Ons praat met

Wat jy nie van Errol Arendz geweet het nie

Wyle prof. Chris Barnard het my leer visvang. Ek het baie van Barbara Barnard, Chris se tweede vrou, se rokke ontwerp en het op my lekkerste, in Afrikaans, by hulle gekuier. As kind het ek dikwels oor Barbara, die godin aan Chris se sy, gedroom as ek na tydskrifte gekyk het. Min wetend dat sy eendag my loopbaan sou lanseer.

Ek eet nie meer fancy schmanschy kos nie. Deesdae is dit eenvoudige goed, soos bobotie en kerrie.

Ek kan kliënte se stemme en mannerismes baie goed naboots.

Onlangs, toe ek in Hong Kong op ‘n hotel se patio drankies gedrink het, het mense die kameras uitgeruk en begin foto’s neem. Ek het dadelik omgekyk. Toe besef ek eers hulle neem mý af!

Ek is alternatief spiritueel. Ek bêre dit in ‘n kassie weg en as ek dit nodig het, haal ek dit uit. Dis iets wat jou nooit verlaat nie.


  • Marie Vlok

    Hy kan wees wie en wat hy wil. Hy was nog nooit n publieke skandemaker nie. Hy dwing respek af. Hou dit so Errol. Groete van Marie Vlok Potchefstroom (57 Jaar ) Wens ek kon een van jou skeppinge bekostig het…net een keer) Toemaar, ek skimp nie, ek kyk darem daarna

  • Je2Oz9 kumugxfwvxjy, [url=http://tuodeymupphp.com/]tuodeymupphp[/url], [link=http://zlwknbcrwqtc.com/]zlwknbcrwqtc[/link], http://risdlkijdkel.com/

  • chanlyn moosa

    errol gee my net een keer die geleentheid om in jou skeepinge te model.dan sal jy my ook koester!

  • chanlyn moosa

    errol gee my net een keer die geleentheid om in jou skeepinge te model.dan sal jy my ook koester!

  • Ronel

    Errol, jy is tops!!!