Ons praat met

Zuraida Jardine terug op TV, sy gesels met sarie.com

Waar pret is, kry jy Zuraida Jardine Lindberg, of sy nou haar hart uitdans op Strictly Come Dancing en Big Brother 2 (SABC2), waarvan sy die eerste seisoen gewen het, of as aanbieder van (tweede seisoen) op M-Net.

Sy en haar man, Josh, het Amerika verlede jaar deurkruis. Nou is sy binnekort weer op TV, in ‘n program wat heel gepas Life’s a Journey heet. Dit kon haar motto gewees het.

Vertel meer van Life’s a Journey, wat op 7 April op SABC3 begin.
Die tyd is perfek daarvoor. Die lewe is so vol stres en gejaag. Ons het almal ‘n storie, almal het bagasie. Hoe lewe ons daarmee saam? Dié program gaan jou die werktuie gee om meer gebalanseerd te leef. Dit gaan jou weekliks herinner dat jy gebalanseerd móét leef.

Jou en Josh se babadogter, Zaria, is in Julie verlede jaar in Los Angeles gebore.
Ja, sy is nou 7 maande. Sy kruip en staan teen alles op. Soos alle Leo’s weet sy wat sy wil hê! Ek het my ma, Lamees Jardine, verloor terwyl ek Zaria verwag het. Sy het ‘n beroerte gehad. Ek sien my ma elke dag in haar.

Jul gesigte was gereeld op tydskrifte se sosiale blaaie. Het die kleinding jul leefwyse verander?
Ons is albei in die vermaaklikheidsbedryf. As ons die dag afvat, wil ons nie partytjie hou nie. Dis werk! Maar ja, jy moet dinge stadiger vat as jy ‘n baba het. Ek kan nie nou net ‘n rok aanglip, lipstiffie aansit en

Het jy ‘n gesondwees-wenk vir SARIE-lesers?

Daar is iets in Kaapstad wat met my praat. Elke keer wat ek daar kom, voel ek ‘n verskuiwing van energie in my liggaam. Dis omdat die plek omring is deur die natuur, ‘n natuur-kapsule. Ek en Josh oorweeg dit om ons daar te vestig. My wenk: Kom so dikwels as wat jy kan in die natuur. Dit werk vir my en my gesin. Jy word dan stil, en dis só noodsaaklik vir jou wellbeing.

daar gaan ek nie. Ek borsvoed haar nog, boonop. Maar dit was ons keuse om haar te hê. En sy is ‘n blessing! Dis ‘n vreugde om saam met haar by die huis te wees. Josh is ook ‘n hands-on pa. As ek iewers moet gaan, versorg hy haar. My sussie, Nasheeta, en skoonma (die sangeres Dawn Lindberg), help ook. Zaria is so vriendelik, sy sal ‘n naweek by jou ook bly!

Het julle gekry wat julle in Amerika gaan soek het?
Dit was bloot ‘n avontuur, ons het nie geëmmigreer nie. Aangesien ons albei groenkaarte het, kan ons daar werk. Ons het net ons huis in Parkhurst, Johannesburg, verhuur. Mense vra ons wat het ons die meeste gemis. Maar ons was feitlik elke vier maande in SA, dit het nooit regtig gevoel of ons weg was nie. Ons sal SA nooit permanent verlaat nie – ons wortels, ons familie is hier. Maar ons is kinders van die heelal, ons wil dinge ontdek en beleef. As ons dus oor 5 jaar besluit om Spanje toe te gaan, hoekom nie? Maar ons sal altyd weer terugkom.

En was dit ‘n belewenis?
Mense vertel jou nooit hoe mooi die natuur daar is nie. Ons het per motor van die oos- na die weskus toe gery. Elke staat voel soos ‘n ander land: Die mense, hul leefwyse, verskil so baie. Ons het goeie vriende gemaak. Interessant, ons het dikwels in Los Angels Afrikaans met mekaar gepraat. (Ons is albei Engelssprekend). Ons het die eerste keer besef jy kan jouself op die rug klop as jy twee tale magtig is. Ek het Frans probeer leer, maar dis so moeilik!

Ander planne?
Ek wil soveel tyd moontlik met Zaria deurbring. Ek gaan ook binnekort produkte bekend stel vir vroue om ná hul swangerskap te gebruik. Maar die media sal altyd my eerste liefde bly. En ja, ons wil nog kinders hê. As ek vandag swanger word, sal ek gelukkig wees.

  • MARIE-LOUISE SCOTT

    CONGRATS AAN JULLE MEt DIE SEUNTJIE. EK GLO OUMA EN OUPA LINDBERG IS IN HULLE SKIK.