Ons praat met

Willem Botha ontmoet vir Adam Lambert

1. Was jy nog altyd ‘n aanhanger van Adam Lambert?
Ja, ek dink hy het kop-en-skouers uitgestaan in sy jaar van American Idol. Ek hou altyd van iemand met n ongelooflike vocal. 

2. Beskryf die eerste minuut van jul ontmoeting?
Dit het als so vinnig gebeur. Ek en Adam is albei by dieselfde platemaatskappy geteken en die besturende direkteur het my aan hom voorgestel. Ons het dadelik sommer net begin gesels. Hy’t my uitgevra oor my tipe musiek. En oor my Afrikaans.

3. Wat was vir jou die verrassendste ding van Adam?
Hoe lank en maer hy is. Haha! Mens kry altyd ‘n sekere beeld as jy iemand op TV sien en is dan baie verbaas as jy hulle in lewende lywe sien. Hy’s baie plat op die aarde.

4. Wat sê jy van Adam se stilering en grimering?
Ek dink mens is al so gewoond daaraan dat hy altyd make-up dra, dat dit sou ‘n skok wees om hom sonder dit te sien. Net soos dit sal wees om vir Lady Gaga of Kiss in normale klere te sien…

5. As jy ‘n liedjie saam met hom kon sing, watter een sou dit wees?
Sjoe, dis moeilik. Hy’t ongelooflike songs. “Sleepwalker” is een van my gunstelinge.

6. Jy sê dit was op jou bucket list om ‘n internasionale ster te ontmoet. Wat’s nog daarop?
Ek sal graag saam met ‘n groot internasionale kunstenaar wil werk, sing, toneelspel of wie weet? Ek glo as ek hard genoeg werk, sal dit nog gebeur.

  • olga

    Ek is gek oor Adam Lambert. Hy mag maar sing!!!!!

  • Petro Scheun

    Willem ek stem…ek kon iets oorkom toe Adam nie die American Idols wen nie…
    hy het ongelooflikte talent…
    jy was omtrent bevoorreg
    en mind you…hy OOK

  • Suzette

    Aggenee, asseblief hy dink teveel van homself, het sommer ‘n gly gekry in sy attitude op Ontbytsake toe Dawie met hom gesels het, nee dankie, maar hy moet biejie terug kom aarde toe en dan kan hy nie eens mooi sing nie.