img_4305rz
Ons praat met

Wat maak ons bekendes die Kersvakansie?

Elizma Theron

Ek gaan ‘n paar shows in en om die Hartenbos-omgewing doen, en om nie te veel te reis nie het ek vir my en ‘n paar vriendinne by Diaz-strand ‘n huisie gekry om vir so twee weke te lê en ontspan (en aan ons tan te werk).

My lekkerste en ideale Kersfees is om, maak nie saak waar dit is nie, by my ouers te wees, maar dit is maar altyd moeilik met so baie vertonings in dié tyd. Ek sien tog baie uit daarna om Kersfees en Nuwejaar saam met my vriende (family away from home) te spandeer.

Daar gaan definitief ‘n Kersboom wees en ons almal gaan vir mekaar geskenke koop, maar ons het afgespreek om te kyk hoe kreatief elkeen kan wees, so niemand se geskenk mag bo R20 kos nie. Ons almal gaan net lekker eet, lekker lag en lekker rus.

 

Cindy Nell-Roberts Cindy Nell

Die jaar neem my man my na ‘n vyfster-oord in Mauritius (ons is mal oor die plek) vir ‘n week so net voor Kersfees. Daar wil ek net op die strand lê en rus, cocktails drink en swem in die lekker warm see.

Ons is twee dae voor Kersfees terug en gaan dan na ons plaas in die Natalse Middelande, Nottingham Road, waar ons familie by ons sal aansluit.

Ons sien uit na ‘n familie-Kersfees. Oukersdag is gewoonlik ‘n gewerskaf in die kombuis terwyl die manne buite bocha speel en braai. Kersoggend eet ons ‘n ligte, heerlike ontbyt terwyl ons geskenke uitruil. En die middag is ons Kersete en dit hou die hele dag aan@

Dan spandeer ons net lekker rustyd saam en speel speletjies, ons is mal oor ‘n vol huis, met honde en kinders en ouers en chaos.

Ons maak die hele huis op met liggies en feestelike versierings, en al die vroue maak beurte om te kook en maak hulle spesialiteitsdisse.

En waar beter as langs die rivier onder die groot bome saam met die hele familie?

Christi en Nico Panagio

Christi Panagio

My sussie en haar kinders het hierdie jaar voor Kersfees kom kuier, so ons het lekker familietyd saam gehad. Maar vir Kersfees dié jaar gaan ons alle tradisies verbreek. Waar ons gewoonlik saam met familie is, gaan ‘n klomp van ons vriende die jaar oorkom na ons huis toe, en ons gaan ‘n kalkoen aandurf…

Ons was drie keer in die jaar wat verby is oorsee, so ons gaan hierdie vakansie net by die huis bly en die Kaap geniet!

Sonja Herholdt

Sonja Herholdt

Die afgelope 13 jaar was dit maar moeilik omdat ons as gesin maar die gebrokenheid van ‘n egskeiding beleef. Die een Kersfees moet die kinders by my wees en die volgende Kersfees by hul pa.

Daarmee saam beleef ons dan dalk die realitieit van hoekom Jesus moes sterf vir ‘n gebroke wêreld… en besef mens met empatie hoekom Kersfeestyd vir baie mense nie feestyd is nie, maar wel ‘n eensame tyd.

Ek het ook die eerste paar jare van my “weer oorbegin” gewerk en getoer oor dié tyd. So daar is maar min tradisie as ‘n gesin. Ek sit wel Kersliggies aan en maak ‘n Kersboom op en vier só die Gees van Kersfees. Gelukkig weet ek en die kinders dat die Vrede en die Vreugde van Jesus ons nog deur elke Kerstyd gedra het… en dit is waaroor Kersfees vir ons gaan.

Geseënde Kersfees en mag 2011 vir ons almal werklik die seën en “Persoon” van die Here inhou.

Isabella Niehaus

Isabella Niehaus, sarie.com-blogger

Die Kersvakansie herinner my altyd aan ons heel eerste slaap in die huis hier op die Duin. Sewe jaar terug se 24ste Desember het ons die lekkerte van hier bly, ontdek, en dit bly vir my ‘n wonderlike tyd van die jaar hier. Daar’s mense van oraloor. Die winkeltjies gons en die strand is ‘n ongoing movie set om na te kyk! Ek wil nêrens anders wees nie. Vroegoggend se lekker stap en swem… en dan sommer heeldag in jou costume en sarong met lang glase outydse lime cordial en soda, en ‘n boek in die hand op die dek! Dis die tyd van die jaar wanneer jou voete daai lekker gesonde sonbruin kleur kry… wanneer jy heeltyd kaalvoet loop en jou hare ‘n sunbleached look kry. Dis wanneer pelle onverwags inval en daar altyd ‘n krefie en pot mossels is om vinnig iets aan mekaar te slaan. Oral lê plakkies met seesand op, wet suits en kite-borde. En die malva onder die buitestort floreer van al die water!

Kersdag is ek en Taro dikwels alleen. Ek bederf hom in die oggend met gebakte eiers en cheese grillers of ‘n lekker bord vars gebakte pannekoek. Ons twee is nie groot op geskenke nie. Vir jare het ek dik vet kerse gekry tot hy op ‘n dag aangekondig het: Nooit weer koop ek vir Mamma ‘n kers nie! Toe besluit ons, nie meer geskenke nie!

Ons Kersboom is ‘n beautiful tolbos met ‘n ragfyn strikkie (is mos darem die strikkie queen) hier en daar en my geskenk is om my kind by my te hê!

Oukersaand braai die jongklomp altyd iewers en Kersdag dié jaar is ek en Taro deel van ouma Lolita Hanekom van Moorreesburg se Kerstafel by Friday Island hier in Langebaan. Die afgelope twee jaar het Ouma, Pauline, Malita en Marinda en hul mans en die jongklomp soos familie vir my en Taro geword. Ons mis nooit enige van die family-kuiers nie….so Kersdag sal onthou word as ‘n hoogtepunt van 2010… en die eerste Kersfees in 10 jaar wat ons om ‘n groot familietafel gaan sit! Aan almal: Happy, happy Krismis! En mag 2011 ‘n blessed jaar wees.

Tanya O&aposConnor

Tanya O’Connor, sarie.com-blogger

Die vakansie gaan ek self kreef uitduik! Ek gaan dit self, langs die see, in soutwater kook, ‘n vuurtjie maak en kuier saam met my man en my seuntjie. Rory gaan op ‘n reisdeken lê en saam met sy ma en pa die buite-wees geniet.

Daar sal ‘n ekstra plek wees hierdie Kersfees, met ‘n bottel gedek en daarby sal ‘n vier maande oue liefling sit in ‘n rooi pakkie wat sê, “I Love Father Christmas!” My grootste Krismisgeskenk is dié van liefde, vrede en koestering van my klein familie en spesiale vriende. Elke dag word ek belaai met die geskenk van lewe en van leef.

  • Zelda

    Cindy moet darem net se dat hulle na ‘n "vyfster" hotel gaan…..

  • Charmain Horn

    ek hou niks van haar nie, hoekom is dit belangrik dat ons weet hulle gaan in ‘n 5 ster hotel bly?

  • marcelle

    Snaaks dat hulle altyd net vir die celebs vra wat hulle doen? Wat van die gewone man opstraat?

  • Susan

    Geld kan maar net nie styl koop nie Cindy! Vyfster nogal en julle vlieg seker ‘Firstclass’ ne? Ai tog, al dra ‘n aap ‘n goue ring…….

  • nicky

    Sjoe dames maar julle is darem n jaloerse nare klomp goed SIES MAN! Cindy is n pragtige mens gun haar, haar skoonheid, baie geld en lekker lewe.
    Dis nie haar skuld julle is so eenvoudig nie

  • sina labuschagne

    dis nou as niet tot iets kom, dieselfde met minky gebeur, hoop net cindy se huwelik hou langer as haar man sy beursie begin toe maak

  • Neels

    Kersfees is vir ons as Kapenaars sinoniem met seelug , goeie vriende en familie om hierdie wille jaar mee af te sluit. Aan almal n Geseende Kerstyd en n Voorspoedige 2011 toegewens!

  • Herman

    Die gewone man op straat moet maar jan tuisbly se karretjie ry en geskenke nie bo R20 uitruil en dan praat ons nie eers van die karige Kersete nie. Maar wat dalk die heel belangrikste vir my is en dalk die heel kosbaarste geskenk wat ek ooit kon kry, is dat nog `n Christusfees saam met my gesin moontlik is en dat ek dankbaar is vir wat ek het, al is dit `n R20-geskenk en karige Kersete, want dit was ampertjies nie so gewees vroeer hierdie jaar nie.

  • Henriette

    Ag gun die "Celebs" hul Vyster Hotel asook die Plaas in Natal Midlands en dan natuurlik die vele vakansies oorsee Christi…… dit hou nie vir altyd nie. Tanya is my soort mens – sy gaan haar eie kreef uitduik. ‘n Christusfees gaan nie oorsese vakansies nie maar om ‘n lekker gesellige dag saam met jou geliefde deur te bring. Dink aan die wat nie eers ‘n Kers maaltyd kan bekostig nie wanneer julle in weelde oorsee gaan vakansie hou.

  • At Fourie

    Mooi so Sonja jy is die enigste "celeb" wat weet waar oor Kersfees rerig gaan.

  • Marlize

    Ja Herman dit gaan mos nie oor wat jy gee en ontvang nie dit gaan oor die geboorte van ons Verlosser. Wil net by my familie wees, dis al wat tel.

  • Ron

    stem saam met Zelda en sina sê jy gaan op vakansie waarheen ook al, maar asb los die 5;6 ster uit, dit is nie die vraag gewees nie

  • Desiree

    Altyd net dieselde mense word jaar na jaar gevra wat hulle gaan doen

  • marcelle

    Nicky ek weet nie wat jy met eenvoudig bedoel nie,want om nie geld te hê nie,beteken nie jy is eenvoudig nie,daar is arm mense wat ek ken wat kop bo water uitstaan bo baie van die celebs Lw ek ken ‘n hele aantal Celebs
    weet waarvan ek praat.Herman tien uit tien vir jou

  • marcelle

    Nicky ek weet nie wat jy met eenvoudig bedoel nie,want om nie geld te hê nie,beteken nie jy is eenvoudig nie,daar is arm mense wat ek ken wat kop bo water uitstaan bo baie van die celebs Lw ek ken ‘n hele aantal Celebs
    weet waarvan ek praat.Herman tien uit tien vir jou

  • Venter

    Cindy, ‘Susan’ en al die ander met negaiewe kommentaar is sommer net suur druiwe en lekker jaloers op jou vakansie. ‘Snaaks dat hulle net altyd vir die celebs vra wat hulle doen’!!!!! Hoekom lees jy dit dan as dit nie vir jou saakmaak nie. Cindy, ek ken jou nie maar ek gun jou Maurituis en 1ste klas vlieg en nog baie meer. Hoop jy en jou man geniet dit verskriklik!!!!!!

  • Annie

    Ek stem saam, dit is regtig nie nodig om te vertel van die 5-ster hotel, ens nie. Dit het niks met jaloesie te doen nie. Wonder wanneer gaan "Jantjie" oor haar egskeiding kom. Dit is nou pateties! Mag almal hulle wonderlike vakansies geniet. Aan die wat nie die luuksheid kan ervaar nie, maak elke dag spesiaal. Geld kan in elk geval nie liefde en geluk koop nie. Zelda, geniet jou kreef vang. Dit klink vir my soos ‘n ware familie fees! Mense wat minder het as ander is beslis nie eenvoudig nie. Ek vermy my ‘blink’ familie wat oor hulle eerste klas, 5-ster, ens,spog en al waaroor hulle kan praat is geld, geld, geld, geld. My ‘blink’ is liefde, mededeelsaamheid en verdraagsaamheid. My oorlede Ouma wat die Ma is van my ‘blink’ familie, en self welaf maar nederig was, het my geleer om nederig te wees maar ook om om te gee vir die wat minder het. Hulle is beslis nie eenvoudig nie. Ek het nie nodig om te spog waar ek heengaan nie – dit is ook mooi en ek moet ook daarna vlieg, maar dit is regtig nie nodig om te spog nie. Ek het nog nooit gesien ‘n graf word met rykdom bestrooi nie. As tot As – niks wat blink is nie.

  • Mathilda

    Jinne maar die mense kan uithak. Gun die mense hulle vakansies en als…. Hulle het hard gewerk vir wat hulle het.

  • Suzette

    Mag hulle almal lekker Kersfees hou, ek hou die meeste van Elizma Theron se Kersfees, dood gewoon en geniet die sand en die see van Mosselbaai, nouja Cindy ek gun jou ook al daardie 5-sterre en dit kan seker maar vervelig raak as mens net aan die beste gewoond is, die lewe se lekkerte le in die klein dingetjies, so ek hou my Kersfees by die see in my 5ster huis, met my eie Gammon en souttong en hoenderpastei en triffel op die tafel-Kersfees en dank die Vader vir nog ‘n jaar dat hy ons as gesin wat versprei is oor die wereld veilig bewaar het, GESEENDE KERSFEES AAN ALMAL.

  • Nicolene Lübbert

    Cindy – Cindy – Cindy – regtig gedink dat jy bietjie meer klas het as om die 5ster aan te haal. Was self in Mauritius – baie lekker plek om te gaan – en beplan om weer te gaan – Aan amal wat by die huis is soos ekke – Geseënde Christus Fees – en mag al jul Drome vir 2011 waar word.

  • http://www.sarie.com/lees/artikels/wat-maak-ons-bekendes-die-kersvakansie Cascade

    Ai, Ai Ai julle Suid Afrikaners ne julle lekke jelous…., As jy hard werk in lewe en dit kom na jou toe hoekom dit dan nie geniet nie …..
    Cindy jys stunning mens en ekke dink jy weet net hoe om die jaloerse mense se comments te hanteer "soos eend op water se rug" Geniet Dit….

  • Michelle

    At Fourie, Sarie het gevra wat dien die celebs die Kersfees. Nie wat is Kersfees nie. Aan al die jaloerse mense, gun die celebs dit wat hul het, hul werk hard daarvoor… Die wat nie so suksesvol is nie, werk daaraan. Hê ‘n wonderlike Geseënde Kerstyd en geniet die kosbare tyd saam famielie en geliefdes.

  • Eli

    Wat is fout met die mense? So what as Cindy na n 5ster hotel toe gaan en so what oor die vele oorsese reise? Hou op jaloers wees en gun ander hul geluk! Kersfees is vir verskillende mense op verskillende maniere spesiaal en die mense wat so baie moan wys net vir almal hoe oppervlakkig hulle werklik is!

  • http://www.generatorspecialist.co.za Chris

    mag almal, alle Christene en die wat Jesus wil ken en aanneem as hul verlosser, die Kerstyd en die jaar daarop net geniet en waardeer, wat het geword van nederigheid? kom nou mede Suid Afrikaners, kom ons hou op neul en gun almal n plekkie / krieseltjie geluk!

    Chris Coetzee
    Vanuit Mariental, Namibia

  • Andre

    Cindy se vakansie in Mauritius kos glad nie so baie as wat die meeste mense dink nie. Inteendeel, dit is nie net vir ‘n uitgesoekte klompie beskikbaar nie. Doen gerus die moeite en vind by ‘n reisagentskap uit wat dit sal kos. Wie weet, dalk is jy volgende Kersfees dalk self daar.

  • Chantilly

    Party van ons het miljoene, ander het net sente. Vir elkeen is dit hul voorreg om dit te spandeer soos hulle wil en goeddink. Self het ek nie eers duisende nie, maar ek het die liefde van ‘n wonderlike familie en pragtige seuntjie wat opmaak vir die tekort aan geld. Vir my is oral waar ek gaan vyfster, solank my familie saam met my daar is. En as ek miljoene gehad het en ‘n celeb was, sou ek ook gesê het ek gaan na ‘n vyfster plek in Mauritius, vlieg Eersteklas, gaan met my ontwerper bikini op die strand lê en peperduur kos eet en cocktails drink. Ten minste lieg sy nie daaroor nie. Gun ander dit wat hul het en fokus op al jou eie seeninge.

  • Chantilly

    @ Andre: Juistement, as jy ‘n hele reispakket koop, is dit partykeer nie eers so duur soos ‘n plaaslike vakansie nie!

  • Christelle van Staden

    Geloof, hoop en liefde – laat ons almal hierdie 3 belangrike dinge onthou. Nie net nou in die kersgety nie – ALTYD!

  • http://lalnqvscdaqx.com/ okexyxxxdnm

    jGZl08 ifzzgvldbilz, [url=http://cwygczkgccsb.com/]cwygczkgccsb[/url], [link=http://qfcoeuibfbud.com/]qfcoeuibfbud[/link], http://qpslyakohkxw.com/

  • hilcyt

    KmH4Uu znmlfrgdkxlu, [url=http://zfyorvrmvpgk.com/]zfyorvrmvpgk[/url], [link=http://clezjiigmddn.com/]clezjiigmddn[/link], http://bnwqscijkvyb.com/