Ons praat met

Willem Botha: Sanger, TV-aanbieder, akteur, en nou ook fotograaf!

Tien jaar gelede het  ʼn jong en ambisieuse Willem Botha besluit om deel te neem aan die eerste Afrikaanse Idols op kykNET. Hoewel hy die naaswenner was, het hy  ʼn week later ʼn platekontrak losgeslaan. Nog ’n jaar later het sy eerste CD verskyn. ’n Huisgenoot-Tempo-toekenning vir beste nuweling en ’n Suid-Afrikaanse Musiektoekenning-benoeming (Sama) vir beste Afrikaanse dans-album het gevolg.

Sy loopbaan as sanger was goed op dreef. Sy rol as Bobby van Jaarsveld se beste pêl in die fliek Liefling het Willem laat besef hy kan meer doen as net sing. Liefling was vir lank die nommereen-lokettreffer in SA en die liedjie wat Willem gesing het, Anton Goosen se treffer “Katryn-Katryntjie”, was een van die gunstelinge op die klankbaan. Daarna het hy baie TV- en verhoogwerk gedoen. 

IMG_1063

FOTO WiB Creations

Intussen het Willem ook in ’n kranige fotograaf ontwikkel. “Ek was van kleintyd af lief daarvoor om foto’s te neem en het altyd die diere op ons plaas, naby Riversdal, afgeneem. Ek het later sommer van my universiteitspêlle begin afneem en die foto’s op Facebook geplaas. Die sanger Jay het my werk raakgesien en my genader om publisiteitsfoto’s van hom te neem.”

Jay FOTO Willem Botha

Jay
FOTO WiB Creations

Toe dié foto’s die ronde begin doen, het al hoe meer bekendes vir Willem gevra om ook hul publisiteitsfoto’s te neem. Hy het selfs al portefeuljefoto’s geneem vir Talent Etc, een van die gesogste plaaslike akteursagentskappe. Met geen opleiding en min professionele ervaring het hy die werk losgeslaan om Sorina Erasmus, bekend as die Flooze, se foto’s vir een van haar CD’s te neem. Willem het sommer ook self die hare en grimering vir dié fotosessie gedoen. “Alles wat ek weet, het ek ge-YouTube. Ek het voor daai shoot met Sorina gaan kyk hoe die grimering gedoen moet word en haar eie grimering gebruik.”

Sorina Erasmus FOTO Willem Botha

Sorina Erasmus
FOTO WiB Creations

Nou doen hy gereeld self die hare en grimering op sy fotosessies. Bekendes soos Franci Swanepoel en Simoné Nortmann het hom nou ook genader om hul publisiteitsfoto’s te neem. 

Franci Swanepoel FOTO Willem Botha

Franci Swanepoel
FOTO WiB Creations

Blaai deur die galery vir nóg foto’s wat Willem geneem het

Robbie Kruse

Marlee van der Merwe

Leah

Lees nou 

Prins Harry se Meghan Markle: 5 goed

Mathys en SARIE-voorbladfinalis saam op TV

Kendall Jenner se DIY-masker