7de Laan se Zinzi oor haar lewe in die Laan
Die Oppiekoffie-kelnerin Zinzi Kheswa, vertolk deur die aktrise Caroline Jacobs in die SABC2-sepie 7de Laan, is `n tipiese jongmeisie wat hou van optof in mooi klere, vrolike partytjies, konserthou en sy neem graag deel aan kompetisies.
Sy is meer bekommerd oor hoe dit met haar vriende gaan, as oor haar verpligtinge. En sy kan soms lekker skinder.
Marguerite van Wyk het met Caroline gesels oor haar rol in dié sepie wat onlangs sy tiende verjaarsdag gevier het.
Dink jy 7de Laan het die potensiaal om nóg tien jaar op die lug te wees?
Beslis! Die hele gesin kan dit kyk en geniet. Dit laat mense lekker lag en vergeet van die dag se gebeure en stres. Dit word deur alle rasse geniet.
Wat geniet jy van die vertolking van die karakter Zinzi?
Sy herinner my aan sommige mense wat ek ken. Veral haar nuuskierigheid en geesdrif. Alhoewel mense sê sy is `n skinderbek, kan hulle nie wag om te hoor wat sy als vertel nie. Veral nie hoe sy oordryf en oorvertel wat sy als hoor en hoe sy haar ore uitleen en mense afluister nie. Ek hou ook daarvan dat sy nooit haar les leer nie. Ek geniet haar, maar ons persoonlikhede verskil baie.
Is dit uitdagend om in `n sepie te speel?
Ja, nogal! Elke dag het jy `n teks met nuwe woorde om daardie dag te leer. En dit verskil van verhoogwerk, waar jy `n maand voor die tyd jou woorde kry om te leer. Dán kry jy die geleentheid om op die verhoog op te tree en dan is jou werk klaar. Maar met `n sepie is jou werk elke dag anders en nuut en dit verg baie konsentrasie. Sommige kykers verwag ook soms dat jy sal optree soos jou karakter in die werklike lewe en dis is nie altyd maklik nie!
Noem `n paar hoogtepunte in jou loopbaan by 7de Laan sedert jy in 2004 daarin begin optree het.
My karakter was veronderstel om `n `temp’ te wees vir slegs twee weke. Ek het in daardie stadium in `n teaterproduksie gespeel, maar besluit om dit op te gee, want ek wou eerder in die sepie speel. My hoogtepunt was om deel te word van die sepie-span, want al die akteurs saam met wie ek drama gestudeer het, het ook gedroom om in `n sepie te speel.
Watter oomblik in 7de Laan, tot op hede, sal jy nooit vergeet nie?
Die boksgeveg tussen die karakters Bart en Marko. Dit was my eerste groot `gig’ toe ons meisies rasieleiers was vir die ouens. Ook met die karakters Katinka en Francois se troue, toe ek `n hele skinkbord vol fancy pynappel skemerkelkies laat val het voor die finale aftel toe hulle sê ``AKSIE“!
Verwante artikels
-
'7de Laan' se Maria oor haar uitdagings in die Laan
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
Maria (Themsie Times), Oubaas en Hilda se huishulp, het al in die kykers van die SABC2-sepie 7de Laan se hart gekruip.
-
'7de Laan' se Matrone oor 10 jaar in die Laan
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 7
Almal ken die formidabele Matrone wat deesdae in 7de Laan (in die SABC2-sepie) se boekwinkel werk. Maar wat het 7de Laan die afgelope tien jaar vir die aktrise Annelize van der Ryst beteken?
-
7de Laan se Diederik praat reguit
SARIE - April 2010
Hennie Jacobs, oftewel 7de Laan se Diederik, het met Marguerite van Wyk gesels oor hoe dié sepie Afrikaans en rasseverhoudings in Suid-Afrika bevorder.
-
7de Laan se Kabelo - "Die vroeg opstaan is erg!"
SARIE - Mei 2010
Kabelo Padi, wat vertolk word deur die akteur Sekoati Tsubane, is die karakter Charmaine (Vinette Ebrahim) se steunpilaar in Oppiekoffie in die SABC2-sepie 7 de Laan.
-
7de Laan se Lukas se benoudste oomblik op stel
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
-
Annelisa Weiland (Hilda in 7de Laan) oor 'n lewe in die Laan
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
-
Clara in 7de Laan
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 5
Fanie Cronjé knoop 'n kort geselsie aan. Ja!
-
Eckard Rabe (Egoli se Chris Edwards) speel nou in 7de Laan
SARIE - Februarie 2010
Eckard Rabe was toe wraggies die eerste een van die ou Egoli-spelers wat deur 7de Laan opgeraap is.
-
Mandla van '7de Laan' gesels: "Ek het beter leer Afrikaans praat"
SARIE - Mei 2010
Die spitsvondige en ywerige joernalis Mandla (Freedom Hadebe), die een wat al wat scoop is, uitsnuffel is mal oor sy rol in die SABC2-sepie 7de Laan.
-
Oubaas van 7de Laan deel sy gunsteling-sêgoed
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 30
Die sê-goed van 7de Laan se Oubaas (Pierre van Pletzen) is legendaries. Kyk wat het hy al kwytgeraak.
-
Stian Bam (Dawid Greeff in 7de Laan) raak liries oor getroud wees
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 10
-
Wat '7de Laan' vir Gita (Jo da Silva) beteken
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
7de Laan beteken vir my.... familie.
-
Wat jy nie van Zane Meas (Neville Meintjies van 7de Laan) geweet het nie
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
















Kommentaar