Wat jy nie van Anna-Mart van der Merwe geweet het nie...

SARIE - Julie 2009

Ons gewildste voorbladgesig! Anna-Mart was al meer kere as enigiemand anders op SARIE se voorblad, maar hierdie het ons nie van haar geweet nie

Sy het eeue gelede Madonna se True Blue-langspeelplaat in ’n Fair Lady-tydskrif kompetisie gewen.

Sy het nog haar blindederm.

Sy raak woedend as mense sigarette uit hul karvensters gooi.

Sy kners op haar tande as sy slaap.

Sy het onlangs filo-deeg ontdek en ’n nuwe bak-wêreld het vir haar oopgegaan

Sy dans graag op haar eie in die sitkamer. "Met my 35ste verjaardag sou ek op ’n stel wees, maar ons het vroeër klaargekry. Ek het vir myself ’n soesji take-away gekry, skemer by die huis aangekom, musiek aangesit, ’n bottel vonkelwyn oopgemaak en my beste verjaardagpartytjie nóg saam met Betty en Gatto, my katte, gehad. Ons’t gedans dat die biesies (en die muise!) bewe."

Sy is bang vir die donker, slange, spinnekoppe en rekspring.

Sy kan ’n hele jumbo-pak marshmallows in een sitting opeet.

Sy hoor mense sê hulle kan nie alleen drink nie, maar kan self ’n glas wyn skink, op die stoep sit en heerlik oor dinge dink.

Sy kan nie konfrontasie hanteer nie.

En het jy geweet dat sy vir SARIE se splinternuwe 40 Flitsverhale-boek 'n kortverhaal geskryf het.... Lees dit hier

Kuier ook agter die skerms by haar voorblad-shoot.

Verwante artikels

Web Development by FormFunction