Ontmoet Afri-Spaans se Marta Gómez
Foto’s: verskaf Galery
SARIE en Afri-Spaans se landwye toer begin eersdaags by die KKNK. Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Sandra Prinsloo en Anna Davel is ook daarin te sien. Maar die groot ster is sonder twyfel, Marta Gómez.
Die wysies is bekend, maar die klanke eksoties, vreemd. Die Colombiaanse liedjieskrywer en sangeres, Marta Gómez toor in Spaans - met Afrikaanse liedjies. En SARIE deel haar binnekort met SA!
Kyk hier na 'n video-onderhoud met Marta.
Verwante artikels
-
Afri-Spaans se KKNK-openingsaand 'n reuse sukses
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 1
Gisteraand was die heel eerste vertoning van Afri-Spaans. En wat ’n vertoning was dit nie! Die sitplekke was heeltemal uitverkoop, en die kunstenaars was uitstekend.
-
Agter die skerms by Afri-Frans-toer in Pretoria - was jy dalk daar? - Foto's
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
Die Afri-Frans-toer was in Mei 2010 in Pretoria. Myra Maud, Anna-Mart van der Merwe, Anna Davel, Mathys Roets en Laurika Rauch het wéér die gehoor betower met van ons bekendste Afrikaanse liedjies (in Frans)...
-
Die brein agter Afri-Frans, en nou ook Afri-Spaans
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 1
Matthys Maree, wat die Afri-Frans musiekproduksie bekend gestel het, doen dit vanjaar wéér met Afri-Spaans. Waar kry hy rus vir sy siel?
-
Kyk wat doen SARIE by die KKNK
SARIE - April 2011
SARIE kuier dié week weer oudergewoonte op Oudtshoorn. Ons stalletjie by die KKNK het nou al ’n instelling en heerlike kuierplek geword.
-
Myra Maud van Afri-Frans
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
-
Steve: "Daardie duiweltjie in my kuiltjie"
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 10
Hy's uitgesproke en omstrede, maar ook 'n kunstenaar wat mense bly verras. en nou sien ons Steve Hofmeyr in SARIE se Afri-Spaans én in 'n nuwe fliek.
















Kommentaar