5 minute met Karl Thaning (dr. Nathan Richards van 'Binneland')
Hy's dr. Nathan Richards in die M-Net-sepie Binneland Sub Judice. Min mense weet Karl Thaning (33) was 'n internasionale swem-sensasie. Hy's ook die nuwe liefde van Nadia Valvekens, ons voorbladgesig.
Jy was 'n Olimpiese swemmer?
Ja, in 2006.
Die kaptein?
Nee, maar wel vir die Statebondspele-span.
Mis jy die swemmery?
Nee. Ek het daaruit gekry wat ek wou. Ek geniet dit om akteur te wees, maar ek is nog baie lief vir sport en kyk alles.
En jy't drama studeer?
Aan die Universiteit van Noord- Kalifornië, met 'n swembeurs.
Saam met internasionaal bekendes?
Nee. Maar Jamie Lee Curtis het glo vroeër daar studeer.
Net één bekende akteur?
Baie akteurs kom vandag van die straat af. Of hulle het by Juilliard in New York studeer.
Frustreer dit akteurs as mense sonder opleiding rolle kry?
Nee, baie goeie akteurs het nooit drama studeer nie, soos Johnny Depp. Daar is wel ook baie opgeleide akteurs. Emma Thompson en Kenneth Branagh het by RADA geswot, die Britse ekwivalent van Juilliard.
Hoekom het jy nie oorsee gebly en gewerk nie?
Ek is bly ek het teruggekom. Ek glo aan Suid-Afrikaanse stories. Dis lekker om deel te wees van 'n TV-reeks wat deel is van die SA kultuur. Maar jy gaan nie maklik hiér in 'n Shakespeare- of Tsjechof-stuk kan speel nie.
Dis waar, ja.
Was dit liefde met die eerste oogopslag toe jy Nadia op die Binnelanders-stel sien?
Nee, ek glo nie daaraan nie. Dit het oor tyd ontwikkel. Dit het elke dag gegroei en groei steeds.
Verwante artikels
-
Fanie Cronjé se 5 min met Kim Engelbrecht
SARIE - Januarie 2011
Die pantomime Robinson Crusoe and the Caribbean Pirates is in die Joburg-teatersentrum in Johannesburg opgevoer.
-
Fanie gesels met Michelle Pienaar, Binneland Sub Judice se Yvette
SARIE September 2010
Sy het bekend geword nadat sy 'n Egoli-wedstryd in SARIE gewen het. Toe verdwyn sy 'n ruk om ma te word van Joshua Peter Crosson, nou 9 maande oud. Haar terugkeer na TV is as Yvette Stuurman in die sepie Binneland Sub Judice.
-
Kry só Nadia Valvekens se veelsydige haarstyl
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 3
Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, is verantwoordelik vir die stilering van SARIE se voor-en binneblaaie. Hy sê hoe jy Nadia se haarstyl kan kry.
-
Lindie Stander (Elise in 'Binnelanders') se lewensreëls
Die gewilde aktrise Lindie Stander het stil-stil verloof geraak aan die vrou wat “binne vyf minute my voete onder my uitgeslaan het”. Hier deel sy haar lewensreëls.
-
Nadia Valvekens agter die skerms by SARIE se Junie 2010-voorblad
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 9
Al die aksie agter ons Junie-voorblad saam met Nadia Valvekens
-
Nadia Valvekens: Watter voorbladfoto verkies jy?
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 32
As jy die foto vir die Junie 2010-voorblad kon kies, watter een sou dit wees? Kies hier.
-
Styl volgens Nadia Valvekens...
SARIE - Junie 2010
Watter parfuum dra sy en waar's haar gunsteling restaurant? Wat's haar gunsteling skoenstyl en hou sy van shop?
-
Waar's Malan Koster ("Binnelanders") heen?
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 11
Malan Koster (Paul du Toit), die afgelope 4 jaar in Binnelanders op M-Net en kykNET, het verdwyn onder 'n wolk van geheimsinnigheid. Marguerite van Wyk het met hom gesels oor nuwe planne in sy lewe en wat hy in dié sepie geleer het.



















Kommentaar