12 lewenslesse wat Amor vanjaar geleer het

Deur Marie Opperman, SARIE - Desember 2009

12 lewenslesse wat Amor vanjaar geleer het Foto’s: Clinton Lubbe Galery

In Desember 2009 is Amor en Joost sewe jaar getroud. Sy deel die 12 lewenslesse wat sy in dié moeilike jaar geleer het

1.  Luister na jouself, na jou binnestemmetjie. Trust your gut.

2.  Visualiseer altyd 'n wit lig rondom jou. Dit hou negatiwiteit uit en breek negatiewe patrone.

3.  Moenie almal vertrou nie. Maak seker wie jou vriende is.

4.  Moenie alle media vertrou nie.

5.  "Doen wat jy weet reg is." Ek het onlangs vir my 'n wit kers gekoop met dié Indiaanse wysheid op.

6.  Slaap baie, anders kan jy nie gesond wees nie.

7.  Wees altyd eerlik met jou kinders. Hulle is sulke sterk, sensitiewe, spirituele wesens dat hulle weet wat om hulle gebeur.

8.  Doen wat goed is vir jouself. As jy gebroke is, kan jy nie 'n goeie ma vir jou kind wees nie.

9.  Ek moet my werklewe en my persoonlike lewe van mekaar skei.

10. Huil as jy moet. Skree as jy moet. Maak jou kamerdeur toe en gee uiting aan jou gevoelens.

11. Vroue staan saam as ons sleg behandel word.

12. Let op na die tekens wat die heelal vir jou gee, soos drome, liedjies oor die radio, skoenlappers . . .

Verwante artikels

Kommentaar

  • Amor jy doen die regte ding om hom uit te jaag. Hy is jou nie werd nie. Hoe sou hy gevoel het as dit jy was wat rondgeloop het. Gaan aan met jou lewe as ma, sangeres, jy is tog suksesvol en kry baie ondersteuning van die publiek. Sterkte

    26ste Mei. 2010, 08:53
  • Amor , los hom uit . Waar daar altyd drank te sprake is , is die duiwel altyd teenwoordig , terloops as n hond die heining eenkeer oorgespring het , sal hy dit aanhou doen . Die man het jou naam so goedkoop gemaak . Dit wys jou net wat hy van jou en julle kinders gedink het . Asoluut geen respek . Hy klink wel spuit , maar nouja , soos hulle se spuit kom altyd te laat . Kan n man rerig so dom wees ! Glo my vorentoe sal dit net beter met jou gaan.

    23ste Mei. 2010, 10:46
  • Ek daag mense wat wel dit laat werk het uit om deel te neem aan hierdie debat,ek glo alles is moontlik!!!

    14de Mei. 2010, 08:56
  • As ek van die kommentaar hierbo lees wonder ek hoe sommige van die mans vrouens gekry het en of hul steeds by hulle is, sies tog, wat is hul nou beter as enige iemand anders. Of jul nou sulke snedige aanmerkings maak en of jul nou egbreek pleeg, lieg, bedrog pleeg dit maak geen verskil nie, besef jul nie dat daar nie groot en klein sondetjies is nie?? Word wakker en konsentreer op jul self want uit jul kommentaar kan mens agterkom jul moet baie skaafwerk doen. Amor, ek dink jy is iemand met baie durf, niemand kan vingers nou jou wys nie en wees trots op jouself dat jy alles in jou vermoe doen om van 'n slegte saak die beste te doen wat jy moontlik kan. Daar is baie van ons wat by jou kan leer, vergeet van die mense en konsentreer jy net op jou eie geluk. Milly

    30ste Mar. 2010, 15:09
  • Sy lyk pragtig moenie fout soek nie. Amor, vergewe die mense wat so oordeel. Ga lees jul bybel.Jooste en Amor volg julle harte en kom bo uit. almal maak foute. Ander steek net hul foute weg.Ek bid vir spoedige LIEFDE en GELUK.. Delete alle negatiewe boodskappe, moenie eers lees nie.Dis suur druiwe.

    8ste Feb. 2010, 23:17
  • Sy lyk nie lekker op daai foto nie...

    16de Des. 2009, 10:41
  • wanneer jy vrou of man wil vat,soek eers die wil Van God,voor jy so n besluit maak,jy kan nie net trou om dat jy weet dis die een vir jou nie,amor wa val jy uit met jou kersie goed,is jy nou n katoliek?wat het jy nou met die iniaane uit te waai?en watse wit lig praat jy van?is jy nou met new age betroke,want die boodskap wat jy uit dra,is werklik nie vir my BYBELS nie,dit werk seker vir jou?maar ek kan nie sulke goed vat nie,sonder jou af vas en bid asb.soek die Here se wil vir jou lewe;

    16de Des. 2009, 09:25
  • Hierdie mense wat so gal braak aangaande Joost en Amor, kyk vir julself in die spieel en se ek het nog nooit iets verkeerd gedoen nie,Julle lieg dan, want niemand is sonder sondes nie, so hou op nonsens praat.Sterkte Joost en Amor julle is pragtig!!!!

    14de Des. 2009, 15:03
  • Hi Amor ek het nou nie almal se stories gelees maar ja weet jy, jy en Joost is in my oë 'n stunning cupple en ja net Geloof en Vergifnis kan jul huwelik laat werk, ek persoonlik ding al die vrouens wat so na vore kom en sê Joost het met hul 'n verhouding gehad en so ook met Steve Hofmeyer ek is nie een van sy fans maar wil net aan die vrouens 'n punt bewys "it takes two to tango" ek sal my oë uit my kop skaam om 'n verhouding met 'n getroude man te hê, en dan na vore te kom en sensasie in die koerente en tydskrifte te soek dink enige van die vroue dit maak hul 'n beter mens as Joost en Steve, nee ek voel vrouens moet weer respek kry vir hulself as om sensasie te soek met bekendes en hul persoonlike lewens, ek glo jul kan mekaar weer vind dit maak nie een van hul 'n beter persoon wat 'n verhouding met 'n getroude persoon het, sê maar net. Baie geluk met jul 7 huweliksherdenking mag daar nog baie wees.

    14de Des. 2009, 09:13
  • Ja, gelees alles wat almal skryf, raadgee en komentaar goed en sleg. Als in die lewe beteken NIKS as mens nie in JOU SKEPPER GLO NIE en met HOM eerlik oor jouself en jou geliefdes in PRIVAATHEID al die dinge wat in jou lewe is G E S E L S en WAG....,(kan jare duur)1 dag op 'n slag, totdat alles weer is soos dit begin het. Dit moet gaan oor die LIEFDE VIR MEKAAR. As daar ander dinge is wat belangriker is, dan....?, sterkte Amor ter wille van JOU SKEPPER jouself jou man en julle kinders.

    11de Des. 2009, 16:30
  • Amor, Vat my raad soos in vorige boodskap. Gaan sien n Pastorale Sielkundige ASAP. Jy is besig om n bespottiing van jouself en jou familie te maak. Fokus op wat God van jou verwag as huweliks maat, vrou en moeder. Sorg dat jy onberispelik in laasgenoemde handel en wandel. DAN eers sal jy sien of Joost en sy morele waardes as eggenoot, man, en vader, JOU en die kinders werd is. Jy bewys op die oomblik dat jy n baie alleen mensie is. Hoekom tydskrifte, en uiteindelik die publiek betrek met jou nonsens. Ek het Joost so 3 jaar terug in n bekende restuarant in Pretoria dopgehou saam met ander bekendes. Glo my, dit was ook maar platoniese strond waarmee die res van die mense opgespeep moes sit........sterkte, en hou op om jou intelligensie so te beledig!!! As jy aangaan soos jy nou doen, SAL jy nooit jou huwelik ter wille van jou kinders kan red nie. Net God, JY en jou gesin kan dit maak werk. GEEN mens of tydskrif kan jou geluk en saligheid koop nie poppie!!!!

    11de Des. 2009, 11:39
  • Henrita, huwelik is deur God ingestel, maar sy het nie ag geslaan op sy Huwelik met sy eerste vrou nie, nie gedink dit is verkeerd nie vergeet dat God toe bestaan het,nou waar le die waardes nou,nie omgegee hoe sy haar seer gemaak het nie, en Joost loop rond van ag van dag een af wat het sy gedink, as hy met haar kon flirt en sy eeste vrou vergeet hoekom moet hy haar onthou

    11de Des. 2009, 09:51
  • Liewe hemel, en dit is Amor se lewenslesse... behoede ons. Asseblief News24, maak seker ons praat van nuus.

    11de Des. 2009, 08:09
  • "Let op na die tekens wat die heelal vir jou gee, soos drome, liedjies oor die radio, skoenlappers " Wat rook hierdie vrou?

    11de Des. 2009, 07:30
  • Amor is kommin en so dom soos grond. Hoekom wil julle die snert publiseer?

    11de Des. 2009, 07:28
  • Amor hou nou op om jouself so uit te hang, die publiek gaan jou net mee maal. Ja jy is nie die eerste of die enigste vrou met wie dit gebeur het nie. So hou op simpatiek soek, maar reg wat verkeerd is en gaan aan met jou lewe. Menige van ons is al daar deur, en nog steeds gelukkig getroud na 21 jaar saam.

    11de Des. 2009, 04:21
  • ALMAL van julle wat so van wiele draai praat ......... Onthou dat jy ook al verkeerde dinge teenoor jou medemens gedoen het. As die wiel vir Amor draai, gaan dit vir ons ook draai. Ek stel voor dat ons ophou oordeel en slegse. Net God kan aan die einde van die dag oordeel en uitsprake maak van mense wat nie verander nie. As God die houding wat julle teenoor sondaars inneem teenoor die mense sou inneem, waar sou ons almal wees?

    10de Des. 2009, 19:02
  • Henrita het gese Wie is ons om te oordeel ons sondes is lankal vergewe as Amor, Joost vergewe he wie is ons om klippe te gooi. Ons kan net bid vir die twee want die huwelik is n Goddelike instelling en as hulle hul huwelik n kans ga gee kan ek net se sterkte vir julle twee.

    10de Des. 2009, 16:08
  • Roenel, 7 is God een van se nommers ja, wat's jou punt? Miskien as Amor die antwoorde in God se Woord gaan vind, en nie op Indiaanse kerse nie, sal dit die sakie verander. Amor was betrokke by die opbreek van Joost se eerste huwelik. Hoor jy hoor verskoning vra daarvoor? Hoe eerlik is sy met haar kinders? Deur te se dat wat mense oor haar se is leuens? Jy oes wat jy gesaai het, sussie!

    10de Des. 2009, 14:50
  • ja Amor as jy die oorsaak is dat n huwelik op gebreek was deur jou verwag jy, die wiel draaaai staaadig maar seker, gedink dat dit nie met jou kan gebeur nie, hy JOOST het die ' gaping" van die eerste huwelik gesien waarom nie die tweede nie die eerste was gelukkig sonder kinders jy het kinders daarom sal jy moet vergewe en vergeet maar glo my Joost weer vertrou ek weet nie so mooi nie my MA het altyd gese as n man te veel drink kan jy hom toesluit en die roes afslaap maar rondloop dit is n probleem""""

    10de Des. 2009, 13:59
  • Eenmaal 'n verneuker, altyd 'n verneuker. Amor, jy weet mos jy sal hom nooit weer kan vertrou nie. Vergewe en gaan aan met jou lewe.

    10de Des. 2009, 10:56
  • amor, jy gaan nie meer dieselfde voel vir jou man nie want hy gaan jou walg as hy jou aanraak.jy weet nie vir wie hy almal gese ek is lief vir jou nie net om met hulle te flirt of te vry.ek weet dit is seer maar jy kan jou liefde op iemand anders uitstort wat jou baie meer sal waardeer.GOD wil nie hê ons moet in 'n ongelukkige huwelik wees nie.lyk my alle sportmanne dink hulle kan hulle vrouens verkul omdat hulle die geld huistoe bring en jy moet net mooi wees en stilbly terwyl hy hom geniet.

    10de Des. 2009, 10:27
  • Ek kan nou nogal verstaan waarom Joost ander "geselskap" opsoek. As my vrou sulke soetsappige, kinderlike snert kwytraak vat ek ook die pad. En is die 12 lesse die jaar s'n? Wat van laasjaar - geen lesse nie? Hoop darem die kers is met Sasol was gemaak - Bokke se borge! En is die wit lig darem omgewingsvriendelike lae energie tipe? Saree bevestig tog dat hierdie artikel net 'n humoristies skets is nie nie ernstige joernalistiek nie.

    10de Des. 2009, 10:06
  • Amor, Gaan tog so gou mootlik na n pastorale sielkundige, en vra hom vir n addres vir n kerk naby aan jou. Die grootste lewens lessie wat jy KAN leer, is om n bybel te neem en in afsondering vergiffenis te vra vir al jou spore wat verkeerd was in jou lewe. Wat se rol het jy gespeel in die verbrokkeling van Joost se eerste huwelik? Gaan onverpoos kerk toe sodat jy en jou familie kan begin bou aan fondamente om n God-vresende lewe te ly, en kom tog tot die besef dat jy n nietige klein ou skepseltjie van God is!! Probeer om nie groter, belangriker en meer populer te wees as die lewe, en jou Skepper nie. Jou lewens lessies beteken vir min mense iets. Wat beteken "jy moet jou werklike lewe van jou persoonlike lewe skei"?

    10de Des. 2009, 09:44
  • Laat hy wat geen sonde het nie die eerste klip gooi...

    10de Des. 2009, 09:08
  • Hou by Joos Amor, dit is die beste vir jou en vir lou kinders. Dit is wat God vra om te vergewe en te vergeet. Moenie dat ander vir jou besluit nie,doen wat beste is vir jou kinders en hulle sal skree Joos! Ons bid vir julle. Blaker jou storie uit andere leer daarby.

    10de Des. 2009, 06:23
  • As jy dit saam met iemand aan n ander kan doen sal hulle dit ook aan jou doen. Waneer jy jou uitgee vir n toffie-appel dan gaan hulle aan jou lek. Dit is die bed wat jy maak waarin jy slaap. So kan ek aan gaan. Die werklike lesse wat ons leer is die lesse waaroor ons nie praat nie. Al die raad en aanmoediging wat so uitgedeel word help min op die ou ent. Net die tyd en ware liefde kan genees, en BAIE GENADE VAN BO! Sterkte

    9de Des. 2009, 23:05
  • Ek raak so opgewonde om te hoor, lees dat alles ALLES ons mans se skuld is. Van arme kinders mishandel tot vrouens mishandel. Vrouens wil die wereld regeer, maar kry dit nie eers reg om hulle emosie te regeer nie. As ons saam verantwoordelikheid aanvaar sal dit dalk stukke beter gaan. Ons het mekaar nodig.

    9de Des. 2009, 22:16
  • 7 is God se nommer, julle sewe sakke sout is klaar opgeeet, dis nou net afdraande van hier af. Sterkte en voorspoed.

    9de Des. 2009, 15:28
  • Ek het gehoor Amor was die derde party in Joos en Marlene se skeisaak. Indien dit so is, moet sy asb ophou om met hierdie dinge te koop te loop. "Doen wat jy weet reg is" "Wees eerlik met jou kinders" "Vroue wat sleg behandel word" Komaan Amor! Jy weet mos dis verkeerd om 'n huwelik op te breek en het jy jou kinders daarvan vertel en wie van jy of Marlene is nou eintlik die een wat sleg behandel is? Indien jy nie Joos en Marlene se huwelik gekelder het nie, vra ek verskoning. Dit raak net bietjie erg dat vroue huwelike opbreek en dan maak of hulle so onskuldig is.

    9de Des. 2009, 13:58
  • Sterkte voorentoe.'n Mens kan probeer vergeet maar ek dink persoonlik jy vergewe nooit nie.Alles wat mooi is vir jou vir die toekoms 'n mens kom 'n sterker persoon aan die ander kant uit.

    9de Des. 2009, 13:24
  • Dalk moet Amor self 'n les leer - "how to kick an unfaithful husband out of your house"

    9de Des. 2009, 13:01
  • haai shame - what went around came around....lewenslessies se agterent

    9de Des. 2009, 12:35
  • Nou hoekom lees jy dit Francois, jys erger as 'n verveelde huisvrou! Word jy meer 'n man en bly uit die vroue tydskrifte uit!

    9de Des. 2009, 12:24
  • Amor, congratulations on your and Joost 7 years, I wish you both many more happy years together. You are a great cupple, dont let the press runed it for you. All the best for yor Family. Marry Christmas and a Happy New Year.

    9de Des. 2009, 11:33
  • Amor, weet jy ons as publiek is nou regtig siek en sat vir jou stories en treurmares. Ons wil regtig niks van jou en ou Josie weet nie. Ek skryf nie in die media oor my en my vrou se persoonlike lewe nie, hoekom moet jy? Werk jou stories self uit in die privaatheid van jou huis asb. Om te gaan staan en geld maak uit die publiek deur tranedalstories te skryf vir die publief om daardeur te wroeg is regtig onsin. Word groot en hou jou privaatlewe privaat asb.

    9de Des. 2009, 07:52
  • 1 lewensles wat ek geleer het: Geen wit ligte of wit kerse met Indiaanse wyshede kan 'n lewende God vervang nie! Amor, ek bid vir jou en jou gesin.

    8ste Des. 2009, 22:30
  • Amor, jy is n sterk vrou, en ek stem saam met Valerie. Tyd is n wonderlike ding, hy bring herstel en wysheid. Mag dit met jou en Joost en julle kinders vorentoe net goed gaan. Klou vas aan jou waardes en huweliksbeloftes, leer weer vertrou. Dis n lang pad maar bring op die einde vervulling.

    8ste Des. 2009, 15:32
  • Amor, ek weet seer is seer! ek weet dit is moeilik om die pyn te verwerk, maar ek wil jou vra om aan jou huwelik met Joost vas te hou. Nie vir enige iemand anders se onthalwe nie, maar vir jou en vir hom. Mens kan so 'n besluit nie eers neem vir jou kinders se onthalwe nie. Weet net dat waar God herstel bring, is dit nooit weer dieselfde nie, maar dit is honderd maal beter!

    8ste Des. 2009, 15:13

Web Development by FormFunction