Agter die skerms by fliek van Marita se boek: Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom
Foto’s: verskaf deur kykNET Galery
sarie.com kuier agter die skerms by Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, 'n tienerfliek wat gegrond is op Marita van der Vyver se gelyknamige boek.
Regardt van den Bergh is die regisseur. Hanna (Anneke Weidemann) het 'n ingewikkelde gesin, maar sy is bekkig, intelligent en verbeeldingryk. Anna-Mart van der Merwe speel haar verstrooide skilder-ma en Tertius Meintjies is haar gay mode-ontwerper-pa.
Helene Lombard speel die ma van Hanna se stiefboeties. Sy woon in Hollywood.
Kyk uit vir Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom wat teen Augustus 2010 by die flieks begin draai.
Verwante artikels
-
7de Laan se Clara wys haar liefde
SARIE September 2010 | Kommentaar: 12
Clara, Angelique Gerber, oor geloof, 'n dag in haar lewe en 3 dinge wat elke meisie moet hê.
-
Heléne Lombard (Hanna Hoekom-aktrise) oor wat sy hoop, vrees en droom
SARIE - Oktober 2010
-
Nuwe Hanna Hoekom-fliek se voorprent is hier!
SARIE Julie 2010
sarie.com kuier agter die skerms by Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, 'n tienerfliek wat gegrond is op Marita van der Vyver se gelyknamige boek.
-
Susanna van Biljon-fliek met klomp Afrikaanse sterre - nuwe foto's!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Susanna van Biljon, 'n Franz Marx-film, is die storie van 'n meisie iewers tussen êrens en nêrens.




























Kommentaar
Magda het gesê:
Ek het die fliek gaan kyk, briljant!!!!!!!!!! Sal dit weer gaan kyk, Marieta jy het jouself oortref, ek lees al jou boeke. Die akteur is uitstekend. Julle is ongelooflik.
28ste Sep. 2010, 15:15Annica het gesê:
Ek bedoel die fliek gaan nog beter wees!! Haha (Bloos-bloos)
18de Jul. 2010, 22:24Annica het gesê:
Die boek was ongelooflik en ek glo die boek gaan nog beter wees!!! Kan nie wag nie! Love jou Hanna Hoekom
18de Jul. 2010, 22:23Lizel het gesê:
Ek kan nie wag vir die vliek om uit te kom nie. My dogtertjie speel as die baba in die vliek.
15de Jul. 2010, 09:59Rheta het gesê:
Ons weet nou wie is die grootmentse en Hanna, maar wie is die 3 boeties?
10de Jul. 2010, 09:12Anneke het gesê:
Waar kry ek voorprent van Hanna Hoekom? As ek op sarie.com kliek om dit te kyk dan kom ek Facebook is, maar die voorprent is nie op Facebook nie.
9de Jul. 2010, 16:24Aaltje het gesê:
Het die boek gelees en was mal daaroor. Lees alles van Marita waarop ek my hande kan lê. Kan nie wag vir die fliek nie!!!
18de Jun. 2010, 11:52