7de Laan se nuwe 'hunk' Bernard oor sy eerste dag op stel
Werner Coetser is die nuwe 'hunk' in 7de Laan, en hy speel die rol van Bernard, Tim Jordaan (Marius Weyers), se seun. Hy gesels en wys sy foto's op die nuwe 7de Laan-webtuiste, en hier's 'n voorsmakie...
Hoe het jy by 7de Laan beland?
In jou derdejaar drama doen jy 'n openbare oudisie vir die publiek, en soos wat dit moes gebeur, was die casting director van 7de Laan daar en het my toe genooi vir 'n oudisie.
Hoe voel jy om 7de Laan se nuwe "hunk" te speel?
Ek sien myself nie as 'n hunk nie, maar wel vir Bernard as een. Ek is maar net 'n doodgewone ou soos elke een daar buite.
Beskryf vir ons jou eerste dag op stel.
Ek onthou dit so goed soos gister, ek was doodbang vir wat vir my gewag het. Jy sien al hierdie mense vir wie jy elke aand op die TV kyk, en nou staan hulle saam met jou in dieselfde vertrek. Jy konsentreer so op jou woorde dat jy vergeet om te loop en sodra jy loop, vergeet jy jou woorde! Dit het net doodeenvoudig gevoel of ek wil omval - die oomblik was oorweldigend.
Hoe voel dit om teenoor groot name soos Marius Weyers te speel?
Dit is die grootste eer om teenoor hom te speel en net so ook die res van die 7de Laan-span. Om saam met mense te speel wat soveel wysheid en talent het, is een van die beste dinge wat nog ooit met my gebeur het. Die hoeveelheid kennis en insig wat jy opdoen terwyl jy saam met hulle speel, is onbeskryflik.
Het jy enige stokperdjies?
Om klippe te versamel. Gimnasium toe te gaan of te draf. En om video-speletjies te speel.
Om deur sy foto-album te kyk en nog te lees, klik by www.7delaan.co.za
Verwante artikels
-
14 babas vir 7de Laan
SARIE - Junie 2010
Dié gewilde sepie se span moes sedert Januarie 2010 14 swangerskappe in hul skedule inpas.
-
7de Laan word 10! Felicity gesels oor die lief en leed op stel
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 3
7de Laan beteken vir my ... ondersteuning.
-
7de Laan word 10! Kom kuier agter die skerms saam met sarie.com
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
In die Mei- 2010 uitgawe van SARIE wys ons eksklusiewe foto's van die Laners - soos nog nooit! Hier op sarie.com vat ons jou agter die skerms na ons Kaapstad- en Johannesburg-fotosessies met jul gunsteling 7de Laan-akteurs
-
Agter die skerms saam met Angelique Gerber (Clara in 7de Laan)
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 18
Angelique Gerber lyk smeulend op die Julie-voorblad van SARIE. Sy is die uitbundige, vrolike Clara wat diep in 7de Laan-kykers se harte gekruip het. Kom kuier saam agter die skerms by Angelique se voorbladsessie...
-
Angelique Gerber se tienerstryd teen anoreksie
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 3
Angelique Gerber en haar 7de Laan-karakter, Clara, deel dieselfde spontaneïteit en lus vir die lewe. Maar anders as Clara, was Angelique se pad na geluk swaar
-
Annelisa Weiland (Hilda in 7de Laan) oor 'n lewe in die Laan
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
-
Gee vir Hilda 'n 'go' met die nuwe 7de Laan-kookboek + 2 resepte om te probeer
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Boekwinkels regoor Suid-Afrika gaan tot vanaand (Maandag, 18 Oktober) laat besig wees om groot hoeveelhede van die splinternuwe kookboek, 7de Laan Kook, waarin sewe van die mees geliefde sepie-karakters hul gunstelinggeregte deel, uit te pak.
-
Pedro Camara: "Elke dag genees die wonde al hoe meer"
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Dis die ondenkbare – dis Kersfees en iets gebeur wat jou lewe onherroeplik verander. Is die vreugde van die feestyd nou vir altyd weg? Pedro Camara (Carlos van 7de Laan) vertel hoe hy ná ’n tragedie weer hoop kon kry.

















Kommentaar
precious mthethwa het gesê:
ek hou baie van julle se^ storie dit is oulik en baie interesant dit het my leer om beter afrikaans te praat
30ste Aug. 2011, 10:28roos het gesê:
YUMMY!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! kan ons nie ontmoet by oppiekoffie vir n milkshake nie? lol....
17de Aug. 2010, 09:28paul de klerk het gesê:
Hy act maar baie artificial.Probeer meer natuurlik wees, ek weet jy is nog jonk en onervare maar op die oomblik irreteer jy meer as wat jy vermaak en dis die meeste van my kennise se indrukke. Paul
7de Aug. 2010, 09:22Christelle van Staden het gesê:
Baie oulik - jy het al klaar in ons harte gekruip!
21ste Jul. 2010, 13:44