5 minute met Mej. Tiener Wêreld, Tayla Robinson
Foto’s: verskaf Galery
Tayla Robinson (16) van die Hoërskool Florida in Roodepoort is onlangs in Houston, Texas, gekroon as Mej. Tiener Wêreld.
Noudat jy skoonheidskoningin is, wat gaan jy doen?
Ek wil 'n rolmodel wees vir ander tieners en vir liefdadigheidsorganisasies werk.
Dink jy skoonheidskompetisies is passé?
Ek weet nie. Ek doen dit omdat ek dit geniet. Dis opwindend, ek hou van die adrenalien.
Hoekom het jou kroning so min aandag in ons land gekry?
Skoonheidskompetisies is nie groot in SA nie, nie soos in Amerika nie.
Hoe is Amerika se Miss Teen America? Sy neem haarself seker baie ernstig op?
Aan die begin was sy baie oulik. Teen die einde van die wedstryd was sy nie meer so vriendelik met my nie.
Wat is dit aan Hoërskool Florida wat so baie bekende, suksesvolle mense oplewer? Soos Bertha le Roux (Emma) en Quinne Brown (Connie) van 7de Laan, Marlise Kapp van shine 4 en nog en nog?
Die skool pas ons mooi op en gee vir ons 'n goeie opvoeding.
Het jy jul skool se eie Mej.-wedstryd gewen?
Ja, Mej. Florida Hoërskool.
En meisies by die skool?
Hulle is vriendelik, ek dink nie hulle is jaloers nie.
Jy's eintlik Engelssprekend. Hoekom is jy in 'n Afrikaanse skool?
Ek wou in 'n gemengde skool wees waar daar verskillende mense is. En dit ís 'n baie goeie skool.
Verwante artikels
-
5 minute met Ray Dylan
SARIE - Julie 2009
-
Anneline Kriel praat oor skoonheid in haar 20's
SARIE - Februarie 2009
Volg haar spore deur die skoonheidswêreld. Kenners gee ook skoonheidswenke wat jy kan gebruik.
-
Cindy Nell, meer as net ’n beauty queen
SARIE - Januarie 2009
Sakevrou, TV-aanbieder, motiveringspreker – maar nou vir die eerste keer voel Cindy Nell sy hoef haarself nie meer te bewys nie. En die kroon op haar geluk is haar trouman . . .
-
Mej. Heelal 2010: Mexiko wen, SA se Nicole Flint 10de uit 85 deelnemers
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Die wêreld se mooiste vrou is aangewys. Jimena Navarrete (22) van Guadalajara, Mexiko, is gisteraand in die Mandalay Bay Hotel in Las Vegas gekroon. Ons eie Mej. SA het 10de geëindig.
-
Mej. Wêreld-voorskou - SARIE was daar!
SARIE - Desember 2009
Die Miss World Preview Celebration by Sol se One & Only Hotel in die Kaapse Waterfront was beslis 'n okkasie waar die sjampanje, Martini's en Cosmo's gevloei het. SARIE was daar om met 'n paar van die skoonhede te gesels.

















Kommentaar
Hyla het gesê:
Tayla, jy is pragtig! Bly altyd die meisie met jou voete vas op moeder aarde...
18de Nov. 2009, 12:08