poster_barnyard_002rz
Ons praat met

Wat het geword van Pierre de Charmoy?

Dié aantreklike Natalse suikerriet-boer Pierre de Charmoy was in die jare tagtig ‘n topverkoper met sy heserige stem. Hy was beslis toe een van die mees gesogste vrygeselle in Suid-Afrika. Maar toe verlaat hy die musiekwêreld skielik en vir jare het almal gewonder wat van hom geword het.

Ons het hom in Umhali in KwaZulu-Natal opgespoor. Steeds ‘n stil man van min woorde!

 

Jy was so gewild, hoekom het jy uit die kollig getree?
Ek het gevoel dit is tyd vir ‘n verandering. My ander passie was om met suikerriet te gaan boer.

Jy was in ‘n stadium in die jare tagtig een van ons top- manlike sangers?
Ja, vir ‘n kort tydjie.

Wat het jy gedoen direk na jy die musiekbedryf verlaat het?
Ek het ‘n tyd lank eiendomme ontwikkel en daarna begin boer.

Wat was jou gewildste albums?
Ovation Reaching Out
, Emotions, Let My Music Touch You, Positive, Greatest Hits, Attitude, Déjà-vu en Hear Me Now.

Vertel ons van jou gesin?
Ek en my vrou, Karen, het twee seuns, Christian (14) en Philip (11).

Christian se 14de verjaardag

Waar woon julle nou?
Umhali aan die Noordkus van KwaZulu-Natal.

Tree jy nog op?
Ja, maar net plaaslik.

Vertel van die positiewe en negatiewe sy van die musiekbedryf.
Ek het goeie herinneringe van ‘n droom wat ek uitgeleef het, maar mense kan jou verkeerd opsom.

Jy was eens ‘n hartebreker, hoe het jy die aandag hanteer?
Ek is ‘n stil ou, so ek het dit nie goed hanteer nie.

Nou hoe het Karen jou hart verower?
Met haar humor, skoonheid en plat op die aarde houding.

Wat gee jou lewensvreugde?
Om te boer leer jou om nederig te wees. Dit leer jou om die natuur in al sy vorme te waardeer.

  • Christelle

    Live on!!
    Was al oor sy musiek.

  • http://xalasurtbzhj.com/ xomisoosb

    ZhCofO imrcjqplgtph, [url=http://poysnpnrbhwq.com/]poysnpnrbhwq[/url], [link=http://eksamvybwvtk.com/]eksamvybwvtk[/link], http://dajimiuhunmj.com/

  • Susan en Strydom Nel

    Ek en my man koop en versamel langspeel plate. Ons het 3 plate van Pierre en luister nog baie daarna.

  • HENDA PITZER

    NOU WEER NA DIE MAN GELUISTER OP KYK-NET SE OPSKOP PROGRAM EN WAS AANGENAAM VERRAS ! KLINK NOG NET SO GOED SOOS TOENTER ! HY MAG MAAR WEER DIE WYE MARK BETREE ! ONS KORT WEER IEMAND MET SO N STEM !

  • ronel

    bly maar n hartebreker

  • Ernst Jordaan

    Ernst Jordaan sê: Pierre was en sal altyd een van my ikone bly. Nie net oor sy unieke stem nie, maar oor sy nederigheid.