7de Laan se Aggie - "Dis 'n vol dag om in 'n sepie te speel"
Foto’s: verskaf Galery
Mimi Mahlasela, beter bekend as die raakvatter Aggie, wat als en almal kan beheer by die Hillside Times, is 'n baie gewilde 7de Laan karakter.
Sy het met Marguerite van Wyk gesels oor onder meer haar lekkerste en moeilikste oomblikke by 7de Laan en hoekom sy daarvan hou om die karakter Aggie te vertolk.
Wat was jou lekkerste oomblik by 7de Laan?
Ek dink dit was toe Paula ontvoer is en Mandla, Altus en Aggie moes gaan om haar te red. Dit was pret, maar ook harde werk. Dit was 'n koue dag, maar ons het gedoen wat ons moes doen om die toneel te laat werk.
Wat was die moeilikste toneel om te verfilm?
Nie 'n spesifieke toneel rondom Aggie nie, maar die groot partytjie-tonele (troues, danstonele en wedstryde) is altyd hectic, want dit behels altyd baie akteurs en gaskunstenaars op 'n slag. Dié tonele is baie tegnies en almal - die tegniese span, regisseur, akteurs en vervaardiger - moet hard werk om die storie te laat werk en 'lewendig' te maak.
Is dit moeilik om 'n sepie-aktrise te wees?
Die kykers sien slegs die finale produk, maar ek wil hulle graag vertel: Dis nie so maklik as wat dit lyk nie. Ons is reeds om 07:30 by die ateljee, dan begin ons 'blok' (oefen aan waar ons staan en wat ons sê), ons hare en grimering word gedoen en klere word uitgedeel vir die tonele en dan begin kleedrepetisies. Dis 'n vol dag. Gedurende die dag is mens voortdurend besig om jou dialoog te oefen sodat jy perfek is teen die tyd dat jy begin met verfilming.
Hoe het jou toneelspel in 7de Laan jou loopbaan bevorder?
Tot 'n groot mate. Ek het veel meer as toneelspel geleer. Veral rakende tegniese aspekte in die bedryf. Ek het geleer wat die vloerbestuurder, die beeldmengers en al die tegniese mense doen . . . die lys is lank. Dit het ook vir my die geleentheid gegee om verskillende mense in die bedryf te ontmoet wat vir my die geleentheid gee om ander dinge te doen omdat hulle hou van wat ek doen in dié sepie.
Is jy lief vir die karakter Aggie?
Ja. Sy is 'n vars bries en baie, baie ambisieus. Sy is lieflik, aangenaam en 'n snaakse mens.
Verwante artikels
-
'7de Laan' se Matrone oor 10 jaar in die Laan
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 7
Almal ken die formidabele Matrone wat deesdae in 7de Laan (in die SABC2-sepie) se boekwinkel werk. Maar wat het 7de Laan die afgelope tien jaar vir die aktrise Annelize van der Ryst beteken?
-
7de Laan se Lukas se benoudste oomblik op stel
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
-
7de Laan word 10! Felicity gesels oor die lief en leed op stel
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 3
7de Laan beteken vir my ... ondersteuning.
-
7de Laan word 10! Kom kuier agter die skerms saam met sarie.com
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
In die Mei- 2010 uitgawe van SARIE wys ons eksklusiewe foto's van die Laners - soos nog nooit! Hier op sarie.com vat ons jou agter die skerms na ons Kaapstad- en Johannesburg-fotosessies met jul gunsteling 7de Laan-akteurs
-
Annelisa Weiland (Hilda in 7de Laan) oor 'n lewe in die Laan
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
-
Die Laan se Sandra Stutterheim
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
Aktrise Helene Lombard (Sandra in 7de Laan) oor wat die Laan vir haar beteken
-
Elma Postma: "Ek, Bertha (Emma) en Quinne (Connie) was na aan mekaar"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
"'n Glimlag, lieflike mense en 'n goeie grondslag. Dis lekker om as oud-Laner saam verjaardag te vier."
-
Kies jou gunsteling SARIE-voorblad met 'n 7de Laan-ster
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 66
SARIE het oor die jare talle 7de Laan-akteurs op die voorblad gehad. En nou kan jy 5 sterre vir jou gunsteling-voorblad gee
-
Oubaas van 7de Laan deel sy gunsteling-sêgoed
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 30
Die sê-goed van 7de Laan se Oubaas (Pierre van Pletzen) is legendaries. Kyk wat het hy al kwytgeraak.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd