'7de Laan' se Matrone oor 10 jaar in die Laan

Deur Marguerite van Wyk, SARIE - April 2010

'7de Laan' se Matrone oor 10 jaar in die Laan Foto’s: verskaf Galery

Almal ken die formidabele Matrone wat deesdae in 7de Laan (in die SABC2-sepie) se boekwinkel werk. Maar wat het 7de Laan die afgelope tien jaar vir die aktrise Annelize van der Ryst beteken?

Wat het dié sepie vir jou loopbaan beteken?

Dit gee my die geleentheid om alles wat ek in die teater en met destydse oorklanking geleer het, daagliks gedurende opnames toe te pas. Die reeks laat my beslis nie verroes nie, veral omdat my karakter as Matrone wissel tussen komedie en soms die meer dramatiese elemente in my vertolking.

Hoe het 7de Laan jou lewe verryk?

Ek kan teenoor baie goeie, professionele akteurs speel, en dit het `n basis vir my geskep dat ek baie kon reis die afgelope paar jaar.

Noem `n paar hoogtepunte . . .

Persoonlike hoogtepunte was my reise na die Midde-Ooste. Dis `n baie belangrike deel van die wêreld wat baie in die nuus is en waarvan die meeste mense in die Weste, veral in Suid-Afrika, net `n verwarde, vae en stereotipies beeld het. Wat so lekker is van lande soos Sirië, Libanon, Jordanië en Iran, is dat hul geskiedkundige plekke soos Palmyra, Petra, Boalbek en Persepolis nie stof getrap word deur `kyk daar’ toeriste nie. Die negatiewe aspek daar is dat dié lande, veral ná 9/11, nie `n groot inkomste kry uit toerisme nie. Nie ál die Midde-Oosterse lande het immers olie nie. Professioneel was een hoogtepunt vir my die storielyne tussen Matrone en haar suster Esther (wyle Trudie Taljaard).

Wat dink jy beteken 7de Laan in die Afrikaanse gemeenskap?

Dit verskaf nie net plesier nie, maar is gemik op ál die gemeenskappe van die land. Mense is baie dankbaar dat hulle vermaak word deur dié sepie wat al deel van hul daaglikse lewe geword het soos slaap, eet, werk en kuier.

Verwante artikels

Kommentaar

  • Ek is mal oor Matrone hou asb aan wat Tannie doen. Dis 'n groot jammer dat sy nie my friendin is nie. Ek is mal oor die Resepte boek van 7de laan. Het al die resepte gekook uitstekend. :-) Dit maak nie saak hoe mense lyk nie ek vat dit so dis die personlikheid wat tel Elsa dink asb wat jy next time se.

    28ste Jan. 2011, 18:12
  • Elsa jy is seker rietskraal. Die meeste vroue raak maar bietjie lywig soos die jare aanstap. As jy haar ouderdom het en nog n sexy lyf het,good for you girl!

    20ste Jul. 2010, 14:37
  • Wat van ons hoor eers "Matrone" se weergawe? Ek het nogal respek vir die feit dat sy nie die bondeltjie wasgoed in die media wil was nie. Wonder net hoelank dit sal wees voor haar teologiese agtergrond ook hierby ingesleep word?

    20ste Jul. 2010, 12:20
  • Sy het darem lekker dik geraak!

    20ste Jul. 2010, 09:13
  • Na al die bohaai wou ek bietjie nalees oor Annelize van der Ryst se lewe, maar kon nie veel oor haar as persoon kry nie. Die internet het heelwat oor rolle waarin sy gespeel het, maar verder is daar nie veel nie. Waar kan ek inligting kry?

    20ste Jul. 2010, 07:38
  • Kom nou Matrone, dit kos niks om onverskoning te vra nie!

    19de Jul. 2010, 14:36
  • Ai matrone, lekker strontjies aangejaag ne? Ons weet jy sal haar nie sonder rede met 'n kardeur stamp nie, ons 7de laan kykers staan agter jou!

    19de Jul. 2010, 14:24