Ons praat met

Wat jy nie van Zane Meas (Neville Meintjies van 7de Laan) geweet het nie

5 DINGE WAT JY NIE VAN ZANE GEWEET HET NIE…

1. Ek staan 6′ 2″ (1,88 m) in my sokkies

2. Ek het ‘n geboortevlek aan my gesig laat uitsny.

3. Ek warm my stem in die stort op.

4. Ek was so geskok toe my vrou my vertel sy is swanger met ons laatlam dat ek haar gevra het of sy seker is die baba is hare!

5. Ek is sedert 1992 ‘n baie gelowige Christen. Dis ook die jaar waarin ek my vrou ontmoet het.

ZANE SE GUNSTELINGE

KOS My vrou se hoenderkerrie

DRANKIE My oorlede ma se tuisgemaakte gemmerbier

FLIEK The Sound of Music

BOEK Die Bybel (nie-fiksie) en The Gadfly van Ethel Lilan Voynich (fiksie)

AKTRISE Antoinette Kellerman

AKTEUR Denzel Washington

Wat doen hy om sy vrou, Megan, spesiaal te laat voel . . .
“Op die oomblik baie min. Ek’s trots dat ek elke dag vir haar sê ek is lief vir haar. Ek is een van daai ouens wat verbaas is ek het so ‘n mooi vrou gekry wat by my bly deur my nukke en grille. Ons is baie besig, veral met ons baba; daar’s min tyd om alleen dinge saam te doen. Megan hou van shopping. Soms koop ek vir haar ‘n geskenkbewys of gee ‘n koevertjie met geld sodat sy vir haar ietsie kan gaan koop.”

Lees in jou November-SARIE wat Zane te sê het oor pa-wees (ook van ‘n laatlam), sy sangtalent en die Laan se poetsbak-bendes . . . Hy wys ook sy foto’s.

  • pastor KEN PATTISON

    ek wil graag kontak maak met neville , om by ons kerk op te tree

  • Maryke van SARIE

    Hi Ken. EK sou voorstel dat jy met hom via sy Facebook-blad probeer kontak maak. http://www.facebook.com/zane.meas Hoop jy kom reg.
    Groete!

  • iUTlIW mledizarkoua, [url=http://zfeiowxjcunu.com/]zfeiowxjcunu[/url], [link=http://fhnavsqprlza.com/]fhnavsqprlza[/link], http://lfkhlmzinzkn.com/

  • Nina

    Ek wil baie graag dringend met Zane kontak maak. Sal graag wil he hy moet ‘n praatjie doen in ons kerk – VGK Blanco, George.

  • Melzandre Hardneck- Badisa Ceres Maatskaplike dienste

    Badisa Ceres, sal graag kontak wil maak met Zane, om ‘n ouer praaitjie te het met ons pleegouers en ons bree gemeenskap.

  • Joe

    "Ek is sedert 1992 ‘n baie gelowige Christen. Dis ook die jaar waarin ek my vrou ontmoet het."
    Woo hoo!

  • Jenny

    What ha ppened to Neville Meintjies while I wasn’t looking….I missed a couple of nights and next minute he is GON-N-N-E