FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Ons praat met

Wat sê jou hare? Bekendes en finaliste vertel

Of dit nou steil of krullerig is, lank of kort, jou hare ‘praat’. Maak seker jy hou van die boodskap wat dit uitstuur!

Die inligting kom uit die artikel “Taal van jou hare” in ons Oktober-uitgawe. Lees in die uitgawe wat die kenners sê oor die boodskap wat jou hare uitstuur – nog voordat jy jou mond oopmaak.

oktober 2015 okt carlize earle voorbladgesig

Hané van Schalkwyk

SARIE Voorbladgesig-finalis

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Dis wie ek is, deel van hoe ek myself uitdruk. In graad 2 het ek besluit ek wil my kort hare laat groei, en dis nou nog lank. Dis lekker dik en ek dra dit net so, met natuurlike kartels.

Kim Cloete

Tans in Binnelanders en mede-aanbieder van die leefstylprogram VeranderDinge op kykNET, oor haar nuwe, kort kapsel

FOTO: kykNET / Vernondo Boshoff Photography

FOTO: kykNET / Vernondo Boshoff Photography

Vir my was dit die afgooi van iets, ’n deel van myself. Ek was midde-in ’n groot oorgang en dit was die maklikste manier om dit uiterlik te demonstreer. Dit was nie bewustelik nie, heel instinktief, maar so bevrydend.

Carla Spiller

SARIE Voorbladgesig-finalis en trotse rooikop

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Op skool het kinders ’n keer ballonne vol water op my kop gegooi om ‘die vlamme te blus’.

Shaleen Surtie-Richards

In Siener in die suburbs op Aardklop (6 – 10 Oktober op Potchefstroom)

FOTO: Willem Lourens

FOTO: Willem Lourens

Ek’t mos extensions in. Ek’s mal daaroor, ek’t nooit ’n bad hair day nie. As jou hare nie reg is nie, gaan jy ook nie wees nie, al is jy só grênd uitgevat. Ek was mos byna ’n miljoen jaar in Egoli en Nenna se hare moes ’n sekere manier lyk. Ek kon dit nie afsny of laat groei as die gier my pak nie. Nou is ek baas van my eie plaas

Angelique Fouché

SARIE Voorbladgesig-finalis

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Jou hare is die eerste wat mense van jou sien; dis jou vere, dis wat jy dra! Jy kan aan ’n vrou se hare sien of sy na haarself omsien.

Michelle Greyvensteyn

SARIE Voorbladgesig-finalis

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Moderne grys hare? Ek sal in ’n oomblik myne grys kleur. Ek’s mal daaroor. Eendag as my hare korter is.

Portia Moemedi

SARIE Voorbladgesig-finalis

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Ek het nooit vir die ‘reguit hare’- voorkoms geval nie. Ek is trots op wie ek is en gaan nie verander ter wille van stereotipiese idees oor skoonheid nie.