy of herman!!!!!

  • anon

    Gita i the most beautiful woman i know , she is truly amazing! Baie mooi. People should not judge her by her appearance and personality on 7de laan. Thank you Sarie for these pictures.

  • Katelyn

    Gita i the most beautiful woman i know , she is truly amazing! Baie mooi. People should not judge her by her appearance and personality on 7de laan. Thank you Sarie for these pictures.

  • Naomi

    goeie dag aan almal
    ek het net een groot probleem en dit is dat Gita met moord wegkom. Dit raak nou regtig teveel met al haar skelmstreke. Kan een mens met soveel haat in hom of haar saam dra. 7deLaan gaan baie kykers verloor as daar nie drasties iets gedoen gaan word dat sy aan die pen gery word nie. Dit maak die hele mooi storie baie lelik en dit is waar al die skelms in die land sien maar hulle sal dan ook mos kan wegkom met al die skelm streke. Skrywer van 7deLaan doen net asseblief iets daaromtrent.

    gereelde ontstellende kyker van Port Elizabeth