Ons praat met

Wat jy nie van Michelle McLean geweet het nie

Michelle McLean se gunstelinge:

Parfuum: 212 Caroline Herrera
Vakansieplek: Sossusvlei, Namibië, en Buenos Aires, Argentinië
Eetplekke: La Colombe, Constantia, The Grande Café, Kampsbaai
Fliek: As Good as it Gets
Book: The Path to Love – Deepak Chopra
Motor: Mercedes Coupe 320
TV-program: Enigiets op die History Channel op DStv
Dier: Leeus en uile
Akteur: Robert Redford
Aktrise: Meryl Streep
Musikante: Bono van U2 en Madonna

Dít weet niémand van Michelle nie . . .

  • Sy steek kerse aan as sy soggens koffie drink
  • Hoewel sy ‘n naguil is, geniet sy die wêreld met sonsopkoms as dit skoon en stil is en sy oor die dag kan nadink – dán skryf sy in haar Dankbaarheidsjoernaal
  • Sy is allergies vir enige seekos of vis
  • Saans vóór sy gaan slaap en soggens as sy wakker word eet sy agurkies
  • Michelle hou daarvan om vir vreemdelinge in die hysbak te glimlag en hul reaksie dop te hou. Sy glo dit druk mense uit hul gemaksones.
  • Sy verbind haarself nie sommer aan mense wat skinder nie. Sy glo as hulle van ander skinder, kan hulle netsowel môre van jou skinder en dán moet mens ver van hulle af wegbly.
  • Sy hou niks van bruin motors nie en glo bruin werk die beste as kleur by ‘n lekker Sondag-skaapboud of gesonde, heilsame soppe in die winter . . .
  • Een van haar gunsteling-sêgoed: ”Moet jouself nooit verduidelik aan iemand nie, want die mens wat van jou hou, het dit nie nodig nie. En dié wat nie van jou hou nie, sal jou nie glo nie.”