soweto_gospelrz
Ons praat met

Wat het die Soweto Gospel Choir, Beyonce en High School Musical gemeen?

Hulle deel die Oscar-verhoog, natuurlik!

Een van Suid-Afrika se grootste musiekgroepe sing Sondagaand by dié glansgeleentheid. Die Soweto Gospel Choir het gesorg vir die agtergrondsang op een van Peter Gabriel se nuwe liedjies. Dit is juis deur hom dat hulle by vanjaar se Oscars in die wêreld-kollig sal wees.

Die koor het reeds Woensdag na Amerika vertrek en hulle glo dis hul harde werk wat uitgeloop het op dié groot eer. (Bron: www.ewn.co.za)

 

*Peter Gabriel is benoem in die Beste liedjie-kategorie.