60 sekondes met Dave Pepler
Foto’s: verskaf Galery
Dié stories fokus grootliks op inheemse plante en elkeen word met 'n nostalgiese anekdote ingelei en in pragtige, liriese Afrikaans beskryf.
Immergroen Stories oor plante deur Dave Pepler en foto's deur Lien Botha (Human & Rousseau, R275) het pas verskyn.
Pepler het 'n M.Phil-graad in soölogie aan die Universiteit van Cambridge verwerf en is in 2007 met die Stevenson Hamilton-toekenning bekroon vir sy buitengewone bydrae in soölogie. Marguerite van Wyk het met hom gesels.
Hoekom het jy besluit om dié boek te skryf?
Die hele ding het begin toe Sumien Brink, eertydse redakteur van die dékortydskrif Visi, my uit die bloute gevra het om hul plantrubriek oor te neem. Haar eerste opdrag was oor anthuriums, een van die mees afstootlike plante wat ek ken. Ek het gekla, maar Sumien het volgehou. En ek het geskryf - nou is dit vyf jaar later - ek skryf nog. En toe kom Ansie Kamffer, opdraggewende redakteur by NB-uitgewers by, en soos dit redakteurs betaam, het sy my nie vir 'n oomblik met rus gelaat nie. Blameer Sumien, blameer Ansie!
Hoekom is jy so lief vir plante?
My ma het tuingemaak, soos my ouma en groot-ouma. As kind het ek op someraande met mandjies groente straatop geloop en stuk-stuk by die bure afgegee. Hulle het weer iets uit hul eie tuin in my mandjie gelê. My kinderdae is deurdrenk van tuinbeelde.
Watter uitsonderlike nuwe dinge oor plante het jy geleer met die skryf van dié boek?
Die skrywery het eenvoudig bevestig wat ek reeds jare vermoed, en dit is dat plante skakel met die aarde is. Ons het deesdae so vreemd geraak van grond en bodem, dat plante ons laaste skakels met die grond is.
Hoe lank het jy navorsing hiervoor gedoen?
Meeste van die stories was in my kop (natuurlik met 'n hele klap geil verbeelding). En ek moes eintlik net wetenskaplike name kontrolleer. Gevolglik kon ek met bittermin formele navorsing wegkom.
Het jy dit geniet om die boek te skryf en waar het jy orals gereis om jou stories te versamel?
Stories in die boek is meestal uit Afrikaanse bodem geskep, maar ek reis wyd en van hulle het verbindings met indrukke en beelde uit plekke soos Atacama in Chile en met Kazakhstan.
Wat is jou gunsteling tipe plante en hoekom?
Streng gesproke is ligene nie klassieke plante nie, maar hulle fotosinteer wel. Hulle sit op 'n klip in die sentraal-Karoo, die Namib en hang soos baarde uit die reënwoude van Oeganda. Daar is geen liefliker plant nie.
Was jy sedert kleintyd gefassineer deur die planteryk en het jy altyd geweet jy wil eendag as jy ''groot'' is met plante werk?
My ma en my oupa het my veld toe geneem. Dit beteken dat ek van my eerste gewaarwordings uit die natuur met plante te doene gehad het. Die soek na veldkos soos num-num en vinkels het my oog ingeskerp en my leer kyk - tot vandag toe.
Wat maak Suid-Afrika se plante so spesiaal?
Ná 'n leeftyd van reis weet ek dat ons plante van die mees verruklike plante op aarde is. Tekstuur en vorm en kleur en 'n groot volkloristiese rykdom daarom, maak dit is 'n skatkis.
Dink jy die gemiddelde Suid-Afrikaner doen genoeg om ons plantelewe te beskerm?
Nee, 'n duisendmaal nee. Ons verniel uit onkunde, die verdowing wat buitensporige rykdom bring, en 'n gebrek aan algemene respek vir alles wat lewe.
Sou jy nog so 'n tipe boek wil skryf en indien wel, wat sou jy volgende onderwerp wees?
Hou jou hart vas. Ek torring aan 'n boek oor parfuum en tuine. Dit gaan nie soseer oor soet walms nie, maar oor prikkels vir verbeelding, 'n soort storie vir 'n hedendaagse Sherezade.
Wat is jou ''lekkerste'' plantstorie?
Ek het hulle nogal almal lief, maar ''Klein katedrale van die veld'' het my die grootste plesier verskaf.
Die foto's in die boek is droom-mooi. Het jy lekker saam met Lien gewerk en hoe belangrik is foto's in 'n boek soos dié om die eindproduk te versterk?
Min mense besef dat foto's die EERSTE prikkels was vir die stories. Sonder Lien sou ek nie kon droom nie - dís wat haar foto's doen - dit maak drome in mens los.
Is jy 'n ywerige tuinier?
Ek was ywerig, helaas. Om dat ek deesdae 'n alleenloper is, en baie reis, spesialiseer ek in onkruid. My huisie is omring deur 'n welige soom van onkruid, vol spinnekoppe en voëltjies en slakke. Grassade is net so boeiend soos 'n roos.
* Kyk uit vir 'n uittreksel en 'n kans om die boek te wen
Dave is ook aanbieder van die gewilde program, Groen.
Verwante artikels
-
'n Eksklusiewe uittreksel uit Dave Pepler se boek, Immergroen
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
Lees die eksklusiewe uittreksel uit sy nuwe boek: Klein katedrale van die veld
-
Dave Pepler blog: Die geur van groen
SARIE Augustus 2010
Hoe ruik groen?
-
Dave Pepler blog: Jasmyn – geur van die nag
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Net voor ek gaan slaap het, het ek my kamervenster oopgemaak. Bewus van die ysige winde wat snags afsypel van die Cordillera de la Costa, het ek ekstra komberse oor die geborduurde beddeken getrek.
-
Dave Pepler blog: Kaprisieus en dapper - État libre d’Orange
SARIE - November 2010
Kamp is nie noodwendig tentopslaan langs die Vaalrivier nie, of om jou karavaan na Keetmanshoop te sleep nie.
-
Dave Pepler blog: Snuf in die neus deel 2
SARIE - April 2010
Hoe breek jy weg van die bekende botteltjies op jou spieëlkas?
-
Dave Pepler parfuum-blog: Ou mans ruik na bokram
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Ou mans ruik na bokram, en jongmans na nat strooi. En rooikoppe na gekneusde gras?
-
Dave Pepler se nuwe weeklikse blog - Snuf in die neus
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
Snuf in die neus is ‘n nuwe weeklikse bydrae oor die wêreld van parfuum. Maar dis ook méér – dit gaan oor die finale produk, maar ook oor die magdom komponente - van kosbare olies en gom tot algemene tuinplante
-
Dave Pepler se Snuf in die Neus: Die reënboog van reuk
SARIE - Mei 2010
Dis maklik om kleur vas te pen, want ons het mos die rëenboog; geen wonder dat daar onlangs gevind is dat gesofistikeerde tale ryk is aan kleurbeskrywings nie.
-
Dave Pepler se Snuf in die Neus: Donker geure, wilde geure
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
As jy na ‘n roos wil ruik, dra een, en as jy na ‘n deurmekaar-tuin wil ruik, koop goedkoop reukwater.
-
Dave Pepler se Snuf in die Neus: Katjiepiering
SARIE - Mei 2010
Ek het vergeet hoe jonk ek was toe ek vroeg een oggend, in die lente van 1984, die lang kronkelpad opgestap het na die Alhambra in Granada, Spanje.
-
Ken jou aartappels
SARIE KOS - Somer 2007
Meer oor die nuutste aartappels...
-
Mooi uit Afrika
SARIE - April 2008
Eksotiese ilan-ilang, strelende galambotter, kanniedood aalwyn – als wonderbestanddele uit Afrika wat vandag se skoonheidswêreld laat draai
-
Uit jou tuin-spens
SARIE KOS Herfs 2009
Om daagliks groente in jou eie agterplaas te pluk is hoogmode – en die kombuistuin word glad nie agter ’n muurtjie weggesteek nie



















Kommentaar
Linette het gesê:
Ek was vanaf die eerste oomblik absoluut bekoor deur Dave se poëtiese taalgebruik.(ook op die Groen tv-program) Wat 'n absolute verruklike, liriese, magiese, sensuele boek - wat 'n gawe. Mag ek myself voor sy voete neergooi en net luister hoe hy die lewe ervaar? Baie dankie vir diè proeseltjie!
17de Jan. 2010, 17:46