Ons praat met

Gratis Piet Grobler-sketse saam met jou nuwe SARIE – só maak jy

SARIE-stilis Danny Toüa sê die hele idee van die sketse is om dit vir jouself te hou, maar ook om afskrifte te maak en dit met jou vriende te deel.

Danny wys 4 maniere hoe jy die sketse kan gebruik

Raam 1. Sit dié sketse in ‘n mooi raam en skep ‘n fokushoek in jou huis.
Servet

Maak ‘n katoen-servet

  • Neem ‘n katoenservet
  • Stryk dit plat en knip die afgerolde skets uit
  • Verf die hele skets met Picture Perfect op die gekleurde kant
  • Draai die nat skets om en plaas versigtig op die servet, rol al die lug-borreltjies uit
  • Laat dit oornag droogword
  • Neem ‘n spons en maak die skets heeltemal nat
  • Vryf die papier met die punt van jou vinger todat al die papier af is en die skets sigbaar is.
  • Laat dit droogword en verf dan ‘n laaste lagie van die Picture Perfect op die skets.
Geskenkboks

Maak ‘n trougeskenk-boksie

As jy ‘n troue moet bywoon en jy dink daaraan om vir die getroude paartjie ‘n geskenkbewys te gee. Rol die trouskets af en trek die boksie-deksel daarmee oor. Plaas die geskenkbewys daarin en versier die boksie met ‘n mooi lint.

Bottel wyn Versier ‘n bottel wyn

Knip die afgerolde skets uit met ‘n kuns-skêr en vou dit om ‘n bottel wyn met ‘n stukkie growwe tou. Vat dit dan saam as ‘n geskenk wanneer jy vir ete genooi word, of gee dit sommer ‘n geskenk vir iemand

Hier is die vier verskillende sketse wat jy kan versamel:

Piet Grobler Skets Piet Grobler Skets
Skets 1 Skets 2
Piet Grobler Skets
Skets 3 Skets 4
  • Hannelie Berrange

    Ek is mal hieroor! Dankie tog vir kleur-fotostaatmasjiene! Anders moes ek nog 10 Saries gaan koop! Baie dankie! x

  • Elsie van Huyssteen

    Baie dankie vir die onverwagse pragtige sketse – hou baie daarvan en gaan dit beslis raam en ophang waar al my kuiergaste dit kan sien!

  • Arina Malherbe

    Arina Malherbe
    Die sketse het gemaak dat ek Sarie koop, dis so pragtig, ek hou baie ban sy werk! Hierdie gaan beslis in my huis ook opgehang word. Baie dankie om so ‘n mooi iets gratis by ‘n lieflike tydskrif te kry.

  • Martha Kruger

    As Sarie-intekenaar was ek aangenaam verras toe ek sien dat ek sommer al vier sketse met een slag ontvang het. Met Kersfees om die draai gaan ek beslis afskrifte daarvan saam met elke vroue-geskenkie gee, dis so mooi ek kan dit nie net vir myself hou nie – ek moét dit met ander deel! Dankie Sarie.

  • Anna-Marie Oosthuizen

    Baie mooi baie dankie. Dis so "skoon" die kleur, die lyne. Ek gaan myne op canvas vergroot en print en dan raam.

  • Liezl van Rooyen

    Moet ‘n mens vier Oktober-tydskrifte koop om die al die sketse te kry?

  • lxp8lD jmxhmcieprkg, [url=http://zipgvoqqocch.com/]zipgvoqqocch[/url], [link=http://bzljcumsbegz.com/]bzljcumsbegz[/link], http://ulgqtrknfalx.com/

  • JCJN

    Goeie dag!

    Help ASB

    Hoe gemaak om vand die sketse te bekom as jy dit misgeloop het, kan ek erens bestel?