7de Laan se Diederik praat reguit
Hennie Jacobs, oftewel 7de Laan se Diederik, het met Marguerite van Wyk gesels oor hoe dié sepie Afrikaans en rasseverhoudings in Suid-Afrika bevorder.
Wat dink jy het 7de Laan gedoen om Afrikaans te bevorder?
Dit het 'n nuwe generasie van Afrikaans begin waar nuwe hoop onder mense begin posvat het. Dit maak van Afrikaans 'n lekker taal, en enige bevordering van een van die jongste tale in die wêreld is van groot belang.
Het dit bygedra tot beter rasseverhoudings in ons land?
'n Mens moet eerder kyk na kultuurverskille. Dit slaag daarin om mense bewus te maak dat daar eintlik net een ras is. The human race.
Wat is die lekkerste aspek van jou rol as Diederik?
Dis 'n fees om hom te speel. Hy is so 'n eerlike karakter. Hy's ook al op baie vlakke getoets en elke keer was dit 'n ongelooflike uitdaging.
Hoekom dink jy is dié sepie so gewild?
Dit werk want dit is 'rêrige' mense wat 'rêrige' karakters speel. Mense kan hulle met die karakters vereenselwig – ook met hul gebeure en emosies. Dit dek 'n wye spektrum van kulture.
Julle het blykbaar geweldig baie respek vir Danie Odendaal as vervaardiger?
Ja, hy verdien ons respek omdat hy so hands-on is. Hy is so trots op sy produksie. Hy weet hoe om vir mense stories te vertel wat nuwe hoop bring, wat hulle werklike emosies laat ervaar, maar waar hulle ook 'n halfuur lank kan afsluit en in 'n ander wêreld ontspan.
Wat is die wysste woorde wat iemand nog ooit vir jou op die 7de Laan stel gegee het?
Chris Vorster het vir my in die eerste twee weke wat ek daar was, gesê: "Dis baie nice wat jy doen. Die challenge is nou om dit elke dag, vir hoe lank jy ook al hier gaan wees, so te hou . . ." 'n Mens is net so goed soos die laaste toneel wat jy gedoen het. Om 'n standaard van hoë gehalte vir jouself te stel en dit daar te hou – dis wanneer jy suksesvol raak.
* In die Mei-uitgawe van SARIE, nou te koop, is daar nog 21 Laners wat vertel wat 7de Laan vir hulle beteken. Daar is ook hope ongelooflike glansfoto's!
Verwante artikels
-
7de Laan se Kabelo - "Die vroeg opstaan is erg!"
SARIE - Mei 2010
Kabelo Padi, wat vertolk word deur die akteur Sekoati Tsubane, is die karakter Charmaine (Vinette Ebrahim) se steunpilaar in Oppiekoffie in die SABC2-sepie 7 de Laan.
-
7de Laan se Zinzi oor haar lewe in die Laan
SARIE - April 2010
Die Oppiekoffie-kelnerin Zinzi Kheswa, vertolk deur die aktrise Caroline Jacobs in die SABC2-sepie 7de Laan, is `n tipiese jongmeisie wat hou van optof in mooi klere, vrolike partytjies, konserthou en sy neem graag deel aan kompetisies.
-
7de Laan word 10! Felicity gesels oor die lief en leed op stel
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 3
7de Laan beteken vir my ... ondersteuning.
-
7de Laan word 10! Kom kuier agter die skerms saam met sarie.com
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
In die Mei- 2010 uitgawe van SARIE wys ons eksklusiewe foto's van die Laners - soos nog nooit! Hier op sarie.com vat ons jou agter die skerms na ons Kaapstad- en Johannesburg-fotosessies met jul gunsteling 7de Laan-akteurs
-
Annelisa Weiland (Hilda in 7de Laan) oor 'n lewe in die Laan
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
-
Danie Odendaal (die man agter 7de Laan) wys sy gunsteling-foto's
SARIE - Mei 2010
Hy laat die kollig op ander skyn. Self bly hy liefs agter die kamera en staan skaars onderhoude toe. Spesiaal vir SARIE-lesers het Danie Odendaal ’n uitsondering gemaak en ons tot in die hart van sy 7de Laan geneem.
-
Kies jou gunsteling SARIE-voorblad met 'n 7de Laan-ster
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 66
SARIE het oor die jare talle 7de Laan-akteurs op die voorblad gehad. En nou kan jy 5 sterre vir jou gunsteling-voorblad gee
-
Mandla van '7de Laan' gesels: "Ek het beter leer Afrikaans praat"
SARIE - Mei 2010
Die spitsvondige en ywerige joernalis Mandla (Freedom Hadebe), die een wat al wat scoop is, uitsnuffel is mal oor sy rol in die SABC2-sepie 7de Laan.
















Kommentaar