Ons praat met

Zanne Stapelberg . . . Die fliek wat my insig gegee het

Dit gaan oor ’n Joods-Italiaanse gesin in ’n Nazi-konsentrasiekamp. Die 4-jarige Giosué se pa, Guido (Roberto Benigni, in middel op foto regs bo), beskerm hom teen die harde werklikheid van oorlog deur te maak of als net ’n speletjie is.

Daar is soveel teerheid en humor dat jy ingetrek word by hul fantasiewêreld, wat die ontknoping soveel meer aangrypend maak. Die oneindige liefde van ’n ouer vir ’n kind, en die onstuitbaarheid van sy pogings om sy kind se onskuld en sin vir bewondering te bewaar, is betowerend.

WATTER FLIEK HET JOU DIE MEESTE GERAAK?

  • Issabella lotterie

    Dit was n baie mooi fliek ek is baie lief vir kinders en dit het diep in my hart gevat omdat hy die seuntjie op die manier wou beskerm teen die harde werklikheid.

  • Carina

    Ek wou eers nie die fliek kyk nie omdat dit nie in engels is nie, (was nie regtig lus om onderskrifte te lees nie) maar omdat dit oor die Nazi tydperk gaan het ek tog besluit om te kyk. Ek was diep diep geraak deur hierdie storie, veral op die einde toe die seuntjie gedink het hulle het gewen. Ek het my oë uitgehuil, dit was die mooiste en hartseerste fliek wat ek nog gesien het. Dit is beslis nie ‘n fliek wat mens sommer sal vergeet nie.