6 nuttige dekorwenke uit SARIE WOON - Engela du Toit wys hoe
Foto’s: Rodger February Galery
Engela du Toit is 'n Kaapse leefstylkonsultant wat raad het vir van erfstukke wat nie inpas nie tot verfkleure.
Voor jy begin, raak ontslae van geskenke en meubels waarmee jy maar saamleef, asook opgaargoed waarby jy "nog sal uitkom" . . .
1. 'n Ligte vertrek lyk mooier. Soms hoef jy net 'n muur wit te verf om dit reg te kry. Bring ook lampe in vir die mooi, vir 'n bietjie romanse of om kontras te skep.
2. As jy iets groots soos 'n rusbank vervang, koop 'n ordentlike meubelstuk in 'n kleur wat in 'n paar vertrekke kan werk. Spaar liewer met kleiner artikels of deur 'n lekker ou stoel te laat oortrek.
3. Vermy swaar meubels en tierlantyntjies. 'n Hout-eetkamertafel en -stoele gebruik baie ruimte en laat 'n vertrek minder lig lyk. Pasop vir tierlantyntjies; jy wil tog nie jou tafel elke aand afpak en ná ete weer toepak nie.
4. As jy 'n paar kunswerke het, skep 'n fokusmuur in 'n galerystyl of groepeer 'n paar stukke om 'n komposisie af te rond. Dit is meer treffend as om kuns reg deur die huis te versprei.
5. 'n Leerbank of stoffering met 'n beskermende lagie werk goed in huise met troeteldiere en jong kinders - 'n toegegooide rusbank doen dit nie vir my nie. Die lewe is so kort; geniet die bank totdat dit tyd is vir 'n ander een.
6. Jou badkamer is 'n plek waar jy ontspan. Maak dit mooi.
Kry nog antwoorde op jou dekor-dilemmas + talle idees kry SARIE WOON, die nuwe dekortydskrif uit die SARIE-stal. Vanaf 4 November te koop.
Nog vrae?
Kontak Engela by
Realistic Marketing Solutions
083 700 0777
engela@realistic.co.za
Verwante artikels
-
Het jy selfoonmaniere?
SARIE - Mei 2010
-
Mark Brunetz se 10 dekorwenke
SARIE - September 2009
Mark Brunetz van Clean House op die Style Network-kanaal (DSTV-kanaal 183) het eksklusief vir sarie.com dié wenke gestuur
-
Mark Brunetz se 5 grootste dekor-mites
SARIE - September 2009
Die Clean House-ghoeroe help
-
Plaaslike mooigoed vir jou huis
SARIE Julie 2010
Ons spog met plaaslike ontwerpers en kunstenaars se kreatiwiteit. Van pragtige sakke vir jou muur tot 'n boekrak, kombuisgoed en plaaslike lap.
















Kommentaar
Liezl het gesê:
My wens vir Kersfees is dat ons land 'n land sal wees waar ons die kinders kan groot maak, veilig, vrede en vol liefde. Dan natuurlik "Global warming" dat ons saam sal staan om ons land te bewaar vir ons kinders.
3de Des. 2009, 09:48Susan het gesê:
Engela gee nou wraggies bruikbare raad - selfs vir 'n dekor-lose-dolla soos ek. Dis heerlik om sulke praktiese wenke in Sarie te lees. Doe' so voort!
20ste Nov. 2009, 23:13Gerda het gesê:
Dankie vir 'n wonderlike artikel. Ek hoop ons kan dit 'n opvolg reeks maak. Dit is lekker om te lees oor dekor vir gewone mense soos ek.
20ste Nov. 2009, 13:32Helene Siepman het gesê:
Dis verfrissend om praktiese dekor tips te lees wat almal kan gebruik al het hulle nie noodwendig die nodige "oog" nie. ! Dankie Engela!
20ste Nov. 2009, 13:17