Foto's: Agter die skerms saam met ontwerper Simon Rademan

SARIE - Desember 2009

Foto's: Agter die skerms saam met ontwerper Simon Rademan Foto’s: verskaf Galery

Die mode-ontwerper en stilis Simon Rademan deel sy gunsteling-foto's met sarie.com:

Prins Juan Carlos die eerste
Prins Juan Carlos die eerste! My
hart se punt, my onvoorwaardelike
vriend! My dachshud van 1 jaar en
3 maande!
In die Pirenese gebergtes
In die Pirenese gebergtes, die
prinsdom: Andorra, saam met 'n
toermaatjie.
In Bangkok

In Bangkok oorgelaat aan die
genade van 'n olifant!

Op die Casper Rasper Show

Ek sit op die kontroversiële Casper
(Rasper) de Vries se geel wortel
saam met David Fourie en Sarantie
Rheeders.

Hennie le Roux se bruid Anneke

Sportster Hennie le Roux se bruid,
Anneke. My regterhand, Niko
Grobler, loer onder haar rok in om te
sien of als reg is en ek maak seker
Pa weet hoe om die veil af te haal.

By die Isle of Capri

By die Isle of Capri verlede jaar. Ek
gaan gereeld oorsee en vind dat
vakansies beslis te kort is.

Saam met Liezel van der Westhuizen

'n Ware muse! My vriendin, Liezel
van der Westhuizen. Ons het so
gesukkel met hierdie selfneem-
kamera-foto, dat ons die rooitapyt
by VONK-toekennings gemis het.
Daar is geen rooitapyt-foto's van
hierdie geleentheid nie.

In lappe-hemel!
In lappe-hemel. Ek geniet dit
ontsaglik om in lapwinkels te speel.
&aposn Skets

My gunsteling-dinge om te doen in
die hele wye wêreld, is om te teken,
te skilder, te skep, vroue mooi te
maak en goed te laat voel oor
hulself.

My rustige pryswenner tuin

My werk is 'n kombinasie van alle
stokperdjies in my lewe. Vandag is
tuinmaak my nuutste liefde. Ek vind ontsaglike inspirasie uit my rustige pryswenner-tuin.

Ontbyt met my regterhand, Niko Grobler

'n Omstander het hier onderbreek
tydens ontbyt met my regterhand,
Niko Grobler, en dae later vir my die kiekie gemail. Heerlik geïrriteerd aanvanklik, maar nice om te weet hoe ek lyk as ek eet.

My getroue werkers hard aan die werk

My getroue werkers hard aan die
werk. Ek is natuurlik agter die
kamera.

Kyk deur die foto-galery vir nog foto's.

Verwante artikels

Galery

  • Simon Rademan
  • Prins Juan Carlos die eerste
  • In die Pirenese gebergtes
  • In Bangkok
  • Op die Casper Rasper Show
  • Saam met modelle
  • Hennie le Roux se bruid Anneke
  • By die Isle of Capri
  • Saam met Joan Ramagoshi (Mej SA 2003)
  • My tjomma, Kristi Maree
  • Saam met Liezel van der Westhuizen
  • In lappe-hemel!
  • Modevertoning saam met Vivienne Westwood
  • As beoordelaar vir die Mej. SA span
  • Tydens ‘n fotosessie
  • In ‘n model-casting
  • As model met Ruben Kruger en Joost
  • 'n Skets
  • My rustige pryswenner tuin
  • Ontbyt met my regterhand, Niko Grobler
  • Saam met vriendinne Phyllis Green en Susan Puren
  • Saam met Rika Sennet
  • Saam met Susan Puren en Devi Sankaree-Govender
  • My getroue werkers hard aan die werk
  • ‘n Verrasingspartytjie

Kommentaar

  • Dis nou regtig oulik, jou tuin is pragtig en definitief n plek waar mens rus vir jou siel kan kry en net kan afsluit na n besige dag. As ek jou nou sou raakloop by n restaurant sou ek nooit n foto van jou neem of jou handtekening vra ni, ek is gans te skaam, maar ek sal vir jou loer!

    3de Des. 2009, 23:06