7de Laan se Lukas se benoudste oomblik op stel
Hendrik Cronjé, beter bekend as Lukas in die SABC2-sepie 7de Laan, gesels met Marguerite van Wyk oor die grootste uitdagings wat dié sepie hom al gebied het, sy benoudste oomblikke op stel en of 7de Laan die Suid-Afrikaanse gemeenskap taamlik lewensgetrou weerspieël . . .
As jong akteur – hoe kry 'n mens die geleentheid om jou toneelspel-vaardighede op die stel van 7de Laan te slyp?
Dis 'n baie waardevolle leerskool vir enige akteur. Jy kry die kans om met van die mees gesoute akteurs in die bedryf saam te werk. Ek probeer elke dag soveel as moontlik dophou en inneem wat op die stel gebeur. Die dissipline en professionaliteit wat hier toegepas word, is 'n goeie grondslag vir my akteursloopbaan.
Wat is die grootste uitdagings van 'n sepie?
Om in 'n kort tydperk goeie spel te lewer. "Multi-cam" is ook iets om aan gewoond te raak. Die tegniese aspekte is 'n groter uitdaging as wat die meeste mense besef.
Wat was vir jou die snaaksste oomblik op stel?
Daar was baie. Hennie Jacobs, wat Diederik speel, kry my altyd aan die lag. Ek probeer soms sy blik aspris vermy, want ek is bang ek kry een van daardie nimmereindigende lagbuie – waar jy nie mag lag nie, maar jy ook nie kan ophou nie . . .
En jou benoudste oomblik?
Daar was eendag 'n toneel in Theron en Terreblanche se winkel waar ek 'n reël moes praat. Dit was 'n regte tongknoper en ek het elke keer oor my woorde gestruikel. Gelukkig het ek dit een keer vloeiend en reg gesê. Dit was regtig 'n moeilike kombinasie van woorde.
Dink jy dié sepie weerspieël die Suid-Afrikaanse gemeenskap betreklik lewensgetrou?
Ja, ek dink dit is van toepassing op die meeste Suid-Afrikaners. Ek dink dis hoekom die program so suksesvol is – die meeste mense kan daarmee identifiseer.
Het 7de Laan jou lewe verander?
Ek het altyd daarvan gedroom om akteur te wees. Maar ek het nie altyd geglo dit gaan gebeur nie. Toe 7de Laan oor my pad kom, was ek baie dankbaar vir die kans. Ek is al byna drie jaar deel van dié sepie en ek is elke dag nog opgewonde om akteur te wees.
* Kry jou Mei-uitgawe van SARIE met die allermooiste foto's van nog 7de Laan-sterre. Vanaf Maandag 12 April te kry.
Verwante artikels
-
'7de Laan' se Matrone oor 10 jaar in die Laan
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 7
Almal ken die formidabele Matrone wat deesdae in 7de Laan (in die SABC2-sepie) se boekwinkel werk. Maar wat het 7de Laan die afgelope tien jaar vir die aktrise Annelize van der Ryst beteken?
-
7de Laan se Aggie - "Dis 'n vol dag om in 'n sepie te speel"
SARIE - Mei 2010
Mimi Mahlasela, beter bekend as die raakvatter Aggie, wat als en almal kan beheer by die Hillside Times, is 'n baie gewilde 7de Laan karakter.
-
7de Laan se Kabelo - "Die vroeg opstaan is erg!"
SARIE - Mei 2010
Kabelo Padi, wat vertolk word deur die akteur Sekoati Tsubane, is die karakter Charmaine (Vinette Ebrahim) se steunpilaar in Oppiekoffie in die SABC2-sepie 7 de Laan.
-
7de Laan se Zinzi oor haar lewe in die Laan
SARIE - April 2010
Die Oppiekoffie-kelnerin Zinzi Kheswa, vertolk deur die aktrise Caroline Jacobs in die SABC2-sepie 7de Laan, is `n tipiese jongmeisie wat hou van optof in mooi klere, vrolike partytjies, konserthou en sy neem graag deel aan kompetisies.
-
7de Laan word 10! Felicity gesels oor die lief en leed op stel
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 3
7de Laan beteken vir my ... ondersteuning.
-
7de Laan word 10! Kom kuier agter die skerms saam met sarie.com
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
In die Mei- 2010 uitgawe van SARIE wys ons eksklusiewe foto's van die Laners - soos nog nooit! Hier op sarie.com vat ons jou agter die skerms na ons Kaapstad- en Johannesburg-fotosessies met jul gunsteling 7de Laan-akteurs
-
Annelisa Weiland (Hilda in 7de Laan) oor 'n lewe in die Laan
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
-
Eckard Rabe (Egoli se Chris Edwards) speel nou in 7de Laan
SARIE - Februarie 2010
Eckard Rabe was toe wraggies die eerste een van die ou Egoli-spelers wat deur 7de Laan opgeraap is.
-
Flooze vanaand terug op 7de Laan - sy gesels met sarie.com
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 14
Sy gesels oor die Flooze se Hoezit my Tjomma-toer, Neef Gert en haar nuwe CD.
-
Kies jou gunsteling SARIE-voorblad met 'n 7de Laan-ster
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 66
SARIE het oor die jare talle 7de Laan-akteurs op die voorblad gehad. En nou kan jy 5 sterre vir jou gunsteling-voorblad gee
-
Mandla van '7de Laan' gesels: "Ek het beter leer Afrikaans praat"
SARIE - Mei 2010
Die spitsvondige en ywerige joernalis Mandla (Freedom Hadebe), die een wat al wat scoop is, uitsnuffel is mal oor sy rol in die SABC2-sepie 7de Laan.
-
Oubaas van 7de Laan deel sy gunsteling-sêgoed
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 30
Die sê-goed van 7de Laan se Oubaas (Pierre van Pletzen) is legendaries. Kyk wat het hy al kwytgeraak.
-
Wat '7de Laan' vir Gita (Jo da Silva) beteken
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
7de Laan beteken vir my.... familie.
















Kommentaar
renee petersen het gesê:
ek like ek like. 7de Laan laat my die kos verbrand. Kan Gita nie maar gaan nie, en "Felicity laat sy eenmaal in haar lewe gelukkig wees. Ek raak nou siek van haar wat altyd aan die kortste end trek as dit by die liefde kom. Verder is ek mal oor neef Gert. Wat gaan van paula word met haar boepie?
23ste Apr. 2010, 06:58LENIE ACKERMANN het gesê:
7DE IS TOPS. BAIE DANKIE VIR ALMAL.AS 7DE LAAN DIE DAG KLAARMAAK VERKOOP EK MY TV.MY LEWE SONDER DIE LAAN SAL BAIE BORING WEES. DANKIE AAN ALMAL VAN JULLE.JULLE MAG MAAR.
22ste Apr. 2010, 14:35