5 Minute met Fanie Cronjé, SARIE se glans-man
Foto’s: Phyllis Green Galery
Fanie Cronjé is SARIE se styl- en sosiale redakteur en dit beteken hy is die een wat byna elke glansryke geleentheid bywoon en SARIE dan daar verteenwoordig. Hy maak ook seker dat SARIE se voorblaaie so pragtig en stylvol is.
So, Fanie, hou jy van sosiale geleenthede?
Baie. In hierdie stadium van my lewe is dit 'n absolute groot plesier.
Hoe baie geleenthede woon jy by en moet jy soms juggle om by alles uit te kom?
Hierdie tyd van die jaar is daar letterlik elke dag meer as een ding aan. Dan moet ek kies watter een die belangrikste is. Maar sulke sosiale geleenthede is seisoenaal, want daar is tye in die jaar wat dit stiller is. Dis net vir my ironies dat dit hierdie tyd so besig is, wanneer almal eintlik al gedaan is.
Hoe kies jy waarheen jy gaan en is jy nie bang die ander dink jy is lelik omdat jy nie na hulle geleentheid toe gaan nie?
Ag, nee wat. Die een wat dink dis lelik, moet dit maar dink. Dis regtig net 'n situasie. Ek's seker hulle besef ek kan net een op 'n slag bywoon. Dis in elk geval nie my skuld hulle hou hul paarties op dieselfde tyd nie. Daarvoor gaan ek nie verantwoordelikheid vat nie.
En hoe lyk jy as jy so 'n geleentheid bywoon?
Ek hou baie daarvan om 'n suit aan te trek, maar met die pantomime het ek byna gesmelt, want daar was iets fout met die lugverkoeling. Mense vra my of ek op 'n eiland was, maar nee, ek was net by die pantomime. Ek het nie by die ewenaar rondgehang nie!
As jy nie by sulke geleenthede is nie, wat doen jy om te ontspan?
Dan gaan ek beslis uit vir ete saam met nog baie ander mense of ek gaan kuier by mense. Maar een van my gunsteling-goed is om met 'n DVD by die huis te ontspan.
Jy is mos self eintlik baie bekend. So netwerk jy met die bekendes of netwerk hulle met jou?
Ek is nie seker oor hoe bekend ek is nie. Ek dink net ek het 'n slag met mense, of hulle nou bekend is of nie, ek sien nie eintlik rêrig meer wie is bekend nie. Op die einde is dit vir my net mense. En kan ek vir jou nog iets sê, hulle is eintlik almal vir my blêrrie oulik, die hele lot van hulle.
'n Voëltjie het in my oor gefluister jy gaan nou tweet! Is dit so?
Daai voëltjie het reg gefluister. Ek tweet al twee weke lank oor my sosiale lewe. Volg my maar!
* Volg Fanie op Twitter by fanie_sarie.
* Kry ook agter-die-skerms-aksie op SARIE se Facebookblad.
* In elke uitgawe van SARIE verklap Fanie als oor die voorbladgesigte se grimeer- en haarvoorkoms. Hy doen ook elke maand 'n 5 minute-onderhoud met 'n bekende. Moenie dit in elke maand se SARIE misloop nie!
Fanie se rooi tapyt-foto's
- Liefling, die moviese openingsaand
- Die opening van die nuwe pantomime in Johannesburg
- Fanie gaan kyk Mamma Mia!
- Fanie ontmoet vir John Travolta
- In samewerking met Anja Rademeyer
Verwante artikels
-
"Ek’s sosiaal, my man wil by die huis sit"
SARIE September 2010
Hou jy van partytjie maar nie nou man nie? Hier is raad.
-
Celebs se Facebook-profielfoto's, en lyk jy soos 'n celeb?
SARIE - Junie 2010
Ons klets, kuier aanlyn en deel mekaar se foto's in die kuberruim. Party van ons het foto's van onsself, ander van hul kinders, honde en gunsteling-vakansieplek.
-
Die koningin sluit aan by Facebook!
SARIE - November 2010
Die amptelike Facebook-blad vir die Britse monargie het op 8 November 2010 die lig gesien en 41 000 aanhangers het reeds binne die eerste uur op dié blad geklik.
-
Fanie en ander bekendes by die opening van bekende pantomime in Johannesburg - Foto's
SARIE - November 2010
Waar die rooi tapyt uitgerol word en bekendes partytjies hou, daar is ons styl- en sosiale-redakteur, Fanie Cronjé. Einde 2010 was hy by die opening van Robinson Crusoe, die pantomime wat in die Joburg Teater speel.
-
Fanie gaan kyk Mamma Mia!
SARIE - Oktober 2010
"Mense, het ek nou ʼn lekker aand gehad gisteraand. Die verhoog-weergawe van die musiekblyspel Mamma Mia!, gegrond op en geïnspireer deur ABBA se musiek, word by die Teatro by Montecasino in Fourways, Johannesburg opgevoer."
-
Fanie gesels met Michelle Pienaar, Binneland Sub Judice se Yvette
SARIE September 2010
Sy het bekend geword nadat sy 'n Egoli-wedstryd in SARIE gewen het. Toe verdwyn sy 'n ruk om ma te word van Joshua Peter Crosson, nou 9 maande oud. Haar terugkeer na TV is as Yvette Stuurman in die sepie Binneland Sub Judice.
-
Fanie is by die New York Modeweek 2011
SARIE - Maart 2011
Dit was 'n droom van hom! En nou het Maybelline New York dit vir hom moontlik gemaak deur SARIE 'n eksklusiewe sitplek in die voorste rye by die New York Modeweek te gee.
-
Nuwe liefde vir Minki
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 10
Ontmoet die nuwe liefde in haar lewe...
-
Rolanda toor met ons vintage-voorblaaie
SARIE - Julie 2009
Byna 60 jaar later is gister se glans vandag se modes. Dit lyk kompleet asof Rolanda Marais uit 'n vintage-SARIE-voorblad stap - speels, stylvol, sjarmant. Maar kyk mooi, dis nóú se voorkoms.
-
Rolanda toor met SARIE se ou voorblaaie: Agter die skerms
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 3
Byna 60 jaar later is gister se glans vandag se modes. Dit lyk kompleet asof Rolanda Marais uit 'n vintage-SARIE-voorblad stap - speels, stylvol, sjarmant.
-
Ryk Neethling, Lee-Ann Liebenberg en Jeannie D – Suid-Afrika se stylvolstes!
SARIE - Desember 2010
Ryk Neethling is die afgelope naweek by die SA Style Awards as Suid-Afrika se stylvolste ikoon aangewys.
-
SARIE se Fanie kry rol in nuwe Afrikaanse fliek
SARIE - November 2010
SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, het 'n rol losgeslaan in Sean Else se nuwe fliek.

















Kommentaar
maggie het gesê:
wil nie lelik wees nie , maar chris verkleurmannetjie gee my 'n vet pyn , hy is nou nie iets waaroor ek huistoe sal skryf nie
17de Mar. 2011, 20:06