Só voel Anna-Mart van der Merwe oor SARIE
Foto’s: Phyllis Green Galery
Kuier ook saam met Fanie agter die skerms by Anna-Mart se voorblad-sessie
Liewe Michelle en die hele SARIE-span,
Michelle, jy raak in jou redakteursbrief aan die idee van die leser se lewensreis saam met SARIE.
Dit was my ervaring met die deurblaai van die Augustusboek.
Nou moet ek bieg: elke voorblad-ervaring met julle bevat ook iets van daai reis.
Charis vra vrae. Ek moet soek en antwoord. En ja, sekere gordyne ooptrek, ander toe hou. (Die individu se reg om sy private binneste te beskerm?!?!)
Aankoms by die studio. Skoon geskrop tot agter die ore.
Fanie omvou my met sy verbeelding en fantasie. Die prentjies in sy kop dwarrel oral om ons rond.
Karen en Adelle help hul vergestalt met towerborsels en -kwaste.
Phyllis neem waar op vele vlakke en dan is daar Clinton wat met soveel geduld wag vir die oomblik wat ek nie net die "prentjie" probeer speel nie, maar wat my siel inskop, tuisvoel en hy dit kan vasvang soos dit by my oë uitglip.
Julle vang my elke keer.
Dankie. Dit voel al soos "by die huis"...
Liefdegroete,
Anna-Mart
FANIE SKRYF:
Vandag neem ons vir Anna-Mart af – en ek kan dit net beskryf as ’n voorreg. Vir my en baie ander 30-jariges is sy dié gesig van alle aktrises
Dis ’n heerlike Hoëveldse winteroggend: Koud en droog, maar tog lekker. Die resep vir die shoot bly dieselfde as vir ander voorbladsessies (soos jy seker al agtergekom het): Ons begin 08:00 met hare en grimering . . . ens., ens., ens.
Anna-Mart is eerste by die studio (nadat sy ge-SMS het om te sê sy gaan dalk laat wees!). Vyf voor agt is sy daar. Dankie tog ek was self ’n bietjie vroeg. Verbeel jou ek het self eers agtuur opgedaag terwyl Anna-Mart op ’n winteroggend in haar kar voor dooiemansdeur moes wag.
Ek dink nie dit sou saak gemaak het nie. As jy vir Anna-Mart ken, weet jy sy’s die grande dame van aktrises, maar sonder die temperament.
Als verloop seepglad. Sy weet wat sy doen. Dis haar soveelste voorblad en my derde een met haar. Nog elke keer het sy anders gelyk, van ’n kort pixie-haarstyl tot uitgegroeide grys hare.
Vir die voorblad vandag is haar hare donker gekleur en lank, seker soos haar natuurlike kleur was. Sy maak grappies sonder om ontwrigtend of irriterend te wees, sy sê waarvan sy hou en waaroor sy nie seker is nie. En sy probeer als.
Die eerste foto word geneem. Ek kyk na haar deur fotograaf Clinton se kameralens. Die pers top lyk naar aan haar! Vinnig-vinnig word ’n klere- en hare-verandering gemaak.
Omdat ek en Anna-Mart vroeg was, het ek haar solank ’n paar rokke laat aanpas. Daar was ’n wit rok van geweefde sy wat een van my gunstelinge was. Selfs toe ek in die winkel klere gesoek het, het ek gedink dis beslis ’n opsie. Maar toe Anna-Mart daai wit rok aantrek, lyk sy soos ’n Amerikaanse voetbalspeler. Sy sal my nooit daarvoor vergewe nie! Die wit rok is dus uit.
Dankie tog die swart rokke werk perfek – die een ná die ander.
Teen die einde se kant sê sy iets soos: “Ek het soveel respek vir fotografiese modelle. Hulle weet wat hulle doen. Mense vergeet hoe moeilik dit is om ’n fotosessie te doen.”
Vir my wat agter die kamera staan, het dit gelyk of Anna-Mart deur die hele proses gevlieg het, sonder om ’n geluid te maak, of te laat blyk dat dit moeilik is.
Hoogs professioneel!
Verwante artikels
-
Agter die skerms saam met Vicky Davis
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ons het haar leer ken in Pasella en 7de Laan, maar Vicky Davis se lewe strek van Bollywood tot Rome. Hier's sy agter die skerms van SARIE se voorbladsessie te sien
-
Anna-Mart se gunsteling-wyn
SARIE Julie 2010
-
Anna-Mart terug as Christelle Terreblanche in 7de Laan
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Die Terreblanche-dogter is terug in die Laan. Christelle (gespeel deur Anna-Mart van der Merwe) is vanaf 8 Oktober 2010 weer op die kassie.
-
Anna-Mart: Agter die skerms van jou Maart-uitgawe
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 6
Anna-Mart van der Merwe is die voorbladgesig van ons Maart 2010-uitgawe. Sy's is binnekort te sien in doe nuwe Afri-Frans-verhoogstuk saam met SARIE. Hier's 'n kykie agter die skerms van haar voorbladsessie
-
Mode-storie vir Augustus 2009: Agter die skerms
SARIE - Augustus 2009
Elke maand is dit 'n groot soektog na die regte plek om die mode-foto's vir SARIE te neem.
-
Net vir SARIE: Anna-Mart se flitsverhaal
Die eerste uit 'n reeks flitsverhale wat in die nuwe boek, SARIE 40 Flitsverhale, verskyn. Kyk die volgende paar Maandae uit vir nog groot name soos Koos Kombuis, Amanda Strydom en meer
-
SARIE se gunsteling-foto's van Anna-Mart
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 8
Sy was al meer kere as enigiemand anders op SARIE se voorblad. En altyd het sy gegéé voor die kamera.
-
Wat jy nie van Anna-Mart van der Merwe geweet het nie...
SARIE - Julie 2009
Ons gewildste voorbladgesig! Anna-Mart was al meer kere as enigiemand anders op SARIE se voorblad, maar hierdie het ons nie van haar geweet nie





































































Kommentaar
Sunè Koegelenberg het gesê:
As ek vir my man (nou 51 jaar)vra watter enkele vrou is vir hom besonder mooi sè jy dit is altyd Annamart omdat sy mooi is van binne en buite. Ons dink sy is soos goeie rooi wyn, want sy word net beter en mooier met verloop van tyd. Sy het 'n besonderse stem en daar is so 'n rustigheid by haar. Sy is vir my die toonbeeld van vroulikheid en werklik 'n voobeeld van hoe 'n vrou haarself behoort te handhaaf en versorg. dankie vir die artikel.
19de Aug. 2009, 12:26Sylvia het gesê:
Anna-Mart is fantasmagories, 'n aktrise van 'n kaliber wat nie maklik oortref sal kan word nie. Sy is pragtig, straal van opregtheid en is wonderlik om haar in aksie te sien en te beleef, afgerond en gekultiveerd. Sy verouder so goed omdat sy so pragtig van binne is.
17de Jul. 2009, 10:11Annetjie het gesê:
Baie dankie vir die artikel oor Anna-Mart. Sy is 'n uitstekende aktrise en hoe ouer sy word hoe mooier word sy. Wil ook graag weet wanneer stel sy haar geesgenoot voor aan die lesers.
16de Jul. 2009, 17:42Ronel het gesê:
Wanneer wys Anna-Mart vir ons haar geesgenoot.
13de Jul. 2009, 20:41Elna van Rensburg het gesê:
Anna-Mart is my gunsteling aktrise en toe ek die voorblad sien met haar op MOES ek net die uitgawe koop.Sy is regte die grand madame en altyd lyk sy so mens mens!Dankie vir die wonderlike artikel.
11de Jul. 2009, 21:11Mariska Malan het gesê:
Ek het die uitgawe van Sarie ongelooflik baie geniet! Ek is vir di afgelope 11jaar n baie groot aanhanger van Anna-Mart, en weet dus dat sy n baie private mens is, en was baie verras toe ek lees hoe openlik sy oor haar verlede praat- dink nie ek het al ooit so opregte artikel van Anna-Mart in enige ander tydskrif raak gelees nie. (En ek sal weet) Baie dankie!
7de Jul. 2009, 23:15