7de Laan word 10! Felicity gesels oor die lief en leed op stel
7de Laan beteken vir my ... ondersteuning.
Melanie du Bois (Felicity Daniels) oor haar ervaring by 7de Laan
7de Laan beteken vir my . . .
"Toe ek verlede jaar vir my in vitro-behandeling gegaan het, het almal by 7de Laan my ondersteun. Jo da Silva (Gita) het my inspuitings vir my gegee, en as ek 'n skouer nodig gehad het om op te huil, was daar altyd iemand. Dit was een van die moeilikste tye van my lewe en daardie ondersteuningstelsel het my krag gegee om deur die behandeling te kom, veral toe dit nie suksesvol was nie.
My gelukkigste herinnering is toe almal vir my 'n ooievaarstee gehou het, sommer op stel. Ek het dit glad nie verwag nie. Roxy (my dogtertjie) het so baie geskenke gekry. Ek is al nege jaar by 7de Laan en dis wonderlik om te sien hoe my karakter oor die jare verander het - van 'n winkelassistent tot iemand wat haar eie boetiek het waarvoor sy self die klere ontwerp."
Oor die volgende tyd gaan ons gesels met 'n paar van jou gunsteling Laan-akteurs oor hul ervaring by 7de Laan. Matrone, Tim, Mandla, Aggie en ander is wie jy na kan uitsien!
Verwante artikels
-
'7de Laan' se Maria oor haar uitdagings in die Laan
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
Maria (Themsie Times), Oubaas en Hilda se huishulp, het al in die kykers van die SABC2-sepie 7de Laan se hart gekruip.
-
'7de Laan' se Matrone oor 10 jaar in die Laan
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 7
Almal ken die formidabele Matrone wat deesdae in 7de Laan (in die SABC2-sepie) se boekwinkel werk. Maar wat het 7de Laan die afgelope tien jaar vir die aktrise Annelize van der Ryst beteken?
-
7de Laan se Aggie - "Dis 'n vol dag om in 'n sepie te speel"
SARIE - Mei 2010
Mimi Mahlasela, beter bekend as die raakvatter Aggie, wat als en almal kan beheer by die Hillside Times, is 'n baie gewilde 7de Laan karakter.
-
7de Laan se Diederik praat reguit
SARIE - April 2010
Hennie Jacobs, oftewel 7de Laan se Diederik, het met Marguerite van Wyk gesels oor hoe dié sepie Afrikaans en rasseverhoudings in Suid-Afrika bevorder.
-
7de Laan se Kabelo - "Die vroeg opstaan is erg!"
SARIE - Mei 2010
Kabelo Padi, wat vertolk word deur die akteur Sekoati Tsubane, is die karakter Charmaine (Vinette Ebrahim) se steunpilaar in Oppiekoffie in die SABC2-sepie 7 de Laan.
-
7de Laan se Lukas se benoudste oomblik op stel
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
-
7de Laan se nuwe 'hunk' Bernard oor sy eerste dag op stel
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 3
-
Annelisa Weiland (Hilda in 7de Laan) oor 'n lewe in die Laan
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
-
Annie Basson (7de Laan) se lewe, vrese en hoop
SARIE - Mei 2010
Sy is een van die groot geeste in ons TV-bedryf (sy's medevervaardiger van die gewilde SABC2-sepie 7de Laan), deel wat haar laat tiek - én droom
-
Danie Odendaal (die man agter 7de Laan) wys sy gunsteling-foto's
SARIE - Mei 2010
Hy laat die kollig op ander skyn. Self bly hy liefs agter die kamera en staan skaars onderhoude toe. Spesiaal vir SARIE-lesers het Danie Odendaal ’n uitsondering gemaak en ons tot in die hart van sy 7de Laan geneem.
-
Die Laan se Sandra Stutterheim
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
Aktrise Helene Lombard (Sandra in 7de Laan) oor wat die Laan vir haar beteken
-
Elma Postma: "Ek, Bertha (Emma) en Quinne (Connie) was na aan mekaar"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
"'n Glimlag, lieflike mense en 'n goeie grondslag. Dis lekker om as oud-Laner saam verjaardag te vier."
-
Mandla van '7de Laan' gesels: "Ek het beter leer Afrikaans praat"
SARIE - Mei 2010
Die spitsvondige en ywerige joernalis Mandla (Freedom Hadebe), die een wat al wat scoop is, uitsnuffel is mal oor sy rol in die SABC2-sepie 7de Laan.
-
Marius Weyers gesels oor Tim Jordaan en die Laan
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
-
Melanie du Bois, Felicity van 7de Laan: "Moet ek 'n baba aanneem?"
SARIE Augustus 2011
Melanie du Bois vertel van een van die moeilikste besluite wat sy nog moes neem
-
Nina, Nico en Robert - Só onthou ons die Laan
SARIE - Mei 2010
George, Wilmien en Zac vertel...
-
Wat '7de Laan' vir Gita (Jo da Silva) beteken
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
7de Laan beteken vir my.... familie.
















Kommentaar
Moeg gekyk na SNERT het gesê:
Gita is 'n pyn , hoekom het sy weer terug gekom? Sy moes liewer gebly het!!! Vince en Bonita pas perfek bymekaar, dis 'n baie oulike paartjie. Vir wat moet Simpel Neville, Charmaine, Zander en Vanessa hulle so inmeng in ander mense se sake...grrrrr, maak mens sommer kwaad. Die storie raak eintlik na my mening meer "stupid" by die dag, dis nie meer oulik nie. Alles reeeek te lank en dinge raak afgesaag viral met Bonita en Vince, mensig, hoe kan sy haar dan nou nog Bewys voordat hulle in haar sal glo hê?? Nee wat, as jy 'n week of 6 mis van die storie mis, mis mens eintlik maar niks nie. Die hele moraal van die storie het benede nul gedaal die afgelope jare...baie SAD eintlik dat Afrikaanse stories altyd 'n "common" draai moet gooi. Kyk maar na Egolie en Binnelanders is ookal nie veel beter nie. Ek hou van stories, maar mense "Common" is maar "Common"!! Hierdie tipe stories Breek die "Afrikaner" volk AF, daar is niks opbouens daaraan nie, sowaar! Ek het dit geniet om te kyk, maar die laaste paar jaar...AG NEE WAT!!
27ste Sep. 2011, 21:35Francois I Ferreira het gesê:
Ons wil ook van hulp wees vir jou. Jy het hulp gesoek vir nog 'n in vitro behandeling. Ons het dalk vir jou 'n oplossing wat ook baie ander paartjies wat nie IVB huidiglik kan bekostig nie sal help. Ons (Delfran) verskaf reeds baie produkte aan die meeste IVB klinieke in Suid Afika. Kontak my gerus oor ons nuwe IVB produkte wat die koste van IVB behandeling aansienlik kan verminder en dus meer bekostigbaar maak.
12de Apr. 2010, 18:29Corne Combrinck het gesê:
Ek hou baie Felicity. SO BLY sy het geluk gevind by Herman. Sal nice wees om weer bieki trouklokke te hoor - veral vir FELICITY???
12de Apr. 2010, 14:41Corne Combrinck het gesê:
Dis nou Nice! Dankie. 7de Laan is TOPS!!!
12de Apr. 2010, 14:35