sandra
Ons praat met

Wat jy nie van Sandra Prinsloo geweet het nie…

Nog ‘n paar geheime:

Sy’s baie bygelowig en stap nooit onder deur `n leer nie en sit ook nie skoene op `n tafel neer nie … Dit bring ongeluk!

Groot motte maak haar bang.

Sy is bang vir Dracula flieks.

Haar koppie kruietee en ‘n boek wag langs die bed voor sy gaan slaap.

Die afgelope dertig jaar het sy nog nie een koppie koffie gedrink nie.

HAAR GUNSTELINGE

Akteur Johnny Depp
Aktrise Meryl Streep 
Manier van ontspan Skubaduik 
Parfuum Femme Individuelle van Mont Blanc 
Ontwerper Jean Paul Gaultier 
Reisbestemming Die woestyn

In die Augustus-uitgawe van SARIE (vanaf Maandag 6 Julie op straat) praat sy openhartig oor Botox, die dood, haar beste ontdekkings op reise en ‘n vurige sekslewe.

Glitterati was by toe Foxwood Teater vir Sandra deel gemaak het van hul Garden of Fame. Hier is die insetsel.